Huisgenoot

LIEFDE LANGS DIE SEE

-

TOE sy die ouwêreldse ornamentel­e houtdeur oopmaak, groet Therese Benade gul, met die 11- jarige blinde steekhaarh­ond Timmy en die yorkie Pepe om haar voete. Sy is nog mooier as op TV. Sy straal, en aan haar sy is die man met wie sy oor vyf weke trou. Hy is Christian Bam (50), wat naam gemaak het as een van ons land se voorste argitekte. Therese (40), ’n liefling van Afrikaanse TV, is deesdae voor en agter die skerms betrokke by kykNET se aktualitei­tsprogram Kwêla.

Dis waar hy haar die eerste keer gesien het, vertel Christian. Sy het vir die program ’n onderhoud gevoer met sy vriend Niël du Bois van die restaurant­groep De Vette Mossel oor dié se kookboek. “Dis my girl daai,” het hy gedink. En heel toevallig was sy ’n paar weke later by die boek se bekendstel­ling op die Beyerskloo­f-wynlandgoe­d naby Stellenbos­ch. “Ons het lekker gesels. Dit was alles so gemaklik,” onthou Therese.

Ons stap gou van die paartjie se moderne ontwerpers­huis af rotse toe, want dit is waar die towerkrag van Llandudno aan die Atlantiese Oseaan lê. “Moet ek my swembroek saambring?” spot Christian in die snerpende koue terwyl die wind stormsterk woed. Therese se twee hondekinde­rs moet bly, want hulle sal wegwaai.

“Dis seker die tweede keer dat ons saam rotse toe stap,” vertel Christian. Hulle woon al sedert Januarie hier, maar weens albei se druk werkprogra­m is tyd skaars. Hulle kon ook nog net drie partytjies inpas by die huis met sy asemrowend­e uitsig. “Dis ons honey

moon- huis. Ongelukkig het ons dit net vir ’n jaar. Dan moet ons skuif,” vertel Therese. Hulle hoop om dan ’n ander plek in die omgewing te huur.

Sal Christian dalk vir hulle ’n huis ontwerp en laat bou? “Ons sal sien. Dit moet lekker wees om dit te doen, anders is dit werk,” laat hoor die argitek.

Donker wolke op die horison kom ál nader, maar dis allesbehal­we simbolies van hul verhouding. Die son breek gedurig deur en verf ligstrale oor die branders.

Daar is klein tornado’s op die seeoppervl­ak. Dis asof die elemente spesiaal vir ons ’n opvoering hou. “Ek mis toneelspel,” erken Therese terwyl ons terugstap.

Sy was geliefd as die rissiepit- kelnerin en titelkarak­ter in die TVdramaree­ks Song vir Katryn en gehaat as die feeks Astrid in die sepie Villa Rosa. Die ander dag het t ’n kelner haar herken en gesê: “I know w you. You work at home affairs,” vertell sy. Hy het gepraat van die veelbekroo­nde SABC1-drama Home Affairs, waarin sy die rol vertolk het van ’n gekwelde, mishandeld­e vrou wat terugveg. “Vroue het my al bedank vir daardie rol omdat hulle deur soortgelyk­e situasies gegaan het,” vertel sy.

En op die Kaapstadse Internasio­naleale Lughawe het iemand Christian onlangs op die skouer geklop met: “Wat doen jy met my meisie?” Dit was die sanger Valiant Swart, wat in 2003 die romantiese held, Jinx, gespeel het in Song vir Katryn.

“Dis die eerste keer dat ons saam ’n onderhoud toestaan,” vertel sy later oor ’n glas wyn langs die smal swembad wat insmelt by die blouselsee daar doer. “Hy is so gemaklik daarmee dat ek in die kollig is. Wanneer ons gesellighe­de bywoon, hoef ek nie bekommerd te wees oor hom nie. Hy gesels lekker

en maak vriende.”

ORAL in die huis vorm opgestopte diere deel van die dekor: ’n ibis, ’n uil en uitheemse voëls in ’n hout-englaskas. Christian vertel hy het dit by plekke in Woodstock gekoop.ge “Ek het nie ’n fetisj nie, maar glo dit bewys respek aan diere dat jy hulle nien tot niet laat gaan nie en alles aan hulle gebruik.” Om diédi rede is die kop van ’n eland en ’n gemsbokgem wat hy in Noordwes naby Ventersdor­pVente gejag het op spieëls met liggieslig­gi in die rame gemonteer. “Dis IgnatiusIg­n en Nimrod,” merk Therese op.op “Ons vergeet wie is wie.” VanV die ander elemente in die huishu is ’n ry houteende met stapstewel­s,ste ’n oopvoukroe­g en muurpanele­pan wat Christian verlede jaar uit In Indië en Nepal saamgebrin­g het. Hy en Th Therese het ook verlede jaar met ’n Honda Gold Wing-motorfiets van New YorkY k aff al met die Amerikaans­e Ooskus langs getoer. By die huis rits hulle graag op sy KTM 1190 rond. “Ek was darem al ’n biker chick voor ek hom ontmoet het,” vertel Therese, wat op Estcourt in KwaZulu-Natal grootgewor­d het. Christian was ’ n pastoriese­un in die Kaapse middestad. Therese het in Julie 2014 Kaapstad toe getrek om ’n werk as veldaanbie­der en inhoudsver­vaardiger by Kwêla te aanvaar. “Aan die begin van my loopbaan was ek ’n hippie. Ek het nie geweet wat op my wag nie, maar is oor niks spyt nie.” Haar een droom is om eendag ’n rolprentwe­ergawe van Dalene Matthee se Susters van Eva te maak, dalk met Charlize Theron in haar eerste Afrikaanse rol as Jessie . . .

Therese het eers in Kleinbosch in die noordelike voorstede van Kaapstad gebly en ’n jaar later by haar ma, Leonora (73), in Lakeside naby Muizenberg gaan woon. En aan die begin van vanjaar het sy saam met Christian hier ingetrek.

Hulle het op 1 Desember verlede jaar verloof geraak in die Cape Grace-hotel in die V&A Waterfront in Kaapstad. “Christian het my heeltemal onkant gevang. Hy het ’n Woolies-sakkie by hom gehad met my gunsteling­parfuum, My Burberry Black, daarin. En toe is daar nog ’n geskenk: die ring,” vertel sy. “Dit was ’n tranedal. Ek wou in die restaurant opspring en skree: ‘I got engaged!’ ”

Dit sal Christian se tweede huwelik wees. “Ek het nie uit my pad gegaan om weer iemand te vind nie. Die belangriks­te is om ’n geleenthei­d te herken wanneer jy dit sien en dit dan met albei hande aan te gryp,” sê hy. “Sy is beeldskoon. Sy is gemaklik met haarself en die wêreld se mees down to earth- mens. En sy maak baie lekker kos,” besing hy sy aanstaande se lof.

“Christian is die eerste een wat regtig my kos waardeer, maar ek het dadelik geweet hy is my droomman,” sê Therese.

“Hy is standvasti­g, iemand op wie ek trots is en vir wie ek respek het. Hy het ’n humorsin en ons gesels en kuier lekker. Hy is sexy. Ek het honde en ’n huisie; nou kort ek nog net ’n kind en ’n kat . . . Ouer ouers is meer gevestig en dalk rustiger. Ek vermoed ons sal terugsit en kyk hoe hulle self ontwikkel en groei,” sê sy oor hul toekomsdro­me.

Hulle trou op 21 Oktober op die Saronsberg-wynlandgoe­d by Tulbagh. “Die wyn is lekker en daar is genoeg verblyf vir al ons familie,” vertel Christian. “Terwyl ’n mens jonk is, is jy baie idealistie­s en plaas jy druk op jouself dat alles perfek moet wees. Maar wanneer jy ouer is, wil jy die dag net geniet,” sê Therese.

En die wittebrood? Dit gaan vir haar ’n verrassing wees.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die aktrise en aanbieder Therese Benade en die argitek Christian Bam haak in Oktober af. ONDER: Knus teen die Kaapse wind en weer opp die rotse van Llandudno.
HOOFFOTO: Die aktrise en aanbieder Therese Benade en die argitek Christian Bam haak in Oktober af. ONDER: Knus teen die Kaapse wind en weer opp die rotse van Llandudno.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Kort nadat hulle verloof geraakr het in die C Cape Grace-hotel. INLAS:IN Die ring. ONDER:O Die verloofdes­lo in hul sitk kamer omring deur opgestopte diere en houteende. REGS: Hul huis in Llandudno. REGS ONDER:O Therese houho van kook vir ChristianC­h en hy is gekge oor haar kos.
LINKS: Kort nadat hulle verloof geraakr het in die C Cape Grace-hotel. INLAS:IN Die ring. ONDER:O Die verloofdes­lo in hul sitk kamer omring deur opgestopte diere en houteende. REGS: Hul huis in Llandudno. REGS ONDER:O Therese houho van kook vir ChristianC­h en hy is gekge oor haar kos.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa