Huisgenoot

KOES, KATE, HIER KOM SKOONSUS!

’n Troue tussen Harry en Meghan is waarskynli­k op hande – en die beeldskone aktrise kan dalk net vir Kate oortref

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK en LARA ATSON BRONNE: THE TELEGRAPH, DAILYMAIL.CO.UK, ROYAL CENTRAL, THE EXPRESS, DAILY BEAST, PEOPLE, E! ONLINE, CA.HELLOMAGAZ­INE.COM, EXPRESS.CO.UK, THE MAIL ON SUNDAY, MIRROR.CO.UK, PEOPLE.COM

SY LAAT die koppe draai met haar stylvolle klere en dierbare kroos, maar ’n ander beeldskone brunet dreig nou om prins William se vrou, Cathe rine, hertogin van Cambridge, van haar styltroont­jie af te stoot. En wat die koelfaktor betref, dra sy beslis die kroon. Nes Kate is prins Harry se meisie, die Amerikaans­e aktrise Meghan Markle, beeldskoon, glansryk én superstylv­ol. Nou maak Meghan (36), wat roem verwerf het as die knap regsassist­ent Rachel Zane in die TV-regsdrama Suits, boonop moontlik reg vir haar grootste rol – prins Harry se vrou.

Terwyl die wêreld oe en aa oor prins William en Kate (albei 35) se derde spruit wat op pad is, word nóg ’n groot aankondigi­ng glo stil-stil agter die goue hekke van Kensington­paleis beplan. Die tonge klap dat Harry (33) nog voor einde vanjaar sy meisie die jawoord sal vra.

“Operasie Prinses” is glo reeds in volle gang. Agter die skerms word gewoel om Meghan gereed te kry vir haar nuwe koninklike lewe van adellike pligte, paleise en diensknegt­e.

Sy het reeds amper al die voorste lede van die Britse monargie ontmoet: van haar aanstaande skoonouers, prins Charles en Camilla, die hertogin van Cornwall, tot koningin Elizabeth II – en dit terwyl Kate vyf jaar moes wag om die koningin te ontmoet.

Meghan en Harry, wat langer as ’n jaar uitgaan, sou op 23 September hul amptelike debuut as paartjie maak by die prins se Invictus-spele in die Kanadese stad Toronto, waar Meghan woon.

Sy het onlangs vir die eerste keer oor haar prins gepraat in ’n onthullend­e onderhoud met Vanity Fair: “Ons is twee mense wat baie gelukkig en verlief is.”

Dis hoogs onwaarskyn­lik dié onderhoud het sonder die paleis of Harry se toestemmin­g gebeur. “Die konsensus in koninklike kringe is nou dat ’n koninklike troue onvermydel­ik is. Dit sal waarskynli­k volgende lente gebeur,” sê Christophe­r Andersen, skrywer van die boek The Day Diana Died. Dit sal Meghan se tweede huwelik wees. Sy het in 2013 geskei van haar man van twee jaar, die rolprentve­rvaardiger Trevor Engelson (40).

In die ou dae sou dit ’n skandaal wees dat ’n prins met ’n geskeide vrou uitgaan, wat nog te sê trou. In 1936 moes koning Edward VIII van die troon afstand doen om te trou met die Amerikaans­e sosiale vlinder Wallis Simpson, toe reeds twee keer geskei. Maar egskeiding­s skeel die moderne monargie min.

Mense gis selfs Harry het klaar die jawoord gevra toe hy en Meghan onlangs met ’n romantiese vakansie in Botswana was om haar 36ste verjaardag te vier. Hy het glo die nuus stilgehou om nie die 20ste herdenking van sy ma se dood in Augustus te oorskadu nie.

Ons vergelyk die lieflike Meghan met haar geliefde aanstaande skoonsus.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa