Huisgenoot

Vaselinetj­ie

Drama. Met Marguerite van Eeden en Elzet Nel. Regisseur: Corné van Rooyen. 13TGV. Begin op 22 September.

- – LEON VAN NIEROP

Waaroor gaan dit?

’n Bruin ouerpaar maak ’n wit meisie in ’n bruin woonbuurt groot. Sy word dan na ’n kinderhuis in Johannesbu­rg gestuur, waar sy op die harde manier leer die lewe is nie vir sissies nie.

Wie sal hiervan hou?

Enigiemand wat die boek gelees het of dit as voorgeskre­we boek op skool het. Hoewel tonele verander of uitgelaat is om by die filmiese uitdagings en beperkings aan te pas, is Anoeschka von Meck se storie nog dieselfde. Wat Corné van Rooyen hier reggekry het, is om ’n kunsfliek op so ’n manier toeganklik vir die gewone mens te maak. Dis ’n intieme, delikate, simpatieke en ontroerend­e blik op die lewe van ’n verloorder wat eindelik ’n wenner word, al dink sy steeds sy verloor.

Die strak ooreenkoms tussen die dorre vlaktes en koppies rondom Springbok en die dorre menslike landskap van die skool in Johannesbu­rg word met treffende empatie uitgebeeld.

Die karakters praat soos regte jong mense en doen die soort dinge wat jonkwees so lekker, maar tog ook so ingewikkel­d maak.

René en Corné van Rooyen se draaiboek is kundig en ekonomies verwerk en aangepas om by die essensie van die verhaal te bly, maar is so filmies geskryf (en goed gekonstrue­er) dat dit die kyker in die prentjie hou en in die hart van die karakters inkom. En dan, die treffende kontras met die see – “water net waar ’n mens kyk”, om Vaselinetj­ie aan te haal. Die ironie van haar naam word ook dikwels uitgelig, en die menslike regie en filmiese aanslag maak dit ’n moetsien-rolprent.

Uitstekend­e spel van veral Marguerite van Eeden, Nicole Bond en Elzet Nel. Lees ook die boek om die gapings in te vul wat nie in ’n rolprent uitgebeeld kon word nie. Aangrypend, visueel getemper en nugter, maar altyd menslik.

Kyk nou of wag vir DVD?

Gaan kyk dit beslis in teaters.

Soortgelyk­e flieks

Roepman, Raaiselkin­d.

Springmiel­iefeite

Corné van Rooyen het 6 000 kinders in oudisies vir die praatrolle gesien.

Corné en René van Rooyen (wat die draaiboek geskryf het) is getroud.

Die fliek het die 2017-kykNET Silwersker­mprys vir beste rolprent gewen. Blaai na bl. 74 om nog oor die fliek se jong sterre te lees.

 ??  ?? Sittende van links is Melita Steyn (Loeloe), Marguerite van Eeden (ouer Vaselinetj­ie) en Elzet Nel (ouer Killer). Voor is Elani Dekker (ouer Pizzaface).
Sittende van links is Melita Steyn (Loeloe), Marguerite van Eeden (ouer Vaselinetj­ie) en Elzet Nel (ouer Killer). Voor is Elani Dekker (ouer Pizzaface).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa