Huisgenoot

DVD, nog TV-tyd vir Schalk

Van die kassie tot op die verhoog. Dié krulkopgra­pjas met die kenmerkend­e truitjies is vanjaar weer betrokke by Huisgenoot se Tempo-toekenning­s, nou met ’n digitale baadjie. En sy nuwe DVD is op die rakke

- Deur LARA ATSON

Sy DVD: Fantasties­e vertonings vasgevang

Schalk vertel: “Mense kan eerlikwaar net verwag om te lag. Dis waaroor komedie gaan en dis my missie met my shows. Die DVD is verlede jaar in die Atterburyt­eater in Pretoria opgeneem. Ek het twee keer op ’n Sondag opgetree.”

Die Atterbury “is een van my gunsteling­teaters”, verklap hy. “Die uitleg is baie lekker vir komedie. Dis baie mense, maar tog voel dit klein en intiem. ‘Intiem’ is nogal ’n woord wat jy baie in die DVD sal hoor. Die opnames was fantasties! Dis vir mense spesiaal om deel te wees van ’n DVD-opname. Daai

magic wat tussen die komediant en gehoor gebeur daardie aand, is vir altyd vasgevang.”

Hy bieg: “Ek is mal oor die 7de Laan-grappie, waar ek teen die einde van die show mense uit die gehoor op die verhoog bring. Jy weet nooit wie jy kry en hoe hulle sal wees nie. Ek hou van die onvoorspel­baarheid. 7de Laan is volkbesit – nie net vir Afrikaanse mense nie; eintlik vir Suid-Afrika. Dis lekker om met heilige koeie te spot. Ek sal altyd trots wees op die materiaal omdat dit my eerste DVD is. Dis die fondament van my loopbaan. My materiaal sal net verbeter.”

Op TV: weer hotelporti­er

Schalk is ’n bekende gesig in TV-land. Hy het die afspraakpr­ogram Die Kliek op VIA aangebied en keer op 9 Oktober terug na die kassie as die portier Danny Beyers van Die Fransen-hotel in die tweede seisoen van die kykNET-sitkom Hotel. Dit draai om die hotelbestu­urder, Ferdie Kruger ( James Borthwick), en sy personeel lede wat sukkel om dié substandaa­rd hotel se deure oop te hou.

Op die verhoog: ’n toer en dan Engels

“Ek het op die oomblik ’n nuwe, Afrikaanse een- manvertoni­ng, Voksbesit, en ek werk aan ’n toer daarvoor,” vertel Schalk. “Volgende jaar wil ek daardie show in elke hoekie van die land opvoer. Ek gaan d it ook in Oktober op DVD vaslê.

“Evita se Perron (die teater) op Darling is verskrikli­k mooi versier. Daar is ou portrette en liggies wat ek dink fantasties sal lyk in hoë definisie. Evita is ook natuurlik my tannie; ons probeer alles maar so in die familie hou,” skerts Schalk.

“Glo dit of nie, maar ek kan ook Engels praat. In Oktober doen ek my Engelse show, Jersey Boy, in al die vernaamste stede: Johannesbu­rg, Kaapstad, Durban.”

 ??  ??
 ??  ?? DIE DVD SCHALK BEZUIDENHO­UT – LEWENDIG – IS BY MUSICA TE KRY EN TEEN R125 BY TAKEALOT.COM.
DIE DVD SCHALK BEZUIDENHO­UT – LEWENDIG – IS BY MUSICA TE KRY EN TEEN R125 BY TAKEALOT.COM.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa