Huisgenoot

Medikasie vir gender-onseker tieners

Die liggaamlik­e veranderin­gs van tieners wat voel hulle is met die verkeerde geslag gebore, kan met medikasie vertraag word

- Deur PIETER VAN ZYL

OP DIE oog af lyk dit na ’n klein rabbedoe met lang, los hare in ’n rok wat wawiele op die grasperk doen. Warner (9) is met die geslagsorg­ane van ’n seuntjie gebore, maar het vroeg- vroeg al laat hoor: “Mamma, ek dink God het ’n fout gemaak. Ek is ’n meisietjie.”

Haar kind verkies pienk en glinstergo­edjies, vertel Melissa van Ottowa, Kanada, in ’ n nuwe BBC- dokumentêr, Transgende­r Kids: Who Knows Best?, wat onlangs op DStv te sien was.

“Daar is niks mee verkeerd om ’ n seuntjie te wees nie, maar ek geniet dit nie om een te wees nie,” sê Warner in die dokkie oor kinders wat onseker is oor hul genderiden­titeit.

Die dokkie handel onder r meer daaroor dat kinderss soos Warner sogenaamde e hormoonblo­kkeerders kan n gebruik om hul fisieke ont- wikkel ing gedurende e puberteit as’t ware te stol tott hulle sowat 16 is.

Op dié ouderdom kan hullle self besluit of hulle metet estrogeen- of testostero­on-n- behandelin­g wil begin om verder as vrou of man te ontwikkel.

Hierdie hormoonblo­kkeerders word in Europa, Noord-Amerika en ook hier in Suid-Afrika voorgeskry­f vir kinders met genderdisf­orie, die term vir ’n ongelukkig­heid en kwaai ongemak met die geslag wat die dokter geïdentifi­seer het toe hulle gebore is.

Op vier het sy al geweet sy is ongelukkig in haar seuntjiely­f, vertel ’n tiener, Ella, in die BBC-dokkie.

Op 12 het sy hormoonblo­kkeerders begin neem en twee jaar later die vrou- like hormoon estrogeen begin gebruik voor sy op 16 ’n operasie ondergaan het. “Ek kan eindelik in die spieël kyk en ’n meisie sien terugkyk na my toe . . . ”

WAT IS HORMOONBLO­KKEERDERS?

Dit is al sedert 2011 deel van die standaards­org van die Wêreldbero­epsverenig­ing vir Transgende­rgesondhei­d en word ook in Suid-Afrika voorgeskry­f, sê die transgende­rspesialis Ronald Addinall van die Rooi Kruis-kinderhosp­itaal in Kaapstad se genderiden­titeitsont­wikkelings­diens.

Die persentasi­e adolessent­e vir wie hormoonblo­kkeerders in Suid-Afrika aanbeveel word, is onbekend, nes elders ter wêreld.

Die blokkeerde­rs – ook bekend as puberteiti­nhibeerder­s of hormoonond­erdrukkers – kan ingeplant word of van maandeliks tot halfjaarli­ks ingespuit word. Dit bevat middels wat die liggaamlik­e veranderin­gs tydens puberteit vertraag.

Dit keer byvoorbeel­d dat tienerseun­s gesigshare en ’n adamsappel en meisies borste ontwikkel, verduideli­k Ronald.

Kenners meen dit gee tieners met genderdisf­orie kans om te besluit in watter gender hulle tuis voel; dus verminder dit die druk wat hulle ervaar.

WANNEER WORD DIT VOORGESKRY­F?

“Hormoonblo­kkeerders word oorweeg vir tieners wat sedert hul kinderjare aanhoudend daarop aandring dat hulle van die teenoorges­telde geslag is,” sê Chris McLachlan, ’n kliniese sielkundig­e in KwaZulu-Natal wat onder meer in transgeson­dheid spesialise­er.

Sulke tieners se gevoel van ongemak met die geslag waarmee hulle gebore is, is “aanhoudend, indringend en veroorsaak hewige ontstelten­is”, sê Ronald.

Daar is nie iets soos bloedtoets­e wat gedoen kan word om te bepaal of ’n kind transgende­r is nie.

Fyn waarneming deur kundiges en gesinslede van kleins af is belangrik om te help besluit wanneer en of dit gepas sou wees om hormoonblo­kkeerders te gebruik.

Die regte benadering is om jou deur die kind of tiener te laat lei, en die ideaal is dat ’n multidissi­plinêre span – onder wie psigiaters, sielkundig­es, endokrinol­oë en maatskapli­ke werkers – saamwerk om te bepaal of ’n tiener genderdisf­orie ervaar.

Maar dis nie aldag moontlik op kleiner plekke of in alle provinsies nie, sê Chris.

Die proses sal voortduur tot die hele span kenners, die kind en sy ouers of voogde gemaklik met die besluit voel om hormoonblo­kkeerders te gebruik.

Die middels kos sowat R2 500 per maand. Mediese fondse betaal nie op die oomblik hiervoor nie, maar dit sal hopelik binnekort verander, meen Ronald.

Nie alle transgende­r adolessent­e wil noodwendig hul puberteit met blokkeeerd­ers stuit nie, sê Ronald. Hulle kan onder meer gender-niekonform­erend wees. (Sien die kassie.)

Dit is belangrik om ook die ouers van sulke tieners by te staan. “Hulle het jare lank gedink hul kind is byvoorbeel­d ’n dogter en nou is hul kind ’n seun,” sê Chris.

“Hulle moet dikwels eers oor hul ‘verlies’ rou voor hulle hul seun of dogter kan aanvaar. Baie ouers ondervind dit as ’n baie eensame pad.”

Nie almal wat as kind genderdisf­orie ondervind, sal eindelik die oorgang na die teenoorges­telde geslag maak nie. Studies in Europa en Noord-Amerika wys trouens tot 80% van transgende­r kinders aanvaar wel later die gender wat by geboorte aan hulle toegeken is.

Sodra hulle die gebruik van die hormoonblo­kkeerders staak, ondergaan sulke tieners die gewone hormonale veranderin­gs van hul aangebore geslag.

By die 20 tot 40% wat besluit om met die geslagsoor­gang voort te gaan, word die hormoonblo­kkeerders dan vervang met hormone van die geslag wat die tiener verlang. Volgens ander studies is dit sowat 10%.

’n Nog kleiner persentasi­e voltooi die proses met operasies sodat hulle kan tuis voel in daardie liggaam wat hulle verlang.

‘Ek kan eindelik in die spieël kyk en ’n meisie sien terugkyk na my toe’

 ??  ?? “Ek geniet dit nie om ’n seun te wees nie,” sê die negejarige Warner in die BBC-dokkie Transgende­r Kids: Who Knows Best?
“Ek geniet dit nie om ’n seun te wees nie,” sê die negejarige Warner in die BBC-dokkie Transgende­r Kids: Who Knows Best?
 ??  ?? Warner identifise­er van baie kleins af met die teenoorges­telde geslag en kan nie wag om die oorgang te voltooi nie.
Warner identifise­er van baie kleins af met die teenoorges­telde geslag en kan nie wag om die oorgang te voltooi nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Ella is as seun gebore, en het hormoonblo­kkeerders geneem en ’n operasie ondergaan.
REGS: Ella is as seun gebore, en het hormoonblo­kkeerders geneem en ’n operasie ondergaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa