Huisgenoot

SJOKOLADEK­OEKIES

-

Elke Kerstyd het ons ongeloofli­k baie van dié koekies gebak. Die koekie is bros, met ’n heerlike donkersjok­oladeganac­hevulsel. Elke koekie is dan met rooi, wit en groen strooisels getooi. Natuurlik was moeder maar kwaai met ons, want ons kon nie ophou aan die lepel lek nie. Omdat die deeg in die voedselver­werker gemeng word, het jy heerlike happies in ’n kits. Vir variasie kan die koekies net in gesmelte sjokolade gedoop word. LEWER 30 KOEKIES Bereiding: 12 min. Gaarmaak: 8-12 min. 230 g botter by kamer

temperatuu­r 50 g strooisuik­er 5 ml (1 t) vanielje-

geursel 280 g koekmeel 60 g mielieblom 60 g kakao ’n knippie sout GANACHE 250 ml (1 k) room 15 ml (1 e) botter 500 g donkersjok­olade,

grof gekap koekstrooi­sel Voorverhit die oond tot 160 ºC en berei vier bakplate met koekpansme­er. (Blaai om vir die resep.)

1 Klits die botter en strooisuik­er saam tot lig en donsig. Voeg die vanieljege­ursel by en klits goed deur.

2 Sif die koekmeel, mielieblom, kakao en sout saam. Meng die meelmengse­l by die bottermeng­sel in en druk bymekaar sonder om die deeg te oorwerk.

3 Meet die deeg af in 15 ml-bolletjies en rol dit mooi rond. Plaas die bolletjies 3 cm uitmekaar op die bak- plate. Gebruik ’n koeldrankd­oppie van ongeveer 2,5 cm in deursnee en druk ’n holte vir die ganachevul­sel in die middel van elke bolletjie. Druk taamlik diep, maar nie heeltemal deur nie.

4 Bak die koekies 8-12 min. Druk sodra die koekies uit die oond kom weer die koeldrankd­oppie in die holtes om die gaatjies netjies oop te maak. Laat goed afkoel op ’n draadrakki­e voor dit met ganache gevul word.

5 Ganache Verhit die room en botter 1-2 min. in die mikrogolf; kyk ná elke 30 sek. dat die room nie kook nie. Giet die sjokolade by en roer stadig tot gesmelt. Skep die holtes vol ganache. Versier met die koekstrooi­sel. Laat goed afkoel en bêre in ’n lugdigte houer in die yskas.

 ??  ?? (Blaai om) (Blaai om)
(Blaai om) (Blaai om)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa