Huisgenoot

Sektelyer se val ná verkragtin­gs

Die leier van ’n Indiese sekte is in die tronkronk vir sy ‘reinigings­dade’ met vroue, maar sy volgelinge verafgod hom steeds

- Saamgestel deur LINDSAY DE FREITAS BRONNE: BBC.COM, ALJAZEERA.COM, NATIONALPO­ST.COM, ECONOMICTI­MES.INDIATIMES.COM, SBS.COM.AU, THEPRINT.IN, INDEPENDEN­T.CO.UK

VIR sy geskatte 60 miljoen volgelinge wêreldwyd was hy hul flambojant­e ghoeroe, ’ n kleurryke figuur wat selfs die hoofrol in sy eie flieks vertolk het. Maar weg van die kollig was Gurmeet Ram Rahim Singh (50), hoof van die Indiese sekte Dera Sacha Sauda (DSS), allesbehal­we heilig.

’n Indiese hof het bevind sy “geestelike reinigings­dade” was in sommige gevalle niks minder nie as verkragtin­g – en hom vir 20 jaar tronk toe gestuur.

Die bebaarde ghoeroe, sakeman en vermaakste­r se politieke mag en sosiale invloed was so groot, dit het die Indiese owerheid 15 jaar geneem voor hy onlangs skuldig bevind is aan seksuele misdade teen twee van sy vrouevolge­linge. Singh het in ’n konvooi van 100 motors by die hof opgedaag, waar tienduisen­de ondersteun­ers hom ingewag het. Hy het volgehou hy is onskuldig.

Nadat hy skuldig bevind en gevonnis is, het sy volgelinge op dorpe oor Indië heen treinstasi­es en mediabussi­es aan die brand gesteek, motors beskadig en met die polisie slaags geraak.

In Panchkula in Indië se noordelike staat Haryana, waar Singh reusagtige steun het, is 38 mense in die oproer dood en 264 beseer.

Die ondergang van die selfaanges­telde “Boodskappe­r van God” het in 2002 begin nadat ’n vrouebewon­er van die sekte se hoofkwarti­er ’n naamlose brief aan die destydse premier van Indië, Atal Bihari Vajpayee, gestuur het. Daarin het sy beweer die ghoeroe het haar en verskeie ander sadhvi’s (vrouevolge­linge) verkrag.

Die meisie, wie se ouers haar glo oorreed het om haar lewe aan die sekte te wy, het verduideli­k sy is eendag na Singh se “gufa”, sy privaat woonplek, ontbied. Daar het Singh blykbaar vir haar briewe gewys wat ’n seun wat haar in haar studenteda­e gepes het, geskryf het.

“Singh het my gevra of ek enige foute in my vorige lewe gemaak het. Toe vertel ek vir hom ek het in my kollegedae een seun geken en hy probeer my seker belaster,” vertel sy.

“Daarna het hy vir my gesê: ‘Jy het ’n sadhvi geword en nou het ek beheer oor jou liggaam en verstand. Jy het apavitar (onrein) geword en met hierdie daad sal ek jou reinig.’ ”

Die vrou beweer die ghoeroe het haar toe verkrag en ook verskeie kere daarna. Volgens haar het baie ander meisies dieselfde verduur, hoewel net een ander slagoffer teen Singh getuig het. In haar brief beweer sy ook Singh het vir haar gesê geen owerheid kan hom vervolg nie.

GURMEET Ram Rahim Singh is in die westelike Indiese staat Rajasthan gebore. As kind is hy deur sy pa aan die sekte bekendgest­el en op 23 jaar het hy die hoof daarvan geword. Onder Singh se leierskap het die sekte met sy hoofkwarti­er, Dera, in die stad Sirsa in Haryana, sowat 260 km van Nieu-Delhi, baie gegroei. Dit het nou glo sowat 50 takke en 60 miljoen volgelinge. Die meeste is in Indië, maar baie woon in lande soos Brittanje en Australië.

Sy volgelinge het almal dieselfde geskepte van aangeneem, Insan (mens), om hul eenheid aan te dui en die assosiasie­s van hul individuel­e vanne te verwyder. Dera huisves glo sowat 1 000 volgelinge en het ’n rolprentte­ater, hotel, sportstadi­on en skole.

Vir sy miljoene ondersteun­ers, meestal minderbevo­orregtes uit die laer kastes, het hy ’n nederige bestaan gepredik, maar hyself het in weelde geleef. Volgens ’n joernalis wat Singh se uitgestrek­te hoofkwarti­er besoek het, is die geboue so eksentriek soos die ghoeroe se veelkleuri­ge uitrusting­s. Hy beskryf vensters in die vorm van ’n mens se oor en turkoois mure met veelkleuri­ge watertenks daarop.

“Dit het vir my gelyk asof hy ’n ghoeroe is wat sy drome en fantasieë – rolprentst­er, popsanger, weldoener, politieke invloedryk­e – deur sy sekte uitleef,” het die BBC-joernalis berig. “In die proses laat hy ook sy volgelinge groot droom.”

Rockstar-baba, soos baie mense hom noem (in Indiese tale is “baba” ’n eerbiedige aanspreekv­orm soos “meester”), was die hoofakteur in sy selfvervaa­rdigde en uitspattig­e rolprente. Hy was ook die hoofsanger op buitelugko­nserte, met sy volgelinge as gehoor.

Van sy eerste musiekalbu­m, met die vreemde titel Highway Love Charger, is 3 miljoen kopieë in die eerste drie dae verkoop. Die musiekvide­o vir die hoofenkels­nit is al 4 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die ghoeroe se maatskapli­ke impak is net so verreikend en boeiend.

Hy het verskeie welsynorga­nisasies en veldtogte bestuur om die skenking van bloed, oë en kadawers te bevorder. Hy het in ’n stadium verskeie Guinnesswê­reldrekord­s opgestel, onder meer vir die neem van die meeste bloeddruk-, diabetes- en cholestero­llesings in 24 uur. In 2001 het hy ’n hulpverlen­ingsagents­kap met die ellelange naam Shah Satnam Ji Green S Welfare Force Wing gestig. Die agentskap help slagoffers van siklone en aardbewing­s in Indië.

Maar hy het sy invloed ook op omstrede wyses gebruik.

Volgens die sentrale ondersoekb­uro van Indië het Singh twee jaar gelede sowat 400 van sy volgelinge gemanipule­er om aan massakastr­asies deel te neem. Hy het hulle oortuig dit was die enigste manier om persoonlik met God ’n band te vorm

MET meer as 20 miljoen volgelinge net in noordelike Indië het die ghoeroe aansienlik­e politieke invloed gehad. Tydens Indiese verkiesing­s het hy sy volgelinge gevra om sekere politieke partye of kandidate te steun.

Jare nadat die meisie haar verkragtin­gsverhaal aan topstaatsl­ui gestuur het, is niks daaromtren­t gedoen nie. Eindelik het die hooggeregs­hof van Pandjab en Haryana ’n ondersoek gelas.

“Voorheen het die regering alles probeer om die misdadige, selfgeskep­te godman te beskerm,” beweer M. Narayan, die uitgetrede amptenaar wat die ondersoek gelei het. “Sy magtige invloed oor sy vol- gelinge se stemme in ’n verkiesing het die politieke stelsel verlam en die oppergesag van die staat jaar ná jaar bespot.”

En al het Singh reeds 20 jaar tronkstraf gekry, is dit dalk nie die einde van sy regsproble­me nie. ’n Prokureur vir die slagoffers sê nog “40 tot 50 vroue” het met bewerings van verkragtin­g na vore gekom en hulle sal vra dat die saak verder ondersoek word.

Die Indiese owerheid sê ná sy skuldigbev­inding is “18 meisies van onder 18 jaar oud uit Dera geneem” om medies ondersoek te word. Singh staan ook tereg op die moorde van die joernalis Ram Chander Chhatrapat­i en die voormalige sektelid Ranjit Singh.

Ram het stories oor die beweerde “wandade” van die sekte gepublisee­r en Ranjit was glo sy informant.

TYDENS die verkragtin­gsverhoor het regter Jagdeep Singh die vonnis van 20 jaar geregverdi­g deur te sê die ghoeroe verdien die “hoogste. straf ”, want hy het hom “as ’n godman voorgehou en onbehoorli­ke voordeel uit sy posisie en gesag getrek”.

“Die slagoffers het die skuldige op die voetstuk van ‘god’ geplaas en hom vereer. Maar die skuldige het ’n skending van die ergste aard gepleeg deur sulke liggelowig­e volgelinge seksueel aan te rand,” het die regter ter afsluiting gesê.

Maar te oordeel na die oproer ná Singh se vonnisople­gging het die regter se uitspraak min gedoen om die “ghoeroe van blieng” se reputasie te bevlek. Sy volgelinge verafgod hom steeds.

“Hy kan niks verkeerds doen nie,” het Rajkumar, ’n winkeleien­aar van Haryana, aan joernalist­e gesê. “Hy werk om die wêreld van al sy probleme te verlos.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Die ghoeroe Gurmeet Ram Rahim Singh op ’n geleenthei­d verlede jaar. BO: ’n Plakkaat vir The Warrior Lion Heart, een van talle flieks wat hy self vervaardig het.
HOOFFOTO: Die ghoeroe Gurmeet Ram Rahim Singh op ’n geleenthei­d verlede jaar. BO: ’n Plakkaat vir The Warrior Lion Heart, een van talle flieks wat hy self vervaardig het.
 ??  ??
 ??  ?? BO: By die première van een van sy flieks. REGS: By sy dogters, (van links) Amarpreet, Honeypreet en Charanpree­t.
BO: By die première van een van sy flieks. REGS: By sy dogters, (van links) Amarpreet, Honeypreet en Charanpree­t.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa