Huisgenoot

BABA MIENKE: ONS BLY HOOP

Nadat hul baba glo gestik het, het dokters die Mulders op die ergste voorberei; tog het hulle reeds wonderwerk­e sien gebeur

- Deur JANA VAN DER MERWE

IN HAAR wit “Superbaba”-pakkie lyk die slapende Mienke Mulder met haar fyn neusie, skattige mondjie en “bruin bokkie-oë”, soos haar liefdevoll­e ouers dit beskryf, soos ’n engeltjie. Vir ’n oomblik is dit moeilik om te glo dit is dié bondeltjie wie se tragiese verhaal derduisend­e Suid-Afrikaners aangryp. Sy lyk dan nes enige ander pragtige poppie . . . Met ons besoek aan die Netcare Waterfall City-hospitaal in Midrand is dit al drie weke vandat baba Mienke glo in ’n dagsorgsen­trum in Mbombela aan melk gestik het en breinskade sedertdien by haar gediagnose­er is.

Intussen het dokters Ryno (30) en Verna Mulder (26) op die ergste voorberei: Hul ses maande oue dogtertjie sal waarskynli­k nooit praat, loop of weer kan sien nie.

Maar dié ouerpaar klou vas aan hoop. “Ons glo vas deur ons geloof dat Mienke deel is van daardie 5% kinders wat sal deurtrek en volkome herstel,” sê Ryno.

Hy en Verna hou mekaar se hande styf vas waar ons met hulle in die hospitaal gesels terwyl hulle van hul ondenkbare terugslag vertel. Verna se naels en lang bruin hare is mooi versorg. Albei ouers straal ’n merkwaardi­ge innerlike krag uit. “Jy kan nie fokus op die negatiewe goed nie, want dit sal jou breek,” verduideli­k Verna.

Hulle meen die een wonderwerk ná die ander het reeds gebeur sedert daardie skokdag. “Ek het gedink Mienke is dood; ek het nie gedink sy sou weer bykom nie, maar ons het sit en bid en bid dat die Here haar sou terugbring,” vertel Verna van die oomblik toe sy en Ryno hul dogtertjie net ná die voorval by die dagsorgsen­trum in die plaaslike hospitaal sien.

Vir Ryno het dit gevoel asof hy op Loftus is. “Tien miljoen goed maal deur jou kop. Dis asof jy al hierdie mense om jou het; almal praat en skree op een slag,” vertel hy.

’n Kwartier later het die skynbaar lewelose Mienke se polsslag weer begin.

Die volgende dag het ’n vriendin Mienke se storie op Facebook gedeel en die groep Please Pray for Mienke begin. Kort voor ons druktyd het dit reeds 25 000 lede gehad.

En sedertdien is die wonderwerk­e onmiskenba­ar, glo die egpaar. Mienke het haar bewussyn herwin en word nie meer onder sterk verdowing gehou nie. Sy haal ook reeds self asem en sluk normaal.

Hulle ervaar God se groot genade: “As jy nou haar gesiggie sien, sal jy nie sê sy is siek nie,” vertel Verna. “Sy is sterk en ruk die voedingspy­pie uit haar neus uit.”

OP FOTO’S uit gelukkiger dae lyk Verna en Mienke op ’n haar na mekaar. Voor daardie dag in die dagsorgsen­trum kon Mienke al self regop sit, haar melkbottel vashou, lag en geluidjies maak, sê Verna. “Ek vertel vir Ryno dit is wat my onderkry: Mienke was so gesond. Net die vorige aand het ons nog ’n video gemaak waar sy en haar sussies speel en sy baie lekker lag.”

Die egpaar is vier jaar getroud en het twee ouer kinders, Leané (3) en Zamoné (19 maande). Hulle het in Mei van Johannesbu­rg na Mbombela verhuis, waar

albei vir PG Glass werk – Ryno as streekbest­uurder en Verna as verkoopsbe­ampte. (Hulle wil nie die e dagsorgsen­trum off eienaar identifi- seer waar hulle diee sussies geplaas het t nie.)

Oor die oomblik k toe die dagmoeder r hulle op kantoorr bel met die booddskap “daar is groot ot fout; julle moet daadelik kom”, sê Ryno: o: “Jy’t geen idee hoe oe dit voel nie. Dinknk amper aan ’ n boksks glase wat jy laat val.”l”

Nadat Mienke nog op daardie Vrydag, 25 Augustus, per lugambulan­s van Mediclinic Nelspruit oorgeplaas is na die hospitaal in Midrand, is haar ouers en sussies na Verna se ouers op Delmas sodat hulle na aan haar kon wees.

Maar ná twee weke moes Ryno alleen terugkeer Mbombela toe. Hy kom nou naweke na sy gesin toe.

“Die moeilikste moeilik vir my sal wees om nou elke keer uit Johannesbu­rg weg te ry. Ek wil myself in twee skeur,” sê hy.

En om snags alleen in die huis te slaap is “’n bitter pil om te sluk. Veral daardie eerste keer toe ek weer in die huis instap. Daar staan Mienke se leë bababed met haar beertjies . . . alles net so normaal soos dit nog daardie Donderdaga­and (voor die beweerde stikvoorva­l) was.”

Alleen in Mbombela het hy op Mienke se Facebook-ondersteun­ingsgroep sy hart teenoor sy jongste uitgestort: “Mienke, nooit in my of mamma se wildste drome sou ons eens aan dié situasie gedink het nie. Nooit dink ’n mens dat jou daaglikse lewe in ’n oogwink so kan verander nie – daai laggies en glimlaggie­s wat ’n mens elke dag so laat giggel en die diepste hartsnare tokkel.

“’n Mens sien jou op daai bed lê en ons veg die innerlike konflik. Pappa sê mos altyd: ‘Cowboys don’t cry in front of their horses,’ maar daai een het ek lankal verloor . . . Ek kan nie wag nie om daai armpies om my nek te voel en jou stem te hoor wat saggies in my oor fluister: ‘Ek is lief vir jou, Pappa.’

Oor haar sussies skryf hy vir Mienke: ““Leané vertel vandag vir my d dat haar hartjie nou baie v verlang na haar sussie. Sy v vra my gedurig of jy jou ko kombersie het en of jy asem ge gekry het. Sy bid elke dag vir jo jou. Zammie was vandag vre vreeslik ongelukkig toe ons ry by die hospitaal; sy verstaan nie die tydelike tot siens en gebro brokenheid in ons gesin nie.” M Midde-in die groot belangstel stelling in Mienke se toestand hou die egpaar hul duisende getr getroue ondersteun­ers deur mid middel van inskrywing­s en foto’ foto’s op hul Facebook-groep op d die hoogte van ontwikkeli­n kelings. Ver Verna en die sussies bly steeds by h haar ouers op Delmas. Vroeg Vroegdag neem sy die kinders na hul voormalige dagsorgmoe­der in Benoni voor sy heeldag langs Mienke se bed in Midrand gaan waak. “Ek sing en lees storieboek­e vir haar,” vertel Verna. “Ek bid vir haar en speel vir haar selfoonvid­eo’s van haar en haar sussies. Soms kan ek haar vashou en dan weet ek net sy is rustiger.” Saans is dit die sowat 70 km terug Delmas toe en tyd om Leané en Zamoné liefde te gee. “Hulle wil net weet wanneer ons huis toe gaan en alles weer soos voorheen sal wees,” vertel Verna.

MIENKE sal binnekort uit die Waterfall City-hospitaal oorgeplaas word na ’n ander Gautengse hospitaal, maar dan wag minstens 12 weke van rehabilita­sie. Haar dokters wil nie ’n amptelike prognose bekendmaak nie.

“Ons gaan alles doen wat ons moontlik kan vir ons kind om weer normaal te funksionee­r,” sê Verna. “Maar ek besef ook ek is ’n mamma vir nog tweetjies by die huis.

“Hulle het ’n stérk mamma nodig. Ek is ’n baie sagte mens, en wanneer ek huil, huil ek dae aaneen. Ek het by tye in daai gat gaan sit.”

Sy bly ’n oomblik stil: “Maar op ’n dag het ek net hierdie krag ervaar, en ek ken myself; ek weet nie waar dit vandaan kom nie.”

Ryno het geen twyfel oor waar hul innerlike krag vandaan kom nie. “Dit is net die krag van gebed. Dit is geloof. Dis die Here.”

‘Ons glo vas Mienke is deel van daardie 5% kinders wat sal deurtrek en volkome herstel’

 ??  ?? REGS:REGS Ryno Mulder en sy vrou vrou, Verna Verna, bid op ’n wonderwerk nadat hul baba Mienke (BO) op ses maande met kwaai breinskade gelaat is.
REGS:REGS Ryno Mulder en sy vrou vrou, Verna Verna, bid op ’n wonderwerk nadat hul baba Mienke (BO) op ses maande met kwaai breinskade gelaat is.
 ??  ?? Die Mulder-gesin voor die trauma op 25 Augustus vanjaar wat hul lewe verander het. Hulle is van links sussie Zamoné, ma Verna, ousus Leané, pa Ryno en Mienke. Mienke se sussies mis haar baie.
Die Mulder-gesin voor die trauma op 25 Augustus vanjaar wat hul lewe verander het. Hulle is van links sussie Zamoné, ma Verna, ousus Leané, pa Ryno en Mienke. Mienke se sussies mis haar baie.
 ??  ?? NOU Verna het hett die afgelope drie weke van oggend tot aand by haar jong-jong ste se bed in die hospitaal gewaak. Die moontlikhe­id bestaan dat Mienke nooit weer sal kan sien of leer loop of praat nie.
NOU Verna het hett die afgelope drie weke van oggend tot aand by haar jong-jong ste se bed in die hospitaal gewaak. Die moontlikhe­id bestaan dat Mienke nooit weer sal kan sien of leer loop of praat nie.
 ??  ?? EERS
EERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa