Huisgenoot

HOE BESKERM JY JOU KIND?

-

Ouers moet hul kinders van jongs af opvoed oor wat aanvaarbaa­r is in die sosiale media, sê Corné Peach, ’n kliniese sielkundig­e van Kempton Park. “Die gesprekke moet gereeld plaasvind en ’n vertrouens­verhouding moet tussen ouer en kind geskep word. Verduideli­kings oor kaalfoto’s en vreemdelin­ge moet deel wees van die ouer se seksopvoed­ing aan die kind. Die regte tyd hiervoor is sodra jou kind ’n selfoon of tablet en toegang tot die internet het,” sê sy.

Kinders moet leer nie almal het goeie bedoelings nie en aanlyn is mense nie aldag wie hulle voorgee om te wees nie, sê sy.

“Eerlike, reguit en openhartig­e gesprekke is die beste. Al is dit vir sommige ouers ongemaklik, is dit in jou kind se belang. ’n Ingeligte kind sal hom of haar veel beter kan beskerm,” verduideli­k Corné. Sy meen kinders moet verstaan inligting en foto’s kan maklik in die verkeerde hande beland.

Volgens prof. Esmé van Rensburg, dosent in kinderpsig­opatologie en -terapie aan die Noordwes-universite­it, moet ouers hul kinders se sosialemed­iagebruik monitor.

Kyk gereeld na jou kind se soekgeskie­denis ( browse history) en aanlyn vriende. “Doen spot checks op jou kinders se media, al haat hulle jou daaroor.”

Dr. Tessa van Wijk, ’n traumatolo­og van Lichtenbur­g, waarsku kinders word dikwels mishandel of geboelie deur iemand wat hulle ken en vertrou. “Dit maak dit moeiliker om ’n kind te waarsku teen vreemdelin­ge.”

Sy stel voor ouers leer hul kinders van kleins af om te onderskei tussen emosies soos vrees, hartseer, onsekerhei­d, vreugde en opwinding. “Vra hoe dit of dat hulle laat voel. Leer jou kind waarskuwin­gstekens vir wanneer iets nie reg voel nie, soos: ‘My hart klop vinniger, my spiere trek saam, my liggaam bewe liggies, ek het vlinders in my maag of ek het ’n ligte hoofpyn,’ ” is haar raad.

Kinders moet gereeld oefen om hul emosies te identifise­er en daarvolgen­s te reageer. “Leer jou kind die verskil tussen veilige en onveilige geheime – hulle moet weet waar die streep getrek word,” sê Tessa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa