Huisgenoot

Kom loop vir hoop!

IN OKTOBER WORD MENSE BEWUS GEMAAK VAN DEPRESSIE – DOEN SO JOU DEEL

- g

VOLGENS die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie (WGO) se jongste verslag oor depressie is dit wêreldwyd die grootste enkele oorsaak van ongeskikth­eid. Teen 2030 sal depressie die wêreld se grootste siekte wees.

Maar die goeie nuus is depressie is behandelba­ar. Hoe gouer jy die simptome herken en hulp soek, hoe gouer kan jy dit bestuur met die hulp van terapie en medikasie.

Oktober is die WGO se bewusmakin­gsmaand vir psigiese gesondheid. Om te wys jy gee om, kom neem deel aan die Hoop Hike om bewustheid oor depressie op te skerp en die stilte en stigma ten opsigte van depressie en ander psigiatrie­se siektes te verbreek.

Vir bergfietsg­eesdriftig­es is daar boonop saam met die Hoop Hike ’n Hoop Bike sodat almal in die gesin hul deel kan doen vir bewusmakin­g van psigiatrie­se siektes.

Jy kan ook ’n Ambassadeu­r vir Hoop wees deur die hele Oktober lank (en veral by die staptog) jou “hemelsblou vir hoop”-strikkie vir bewusmakin­g te dra.

WANNEER EN WAAR

S Sondag 15 Oktober Blaauwklip­pen, Stellenbos­ch S Sondag 29 Oktober Van Gaalen’s, Skeerpoort Hoop Hike: 10 km (R100), 5 km (R60) of 3 km (R40). Kinders onder 12 (3 of 5 km) R40. Hoop Bike: 25 km (R100).

WEGSPRINGT­YE

Hoop Bike: 25 km – 07:45 Hoop Hike: 10 km – 08:00 5 km – 08:30 3 km – 08:40 Registrasi­e op die dag begin om 06:45.

SKRYF SO IN

Gaan na iqela-events.co.za en klik op die Hoop Hike/Hoop Bike-logo. Jou inskryfgel­d is ten bate van die depressien­avorsingsf­onds van die Ithemba-stigting (’n ondernemin­g sonder winsoogmer­k, registrasi­enommer 2012/171250/08; “ithemba” is Xhosa vir “hoop”). Vir navrae, stuur ‘n e-pos na entries@iqela-events.co.za. S

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa