Huisgenoot

Los uit jou maat se foon!

Was jy al in die versoeking om na jou maat se privaat boodskappe te loer? Dit kan jou verhouding baie skade doen

- Deur VIDA LI-SIK

STEL jou dit voor: Jou lewensmaat gaan stort. Jy sit op die rusbank en sy selfoon lê op die koffietafe­l. Jy ken sy wagwoord. Net ’n paar tikkies en jy kan na sy e-posse en teksboodsk­appe loer. Sal jy dit doen? As jou antwoord ja is, is jy nie alleen nie. Volgens ’n Britse studie het 34% vroue – en ’n verbystere­nde 62% mans – erken hulle het al sonder hul maat se medewete deur hul selfoon gegaan.

Sê nou jy is die een wat jou selfoon op die koffietafe­l gelos het en jy betrap jou maat terwyl dié deur jou boodskappe gaan, hoe sou jy voel?

In dieselfde studie het bykans ’n derde van die mense gesê hulle sou dit oorweeg om die verhouding te beëindig as hulle agterkom hul maat het sonder toestemmin­g na hul teksboodsk­appe, e-posse en boodskappe in die sosiale media geloer.

Jy is dalk in die versoeking om te snuffel, selfs al het jou maat nie verdag opgetree nie, soos om die skerm weg te steek wanneer teksboodsk­appe gestuur word of om oproepe skielik te beëindig. Jy dink jy vertrou haar. Maar wanneer haar foon net daar lê en jy kan vinnig loer, jeuk jou vingers om dit op te tel.

Voor jy dit doen, stop en vra jouself hoekom jy wil snuffel, sê Pierre de Villiers, ’n beradingst­erapeut van Fourways, Johannesbu­rg. “Die oomblik dat jy die foon optel en boodskappe nagaan, vra jouself of jy liefdevol optree en of jy jou maat polisieer,” sê hy.

“Hoewel jy nie skuldig hoef te voel as jy dit een keer doen nie, moet jy besluit watter soort verhouding jy wil hê as dit ’n gewoonte sou raak.”

As mense in ’n verhouding skelmpies in mekaar se goed snuffel, dui dit op ’n mate van wantroue. “Seerkry uit die verlede of ervarings tydens die grootwordj­are waar ontrouheid die norm was, kan jou vertrouens­vermoë beïnvloed,” sê Pierre. “Maar elke mens het ruimte en privaathei­d nodig. Dit kan druk op die verhouding plaas as jy jou maat nie dié goed gun nie.”

Dit geld vir albei. Jy behoort ook nie on- gemaklik te voel om jou selfoon op ’n plek te los waar jou maat toegang daartoe het nie, sê Judy Ramsden, hoof van berading by die Family Life-sentrum in Parkwood, Johannesbu­rg.

As jy in ’n verhouding is waar spioenasie die enigste manier is om uit te vind wat jou maat doen, het julle ’n probleem. Maar as jy in ’n gesonde verhouding is en iets wil weet, moet jy net vra. As jy nie dit kan doen nie en voel jy moet skelm ondersoek instel, moet die gevaarligt­e flikker. ’n Gesnuffel is om verskeie redes ’n slegte idee.

1 DIT KAN DIE VERTROUE TUSSEN JULLE HEELTEMAL ONDERMYN

’n Deursoeker­y het selde ’n positiewe uitkoms. Dit kalwe aan die liefde en vertroue wat die grondslag van ’n goeie verhouding moet wees.

Jy gaan waarskynli­k ook nie veel wys word deur te snuffel nie, sê Julie Holland, ’n sielkundig­e van New York en skrywer van Moody Bitches: The Truth about the Drugs You’re Taking, the Sleep You’re

Missing, the Sex You’re Not Having and What’s Really Making You Crazy.

“Jou lewensmaat kan altyd ’n ander e- posadres hê of teksboodsk­appe en e-posse geskrap het. Jy gaan nie noodwendig vind waarna jy soek nie, maar jy krap ’n miernes oop wat vertroue en intimiteit­skwessies betref.”

As jy vermoed jou maat is ontrou, is dit die beste om dit openlik en eerlik te bespreek. “Om in jou verhouding speurder te speel, kan uiters skadelik wees,” sê Judy.

2 JY WORD DIE ONBETROUBA­RE EEN

Die oomblik dat jy rondkrap, wys jy inderwaarh­eid dat jy die een is wat nie vertrou kan word nie. Jy skend jou maat se privaathei­d as jy sonder toestemmin­g sy of haar boodskappe of e-posse lees.

“Jy respekteer jou maat se privaathei­d wat gewone pos betref en sal dit nie oopmaak nie. Jy moet die selfoon net so hanteer,” sê Judy.

“As ’n verhouding op vertroue gebou is, behoort daar nie ’n behoefte daaraan te wees om mekaar se teksboodsk­appe na te gaan of die ander een se foon te antwoord nie.”

3 DIT SPRUIT UIT GIFTIGE EMOSIES

Wanneer jy snuffel, reageer jy vanuit ’n plek van vrees, twy- fel, onsekerhei­d en wantroue. Jy ervaar dalk met goeie rede dié emosies, maar dit maak dit nie oukei nie.

As jy die behoefte het om te snuffel dui dit bloot daarop dat probleme in jul verhouding bestaan wat jy nie openlik met jou maat bespreek nie. Dit beteken gewoonlik dit knaag aan jou, pleks daarvan dat julle dit oplos.

Wees eerlik daaroor as jy sterk kan aanvoel iets skort in die verhouding, maar sonder om aggressief te wees of jou maat aan te val.

Sou die gesnuffel spruit uit jou eie onsekerhei­d, is dit ook iets waaroor julle moet praat. Dit is ook moontlik dat jy so optree weens jaloesie wat nie op feite gegrond is nie.

4DIT KAN VERSLAWEND RAAK

Blote nuuskierig­heid is een ding, want dit is heeltemal natuurlik om te wonder oor wat in jou maat se lewe aangaan.

Maar as jy in die versoeking is om te snuffel omdat jy ’n knaende gevoel het iets is nie pluis nie, gaan jy waarskynli­k op ’n ongesonde manier daarmee behep raak om jou maat se foon na te gaan.

Dit dui op ’ n verhouding wat in die moeilikhei­d is. Jy moet mooi gaan nadink oor die verhouding, uitpluis wat jou pla en dit met jou maat bespreek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa