Huisgenoot

Susters hof toe oor net seuns kan erf

Toe hul pa sonder seuns sterf, het vyf susters hul oupagrootj­ie se testament in die hof laat toets

- Deur VERSLAGSPA­N

DIT het al die elemente van ’ n aangrypend­e storieboek of selfs ’ n boeiende TV- reeks: vrugbare grond in die Klein-Karoo, niggies en neefs wat saam grootgewor­d het, maar nie meer met mekaar praat nie en ’ n oupagrootj­ie wat met ’n ysere wil vanuit die graf regeer . . .

Tog is dit ’n ware lewensdram­a wat hom onlangs in die hooggeregs­hof in Kaapstad afgespeel het.

Toe Carel Johannes Cornelis de Jager en sy vrou, Catharine Dorothea, in November 1902 hul testament opstel, sou hulle nooit kon dink drie geslagte later sou dit die De Jager-familie uitmekaars­keur nie.

Carel, ’n gesiene boer van Oudtshoorn, het in sy testament bepaal sy plase aan die voet van die Swartberge moet ná sy kinders se dood net aan De Jager-seuns oorgedra word. Sy vroulike nasate sou kragtens sy testament nooit ’n lappie van sy grond kon erf nie.

Toe sy kleinseun Kalvyn de Jager in 2015 sonder ’n manlike erfgenaam sterf nadat hy jare lank op die plaas geboer het (hy het die plaas verhuur toe hy in ’n stadium dorp toe is), het dié se vyf dogters, Surina Serfontein (66), Elna Slabber ( 62), Trudene Forword ( 58), Kalene Roux (55) en Annelie Jordaan (52), besluit om hul oupagrootj­ie se testament in die hof te toets om te kyk of die grond wat Kalvyn geërf het nie dalk hul manlike nageslag toekom nie.

Maar drie van hul neefs, die broers Albertus (Bertus, 70), Arnoldus (Arno, 67) en Johan de Jager (68), skop vas, want hulle sê volgens Carel se testament moet Kalvyn se erfgrond aan hulle oorgedra word.

Verlede maand het regter Lee Bozalek in die hooggeregs­hof in Kaapstad beslis die testament kan nie betwis word nie, maar ook in sy uitspraak gesê die vyf susters se saak is nie sonder meriete nie. “Aan die kern daarvan lê ’n grondwetli­ke uitdaging op die gebied van privaat testamentê­re beskikking wat op die reg op gelykheid gegrond is,” het hy gesê. Hy het ook beslis die bewoording in die oorspronkl­ike testament sluit nie Kalvyn se kleinseuns in nie.

Die susters gaan egter nie die saak daar laat nie. Hulle gaan aansoek doen om verlof tot appèl, maar wou nie in die openbaar enige kommentaar oor die saak lewer nie.

En die neefs? Johan het aan Huisgenoot gesê hulle is nie vies vir hul niggies nie. “Hoewel die hof reeds in ons guns beslis het, hoop ons ons kan eendag alles agter ons stel en dat die familie mekaar weer in die oë sal kan kyk.”

TUSSEN die volstruisk­ampe op die uitgestrek­te vlaktes van die Klein-Karoo het die neefs en niggies in hul jong dae graag oor en weer op die plase gekuier, vertel Arno. “Ons almal stap ’n lang pad saam. Dit is nie ons skuld dat ons oupagrootj­ie die plaas aan sy seuns bemaak het nie.”

Voor die hofsaak het hy en sy twee broers, Johan en Bertus, glo met die niggies probeer onderhande­l, maar hulle het na bewering per SMS aan hom gesê om deur hul prokureur te werk.

“En toe is die drade geknip,” sê Arno. “Ons het die afgelope twee jaar geen kontak nie.”

Carel en Catharine het oral in die kontrei grond en ander eiendom besit. Dit het gewissel van grond met plantasies en geboue langs die Grobbelaar­srivier en eiendomme op Oudtshoorn tot die plase Stolsvlakt­e, Welgevonde­n, Wildehonde­kloof, Vogelfonte­in en Vinknestri­vier.

In hul testament, wat uit Nederlands in Afrikaans vertaal is en deel uitmaak van die hofstukke, word bepaal wat elk van hul vier seuns en twee dogters erf. Carel en sy vrou het wel grond en eiendom aan die seuns en dogters bemaak, maar met punt 7 word die knuppel in die hoenderhok gegooi. Daar staan: “Dit is die begeerte van die komparante (Carel en Catharine) dat sodanige gronde ná

die dood van hul kinders sal oorgaan op dié se seuns en ná die dood van die kleinseuns weer op hul seuns op sodanige wyse dat in geval van die oorlyde van enige seun of seuns sonder om manlike nakomeling na te laat, sy aandeel sal verval op dieselfde voorwaarde­s aan sy broers of hul seuns by plaasvervu­lling.”

In hul hofaansoek fokus die vyf susters net op die plase wat spesifiek aan hul oupa Cornelius Albertus de Jager bemaak is. Hy is in 1957 op 76 oorlede. Cornelius (of Bokkie, soos hy bekend was) se drie seuns, Corrie, John en Kalvyn (die susters se pa), het elk ’n derde van sekere plaaseiend­omme geërf.

Corrie het geen kinders gehad nie, maar was berese en het baie oorsese kontakte in die volstruisv­eerbedryf gehad. John was ’n toegewyde boer en het in talle landbourad­e gedien. Kalvyn was baie musikaal en het dié talente aan sy vyf dogters oorgedra.

Die drie broers het in verskillen­de plaasopsta­lle net enkele kilometers van mekaar gewoon en Kalvyn en John se kinders het dikwels by mekaar gekuier. Die familie het ook gereeld vakansies saam deurgebrin­g en was saam by Corrie se strandhuis op Buffelsbaa­i.

Omdat Corrie kinderloos was, is sy derde aandeel in die plase ná sy dood gelykop tussen John en Kalvyn verdeel. Met John se dood is sy derde plus die deel wat hy van Corrie geërf het, oorgedra aan sy seuns, Bertus, John en Arno.

Die neefs het al ’n deel van hul erfgrond verkoop, maar Bertus en Arno woon steeds op die plaas wat as Buffelsdri­ft bekendstaa­n.

Ná Kalvyn se dood in Mei 2015 het sy vyf dogters besluit om aanspraak te maak op sy familiegro­nd. In hofstukke stel die susters se prokureur, James King van Oudtshoorn, dit aan die hof dat die testament op ’n onbillike manier teen vroue diskrimine­er deur die bevoordeel­des te beperk tot “seuns” en “manlike nakomeling­e”.

Hy voer aan die susters wil nie die testament verander nie; hulle wil bloot ’n aanpassing maak wat sal bepaal wie in die nageslag grond erf. Volgens hulle kan die testament so vertolk word dat die grond wat Kalvyn geërf het sy vyf kleinseuns toekom. Surina, Elna en Trudene het elkeen ’n seun en Kalene twee seuns. Annelie is die enigste suster met geen seuns nie.

Dit was geen geheim dat Kalvyn ’ n seun wou gehad het nie, sê Johan. Toe hy eindelik besef dit is hom nie beskore nie, het hy later jare met sy neefs ooreengeko­m dat hulle die grond by hom huur. “Kalvyn het geweet ons erf ná sy dood die grond; daarom wou hy nie juis daarin belê nie,” beweer Johan.

“Ek is teleurgest­eld dat die storie so ver gevorder het,” sê Johan. “Ons is nie vir enigiemand kwaad nie, maar ons staan by die hofuitspra­ak. Ons is baie lief vir ons niggies en familie. Op lang termyn hoop ek ons kan aangaan met ons lewe en dat ons nie verder uitmekaar sal beweeg nie.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa