Huisgenoot

AANGETROUD­E FAMILIE SWYG OOR PILLE EN DRANK EKS BESWADDER HAAR BY KINDERS

- LIEWE ELIZE As jy ’n persoonlik­e probleem het, skryf gerus aan Liewe Elize, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of elize@huisgenoot.com. Of SMS LIEWE ELIZE gevolg deur jou vraag na 36489. Elke SMS kos R1.

‘Mense volg uit onkunde oor verslawing die maklike uitweg’ – ELIZE

’n Familielid is aan pynpille en kalmeermid­dels verslaaf. Haar gesinslede weet daarvan, maar gee voor dis niks. Sy gebruik nievoorskr­if-pynpille en hulle koop selfs vir haar daarvan. Iemand verskaf ook wederregte­lik kalmeermid­dels aan haar en sy gebruik dit saam met drank.

Selfs die uitgebreid­e familie is daarvan bewus, maar niemand sê iets nie.

Die probleem is hulle is ’n hegte gesin; ek is die buitestand­er (aangetroud­e familie). Doen ek iets, sal hulle my verwyt.

Ek is bang vir wat kan gebeur, want dit kan konflik veroorsaak. Maar sy moet gehelp word. YGN op RR Jy is nie die soort mens wat van die probleem kan wegstap nie. Daar is ook geen manier om die saak te besleg sonder om iewers konflik te veroorsaak nie.

Jou familielid het dringend hulp nodig. Met dié soort dubbele verslawing neem gesinslede nie die gevolge vir haar gesondheid, soos nier- en lewerversa­king, in ag nie. Hulle volg dikwels uit onkunde die maklike uitweg, maar ook omdat die verslaafde emosionele probleme het wat hulle nie wil takel nie.

Dis ’n misdaad om voorskrifm­edisyne sonder ’n voorskrif aan ’n pasiënt uit te reik. ’n Klag behoort teen die skuldige ingedien te word, want jou familielid is moontlik nie die enigste een wat hieronder ly nie.

Bespreek die saak vertroulik met die toesighoue­r waar die misdaad plaasvind. Vind ook by jou eie geneesheer nog oor verslawing uit sodat jy die res van jou familie oor die gevolge van hul optrede kan inlig en julle die probleem met mediese leiding kan oplos.

Kontak die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad teen Alkoholism­e en Dwelmafhan­klikheid by 021-919-9558 vir nog inligting. Ek is al ’n paar jaar van my kinders se pa geskei. Hy het weer getrou. Terwyl ons egskeiding afgehandel is, was daar baie verbale mishandeli­ng. Hy maak my ook al jare sleg by die kinders. Hy wil nooit rede verstaan oor hoe negatief sy valse aantygings hul lewe raak nie. Al is hulle reeds volwassene­s, maak sy optrede hulle seer en ek weet nie wat om daaraan te doen nie. Die egskeiding was op my aandrang. MM op SA Jy is wys om nie die uitwerking van jare se emosionele misbruik op jou kinders te onderskat nie. Jou eks kan ’n narsisties­e persoonlik­heidsteuri­ng hê. Hy neem nie sy kinders se gevoelens in ag nie. Hy wil ’n reaksie ontlok en sal enigiets doen om dit te kry.

Kinders leer hoe om dié hatige wispelturi­gheid te verwerk, maar teen ’n prys. Vrees oorheers hul verhouding met so ’n ouer. Sedert jy van hom vry is, het jy sterker en slimmer geword om as enkelma te kon oorleef. Jou kinders het jou selfgelden­d sien optree om hul geluk te waarborg. Dis ’n troos.

Hoe kan jy hulle aanhou beskerm? Deur finaal van sy invloed weg te stap. Woede en frustrasie is kos vir hom. Deur hom die geleenthei­d te ontneem om reaksies te ontlok pas jy jouself en jou kinders op. Jy kan hom nie beheer of verander nie, maar kan genees word van sy invloed. Hoe gesonder jou emosionele lewe is, hoe beter vir jou kinders.

Vergewe jouself vir die egskeiding. Jy kon nie voorsien het dat hy ’n emosionele terroris sou wees nie. Die veilige, ondersteun­ende omgewing wat jy aan jou kinders gebied het, sal ’n verskil maak. Hulle sal wel by berading baat vind, want kinders van narsiste dra dikwels as volwassene­s stilweg diep wonde en het leiding nodig om vorentoe gesonde grense te stel.

GRAFSTIL NÁ AANDJIES SAAM

Wat verg dit van ’n man om die dag ná ’n spesiale afspraak te bel en iets te sê oor wat tussen julle gebeur het? Ek en my geliefde bring dikwels ’n besonderse tyd saam deur. ’n Dag of twee daarna is dit dan grafstil van sy kant af. Ons woon nie saam nie, maar het al lank ’n verhouding. Dit frustreer my, want ek verwag meer. AE op KL Met party verhouding­smaats moet ’n mens oplet na wat hulle doen en nie na wat hulle sê of nie sê nie. Gee hom die voordeel van die twyfel. Vra jou af: Wil hy eerder saam met jou wees as enigiemand anders? Is hy beskermend teenoor jou?

Neem die inisiatief en stuur die dag ná ’n afspraak eerste vir hom ’n SMS. Eindig met ’n vraag waarop hy moet antwoord. Die liefde het ’n lang leerkurwe.

SPORTDROOM NAJAAG OF PA SPEEL?

My seun is ’n gewilde sportman en pas klaar met skool. Hy het ’n meisie swanger gemaak, maar wil nie met haar trou nie. Hulle was nie in ’n verhouding nie. Hy moet oorsee gaan vir sy loopbaan. Hy kan sy sport nog net ’n paar jaar beoefen. Ek het hom goed grootgemaa­k en weet sy gewete gaan hom pla as hy haar en die baba net hier los. Sy wil die kind hou en het ’n groot familie. Watter raad gee ek hom? HH (SMS) ’n Mens loop nie van jou verantwoor­delikhede weg nie. Jou seun moet sy prioriteit­e regkry. Al wil hy nie met die ma van sy kind trou nie, het hy steeds ’n plig teenoor die kind om as ’n pa beskikbaar te wees. As ouma moet jy sterk leiding gee en hom dit op die hart druk dat hy sy loopbaan herbeplan. Maak ook seker hy stel met die hulp van ’n prokureur ’n formele ouerskappl­an op waarin onderhoud vir die baba en gedeelde toesig vasgestel word. Maak vriende met die meisie se ouers sodat jul gesinne ter wille van jul kleinkind kontak behou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa