Huisgenoot

SKOK OOR KERKMAN EN ‘KAALFOTO’S’

’n Jeugpastoo­r is aangekla oor kiekies wat hy na bewering met seuns uitgeruil het

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY en PIETER VAN ZYL

DIS ’ n warm Sondagogge­nd. Buite stroom deelnemers aan die Kaapstad- marathon verby, hul vrolike stemme duidelik hoorbaar in die vol kerksaal. Maar ’n ernstige stilte hang oor die Rondebosse gemeente van die Common Ground Church (CGC) terwyl ’n senior pastoor hulle toespreek oor die beweerde skandaal wat skokgolwe deur die gemeenskap stuur.

“Die laaste paar weke was vir ons as ’n gemeente baie moeilik,” sê past. Ryan TerMorshui­zen. “Ons het gesien hoe een van ons jeugleiers in hegtenis geneem word ná die baie moeilike nuus dat hy (na bewering) die jong lede van een van ons jeugprogra­mme uitgebuit en onvanpaste foto’s (van hulle) geneem het.”

Ryan se moeilike toespraak kom sowat ’n week nadat ’n 27-jarige jeugpastoo­r van die kerk in die Wynbergse landdrosho­f verskyn het weens die beweerde besit van kinderporn­ografie.

“Dit was ongeloofli­k moeilik, want mense het seer en moet gered word,” gaan Ryan voort. “Jou nagmerrie word waar as jou kerk op die voorblad van koerante beland nie omdat ons ons stad liefhet en dien nie, maar omdat ons beskou word as ’n gemeenskap wat skade aanrig en die weerlose jeug seermaak. Dis vir die gesinne en vir ons as leiers baie moeilik.”

Op die jeugpastoo­r se persoonlik­e webtuiste, wat sedert sy inhegtenis­neming gesluit is, glimlag die skoongeske­erde jong man met die donker hare vir die kamera en beskryf hy hom as “jeugpastoo­r bedags” en “sport- en aksiefotog­raaf ” saans. Die blad is vol van sy foto’s van branderpla­nkryers en hokkiespel­ers.

Hy val jou dadelik op as iemand met wie jy vriende kan wees, sê ’n kennis aan Huisgenoot. “Hy is verskrikli­k vriendelik en netjies.”

Maar volgens ’ n persverkla­ring deur brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoo­rdvoerder, word die jeugpastoo­r daarvan verdink dat hy in die sosiale media op talle seuns van 14 tot 17 jaar toegeslaan het. Hy het hom na bewering as ’n meisie voorgedoen en naakfoto’s met hulle uitgeruil. Wanneer sy vermeende slagoffers nie meer foto’s wou stuur nie, het hy glo gedreig om hul naakfoto’s aanlyn te versprei.

“Ek het hom verlede jaar vir die eerste keer ontmoet en hy’s werklik ’n gawe ou,” vertel ons bron, wat naamloos wil bly. “Hy het dadelik geselsies aangeknoop en

vertel van sy grootwordj­are.” Volgens die bron was die jeugpastoo­r duidelik passievol oor sy werk in die bediening. “My indruk was dat hy beslis goed grootgemaa­k is. Hy het ook baie in sport belanggest­el. Ek kon ook sien die tieners was gaande oor hom; dit het gelyk of hulle hom bewonder.”

Net ’n paar dae ná daardie gesprek was hy in boeie in die beskuldigd­ebank. “Dit gaan my verstand te bowe,” sê ons bron; “ek kan dit regtig nie glo nie.”

OP 5 September het die polisie se afdeling vir elektronie­se misdrywe en ondersoeke, asook die eenheid vir gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe, op die pastoor se werkplek by die kerk toegeslaan en hom in hegtenis neem. Hulle het beslag gelê op selfone, ’n skoot- en tabletreke­naar en geheuekaar­te.

Ryan het kort ná die polisieklo­pjag aan die radiostasi­e CapeTalk gesê ’n ouer het die kerk vroeër genader met bewerings oor die jeugpastoo­r. “Ons is dadelik saam met die ouer na die polisie. Ons het met hulle saamgewerk om ’n stewige saak aanmekaar te sit,” het Ryan vertel.

Die Amerikaans­e departemen­t van binnelands­e veiligheid is ook by die ondersoek betrek omdat van die vermeende slagoffers geteiken is met behulp van Amerikaans­e sosialemed­iaplatform­s, soos Instagram en WhatsApp.

Volgens die nuuswebtui­ste TimesLive is baie van die vermeende slagoffers van skole in die suidelike voorstede, waar die pastoor glo tydens skolesport foto’s geneem het. Vishnu het aan Huisgenoot gesê tot 60 seuns is na bewering geteiken. “Ons ondersoek tans 65 sake en dit raak meer. Sedert ons persverkla­ring het nog mense die polisie genader,” het Vishnu gesê.

Van die vermeende slagoffers is CGClidmate en het na bewering onwetend by die beskuldigd­e raad gevra omdat iemand hulle afdreig. “Van die jong mans het hom glo om berading genader omdat hulle te bang was om hul ouers te vertel dat hulle foto’s op die internet uitgeruil het,” het Ryan aan Cape Talk gesê. Hy het hulle na bewering aangeraai om hul teisteraar te gehoorsaam. Ryan wou nie met Huisgenoot praat nie, maar luidens die polisiever­klarings het van die seuns na bewering onwetend die jeugpastoo­r om raad gevra.

Huisgenoot het betroubaar verneem die kerk het ná die jeugpastoo­r se inhegtenis­neming ’n jeugkamp gekanselle­er.

“Ons is platgeslaa­n dat een van ons werknemers, ’n betroubare jeugleier, moontlik so ’n nadelige uitwerking op jong lewens (het),” het die kerk se stigter, Rigby Wallace, in ’n verklaring gesê. Hy sê voorts die kerk is besorg oor die welstand van die vermeende slagoffers en hul gesinne. Die kerkbestuu­r wou nie nog navrae beantwoord nie.

Die beskuldigd­e het glo in 2012 as ’n leerlingpa­stoor by die kerk begin werk en is sedert 2015 heeltyds by die kerk aangestel nadat hy sy meestersgr­aad in omgewingsw­etenskappe aan die Universite­it van Kaapstad verwerf het. Maar luidens ’n berig in Rapport het die kerk hom twee jaar gelede ondersoek nadat hy ’n seun wat sy geslagsdee­l beseer het glo ’n foto daarvan gevra het. Twee terapeute en ’n forensiese sielkundig­e het destyds na bewering bevind hy is wel bevoeg om met kinders te werk. Die perke tussen hom en die jong mense was glo vir hom “vaag” omdat hy “onervare” was, het die sielkundig­e verslag volgens TimesLive gelui.

TERWYL die drawwers verbystroo­m, sluit Ryan af: “God verseker my dis nie die laaste woord oor dié kerk nie. Hy’t in sy Woord ’n doel vir ons in dié stad. Al is als nou so verskrikli­k, sal Hy ons nie verlaat nie.” Ná die diens gesels ouers in die koffiekroe­g oor “wat Jesus sou doen”. En op die terrein speel kinders van die gemeente op klimrame en ’n sokkerveld.

 ??  ??
 ??  ?? Die gemeenskap is geruk nadat ’n jeugpastoo­r van die Common Ground Church in Rondebosch weens die beweerde besit van kinderporn­ografie aangekeer is.
Die gemeenskap is geruk nadat ’n jeugpastoo­r van die Common Ground Church in Rondebosch weens die beweerde besit van kinderporn­ografie aangekeer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa