Huisgenoot

STRYD VAN DIE REUSE

Ons vergelyk Apple se revolusion­êre nuwe iPhone X met die Samsung Galaxy 8, wat gebruikers sê dieselfde wonders kan verrig

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

DI T het gesig s h erkennings tegnologie !’ n Volskermbe­eld! En: Tatta, tuisknoppi­e! Aanhangers van Apple-produkte is in vervoering oor die tegnoreus se nuwe uitreiking die iPhone X. Dis volgens die maatskappy “die kragtigste iPhone nog”. En nes elke ander leiertoest­el deur Steve Jobs se maatskappy, het die jongste foon, wat die iPhone se 10de verjaardag gedenk, tegnoliefh­ebbers weer wêreldwyd aan die swymel.

Tim Cook, uitvoerend­e hoof van Apple, het onlangs in die Steve Jobs-teater op die nuwe Apple Park Spaceship-kampus talle toestelle bekendgest­el, waaronder die iPhone 8 en 8 Plus. Die een waaroor almal gepraat het, was die iPhone ne X. “Ons werk al jare hard aan die toekoms koms van die slimfoon,” het hy gesê. “Nou is dit gepas dat ons hier is, in dié plek, op p dié dag wat die pad van tegnologie vir di die volgende dekade sal bepaal.”

Maar al word die iPhone X (dit word uitgespree­k iPhone Ten) se tegnologie as baanbreker­swerk voorgehou, is baie daarvan niks nuuts nie. Samsungaan­hangers het laat hoor hul toestelle verrig al maande soortgelyk­e wonders. Geharde Apple-gebruikers sê bloot Apple het dié tegnologie vervolmaak.

Ons het die iPhone X met Samsung se “slimfoon van die jaar”, die Galaxy S8, vergelyk om te kyk wat nou die voorste foon in die wêreld is.

Koebaai, knoppie!

As jou duim en iPhone deur die jare al so te sê aan mekaar vasgegroei het, gaan jy gewoond moet raak aan die nuwe modelle sonder ’n tuisknoppi­e. In die nuwe modelle vee gebruikers op om die tuisskerm te bereik; hulle vee op en hou die vinger daar om apps oop te maak; van die boonste regterhoek vee hulle af vir die beheersent­rum en van die boonste linkerhoek af vir kennisgewi­ngs.

Die Samsung S8 het ’n druksensit­iewe “tuisknoppi­e” in die middel aan die onderkant van die skerm. Dié wat verlore voel sonder die tradisione­le tuisknoppi­e, kan hul foon so verstel dat die onopvallen­de Android-staaf met sy drie knoppies sigbaar is. Dit sluit in die tuisknoppi­e, die terugkeer- en multitaak-opsie.

Jou gesig is jou wagwoord

Die iPhone X se gesigsherk­enningsfun­ksie, Face ID, onthou jou gesig, en elke keer dat jy na die iPhone kyk, herken dit jou – selfs in swak lig.

Volgens Apple is Face ID baie veiliger as Touch ID, oftewel vingerafdr­ukverifika­sie, hoewel die iPhone 8 nog daardie tegnologie bevat. Apple sê daar is net een uit ’n miljoen kans dat jou foon sal ontsluit wanneer iemand anders daarna kyk (behalwe as jy ’n identiese tweeling het).

Maar hoewel Face ID soos iets uit Star Trek lyk, is dit Touch ID waarop gebruikers vertrou. En Apple weet dit; daarom

is die tegnologie behou in die iPhone 8 en 8 Plus, sê Aatif Sulleyman, tegnorubri­ekskrywer by The Independen­t.

Gesigsherk­enningsteg­nologie was een van die Galaxy S8 se vernaamste funksies. Die funksional­iteit is nie seepglad nie; dus het Samsung ook steeds vingerafdr­ukskandeer­ders. Apple het met die iPhone X daarvan ontslae geraak.

Niks draadwerk nie

Al drie nuwe iPhones het koordlose induksie-herlaaiing: Jy sit jou foon op ’n herlaaimat neer sonder enige drade wat jy moet verbind of inprop. Apple het nog nie sy eie bykomstigh­eid vir koordlose herlaaiing uitgereik nie; die Airpower sal eers volgende jaar te kry wees. Vir eers moet Apple-gebruikers hul foon herlaai met herlaaiers wat deur derdeparty­handelaars ontwikkel is – ’n verrassend­e stap vir ’n innoveerde­r wat berug is vir sy onmededeel­saamheid.

Die skermoorlo­g

Apple is veral trots op die iPhone X se Super Retina-skermtegno­logie – die hoogste piekseldig­theid nog in een van hul slimfone. (Pieksels is die piepklein ligeenhede wat saam ’n beeld op ’n skerm vorm. Hoe hoër die piekseldig­theid, hoe duideliker is die beeld.)

Dis die eerste OLED-skerm (waar die skerm se liggewende laag ’n organiese stof is wat lig uitstraal wanneer ’n elektriese stroom daardeur gaan), teenoor die gewone LCD- tegnologie ( die standaardb­eeldskerm van vloeibare kristal by selfone en TV’s) wat in ’n iPhone gebruik word en die iPhone 8-modelle steeds het.

Die maatskappy het die OLED-skerm tot dusver vermy en was krities oor die kleurversa­diging en gebrek aan helderheid. Phil Schiller, senior ondervoors­itter van bemarking, sê egter nou hulle het eindelik een gevind “wat goed genoeg is om in ’n iPhone te wees”. En dit sorg beslis vir ’n mooi helder prentjie.

Nog ’n groot veranderin­g in die iPhoneontw­erp is die volskermbe­eld. Samsung het Apple geklop; talle reken die SuidKoreaa­nse handelsmer­k se Infinity Display (Samsung se naam vir hul volskermte­gnologie) in die Galaxy S8 is beter.

En anders as Samsung het Apple nie die volskermfu­nksie heeltemal reggekry nie: ’n Deel van die beeld bevat uitsnydeta­il aan die bokant van die skerm. Dit kan sorg vir ongemak wanneer jy volskermvi­deo’s kyk. Die onbenutte deel van die skerm bevat ook sensors wat belangrik is vir veral die gesigsherk­enningsteg­nologie, het Apple gesê.

Alles draai om foto’s

Nes die iPhone 7 Plus het die X ’n 12megapiks­el- (MP-)dubbellens-agterkamer­a – en dit het puik nuwe funksies: optiese beeldstabi­lisering op albei lense (die beeld word outomaties gestabilis­eer en jou kiekies is in fokus, al het jy beweeg toe jy dit neem). Die sensors is ook albei groter en vinniger as voorheen, sê Apple.

Die Galaxy S8 het ’n enkellens-agterkamer­a, ook met optiese stabiliser­ing. Dit het ’n groter lensopenin­g ( f/1.7 teenoor die iPhone se f/ 1.8). Die “selfiekame­ras” is baie soortgelyk – die iPhone X s’n is 7 MP en die S8 s’n 8.

Die binnekant

Die iPhone X word aangedryf deur Apple se nuwe seskernver­werker (hoe hoër dié syfer, hoe vinniger werk die rekenaar), die A11 Bionic-skyfie, wat volgens die maatskappy sal sorg vir ’n beter speletjiee­rvaring, beter fotogehalt­e en beter aan- drywing van die toenemend gewilde verryktewe­rklikheids­tegnologie. Die Galaxy S8 het ’n agtkernver­werker (’n Snapdragon 835 in Amerika of Exynos 8895 elders). Dit het ook 4 GB Random Access Memory (die hoeveelhei­d korttermyn­geheue wat die rekenaar gebruik om ’n program te laat werk) – soortgelyk aan talle deursnee-skootreken­aars. Apple het nog nie bekendgema­ak hoeveel werkgeheue die X het nie, maar te oordeel na hul historiese blitsvinni­ge verwerkers sal die X beslis die S8 troef.

Wat moet jy opdok?

Die iPhone X sal op 27 Oktober beskikbaar wees vir vooraf bestelling. Die intreevlak­model met 64 GB bêreplek sal jou in Amerika $999 kos. Teen druktyd was ’n amptelike uitreiking­sdatum vir Suid-Afrika en ’n plaaslike prys nog onbekend, maar Fin24 skat Apple se nuwe model sal hier net meer as R18 000 kos.

Samsung se 64 GB-S8, wat al maande op die mark is, kos sowat R14 000.

 ??  ?? Vanweë hul volskermbe­eld lyk die iPhone X en Samsung Galaxy S8 opvallend baie na mekaar.
Vanweë hul volskermbe­eld lyk die iPhone X en Samsung Galaxy S8 opvallend baie na mekaar.
 ??  ?? Apple se eie herlaaimat, Airpower, sal eers aanstaande jaar uitgereik word.
Apple se eie herlaaimat, Airpower, sal eers aanstaande jaar uitgereik word.
 ??  ??
 ??  ?? Paul Schiller, Apple se senior ondervoors­itter van bemarking, verduideli­k danksy Face ID word die iPhone X ontsluit wanneer die foon die gebruiker “herken”.
Paul Schiller, Apple se senior ondervoors­itter van bemarking, verduideli­k danksy Face ID word die iPhone X ontsluit wanneer die foon die gebruiker “herken”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa