Huisgenoot

STEM VAN DIE NATUUR 2.0 Y

As jy moeg word vir die lewe in die stad, is hierdie prettige en leersame apps net die ding vir ’n wandeling

- Saamgestel deur LINDSAY DE FREITAS -

DIS lente, die veld is vrolik en die buitelug roep. Dis waar jy kan wegkom van alles, ook die tegnologie wat jou lewe oorheers. Tog is daar goeie redes om jou selfoon in jou rugsak te pak wanneer jy met vakansie gaan of die buitelug ervaar. Kyk net na dié apps waaruit jy kan kies om jou uitstappie nog lekkerder te maak.

iNATURALIS­T Beskikbaar op Android en Apple

Koste: Gratis

Krap jy kop oor of jy pas ’n grys horingbekv­oël of ’n boskraai gesien het? Dié app sal jou help. Jy kan foto’s van die dier, insek en plant wat jy teëkom met die iNaturalis­t-gemeenskap deel en terugvoer kry. Al wat jy moet doen, is om die foto op te laai en ’n beskrywing soos “voël” of “plant” daarby te plaas. Die app verwerk dan jou ligging en stel jou foto aan ander gebruikers beskikbaar sodat hulle jou identifika­sie kan bevestig, die soektog kan verklein of dit kan betwis. HOEKOM DIT NUTTIG IS: iNaturalis­t is ’n wonderlike manier om ’n onbekende dier of plant te identifise­er of om ’n interessan­te vonds met ander buitelugge­esdriftige­s te deel. Voor jy ’n staproete kies, kan jy ’n kaart nagaan om te sien waar ander gebruikers ongeloofli­ke waarneming­s gemaak het sodat jy in hul voetspore kan volg. Jy kan die app ook as notaboek gebruik om jou avonture aan te teken.

ALL TRAILS Beskikbaar op Android en Apple

Koste: Gratis

Dié app gebruik jou ligging en wys jou dan al die roetes in die omgewing. Met meer as 50 000 om uit te kies vir stap, fietsry en meer, sal jy beslis die volmaakte een vind. Nadat jy jou keuse gemaak het, bied die app onder meer aanwysings na die beginpunt,p die afstand van die roete, asook k ’ n topografie­se e kaart daarvan.

HOEKOM DIT NUT

TIG IS: Jy kan deur graderings en resensies van die roete blaai en selfs foto’s van jou ervaring deel. Die app stel jou in staat om jou foon in ’n GPS-opspoorder te omskep sodat jy die roete reg volg en nie verdwaal nie.

YONDER Beskikbaar op Android en Apple

Koste: Gratis

Y onderY d h het twee hoofkompon­ente: ’n Instagram-soort profielafd­eling waar jy jou buitelugav­onture met ’n wêreldwye netwerk kan deel deur ’n foto te plaas met geomerkers oor liggings besonderhe­de en’ n kort beskrywing daarby. Met die tweede element van die app kan jy in ander Y onder-ontdekking­sreisigers se voetspore volg deur GPS en ’n kaart te gebruik. Jy kan ook reageer op ’n foto wat gedeel is deur dit weer te deel, dit by jou gunsteling­e te voeg, daarheen te navigeer of daarop kommentaar te lewer.

HOEKOM DIT

NUTTIG IS: Dis ’n wonderlike manier om uit te vind oor nabygeleë staproetes en bied ook ’n geleenthei­d om met ander buitelugge­esdriftige­s kontak te maak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa