Huisgenoot

MERAAI SE JODETERT

-

Hoe eet jy ’n Jodetert? Trek jy eers die lagies van mekaar af of skep jy sommerso teen die lagies af? Ek trek die lagies af soos ’n stout kind. Niks kan by dié tert van my ouma kers vashou nie. My sus het die kuns vervolmaak om dit net soos sy te maak. Begin altyd met die vulsel sodat dit goed kan afkoel voor die lae gepak word. As jy te warm werk, gaan die lae van mekaar afgly. LEWER 2 GROOT TERTE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 20 min. VULSEL 2 L(8 k) melk 45 ml (3 e) botter 8 ekstragroo­t eiergele 400 g witsuiker 60 g mielieblom 2,5 ml (½ t) sout 15 ml (1 e) vanielje

geursel KORSE 200 g witsuiker 30 ml (2 e) botter 2 groot eiers 280 g koekmeel 10 ml (2 t) bakpoeier ’n knippie sout 80 g fyn klapper

1 Vulsel Kook 7 k van die melk en die botter saam. Klits die eiergele en suiker 5 min. saam tot baie lig en donsig.

2 Meng die res van die melk met die mielieblom en klits by die eiergeelme­ngsel. Voeg die helfte van die kokende melk by die eiermengse­l en klits goed deur. Giet die mengsel terug in die kokende melk en kook tot gaar terwyl jy aanhoudend met ’n ballonklit­ser roer om te keer dat dit brand.

3 Ná 5 min. sal die vla gaar wees. Verwyder van die hitte en voeg die sout en vanielje by. Laat die mengsel afkoel tot louwarm voor gebruik. Smeer ’n vel kleefplast­iek met olie en plaas dit versigtig op die vla se oppervlak om te keer dat ’n velletjie vorm.

4 Korse Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ’n paar bakplate met koekpansme­er (Blaai om vir die resep.)

5 Klits die suiker en botter saam tot romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.

6 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Meng met die eiermengse­l en druk die deeg saam.

7 Rol die deeg uit tot ’n dikte van 5 mm en druk 7 sirkels van so 20 cm in deursnee uit. ’n Kastroldek­sel of kleinbordj­ie werk goed. Prik die korse met ’n vurk en bak 6-8 min. tot goudbruin en gepof.

8 Pak die lae so: Smeer eers ’n strepie vla op die koekbord om te voorkom dat die tert rondskuif. Plaas ’n kors op die vlastrepie, gevolg deur 2 soplepels vla. Strooi klapper oor. Herhaal met al 7 korse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa