AGTER DIE MASKER: ’N KOP VOL DEMONE
Die wêreld ken Robbie Williams as ’n stoutseun met ’n groot ego, maar sy windmakerige vertonings is net ’n skans vir sy angs, depressie en onsekerhede. In ’n fassinerende onderhoud probeer Krissi Murison hom ontsyfer
TUSSEN Robbie Williams se hotelsuite en die kamer langsaan is ’n reling met ’n wit laken daaroor gedrapeer. Dit lyk soos ’n skilderdoek. “Vir privaatheid,” lig ’n lid van sy geselskap my in. Selfs hier in Noorweë, waar Robbie die volgende aand in ’n stadion optree, is hy ’n enorme ster. Ek wag vir hom in die kamer langsaan. Hy kom saggies ingestap, kaalvoet, geklee in ’ n moulose hempie en lang kortbroek. Op 43 is hy steeds aantreklik, hoewel effens pofferiger as op sy reklamefoto’s. Sy pa, Pete, ’n voormalige kroegbestuurder en komediant, en dié se reusagtige brak, ’n Bernse Sennenhond met die naam Mr Showbiz OBE, vergesel hom. Ons word aan mekaar voorgestel en Robbie lei my agter die laken in na sy ruim suite.
“Ek is bly jy’s hier. Ek was baie verveeld,” sê hy. “Kom ek wys jou wat ek vandag gedoen het.”
Hy stap deur die vertrek en beskryf hoe sy dag tot dusver verloop het. Dit begin aan die ander kant by ’n venster wat wes uitkyk. “Ek het wakker geword en hier ’n sigaret kom staan en rook,” verduidelik hy. “Toe verbeel ek my ek sien ’n flits van daar af.” Hy wys na die oorkantse woonstelblok. “Toe raak ek paranoïes dat iemand my afneem. So . . .” Hy loop die lengte van sy suite na ’n ander venster. Dié een het ’n netgordyn voor. “Ek het die res van die dag in hierdie gedeelte deurgebring en hulle probeer uitvang.” Hy gaan lê uitgestrek op die vloer om te wys hoe hy in die ure daarna af en toe onder die gordyn deur geloer het.
Dit is nou vyfuur die middag. Het hy ooit die steelfotograaf gesien? “Nee,” erken hy. “Dit was waarskynlik net iemand wat ’n koffiemasjien aangeskakel het.”
’n Mens vermaak jouself wanneer jy in die tweede maand van ’n Europese toer is en in jou eie kop vasgevang raak.
“Ek het ’n vrees vir oop ruimtes,” kondig hy aan. “Ek het die hele toer nog nie my kamer verlaat nie.” Wat doen hy? “Ek
kyk heelwat video’s op YouTube. Ek bestee baie tyd daaraan om oor ateïsme en geloof na te dink. Nie dat ek al met iets konkreets vorendag gekom het nie.”
Wat is so erg aan die buitewêreld? “Ek wil chronies mense gelukkig maak. Dit lei tot ’n ergernis omdat almal my wil afneem en ek myself daarteen wil beskerm om heeltyd daaraan gehoor te gee. Ek haat dit om nee te sê, want ek wil nie hê hulle moet dink ek is ’n aaklige mens nie. En ek hou nie daarvan om ja te sê nie, want ek is sosiaal onbeholpe en elke liewe keer dat ek ’n vreemdeling ontmoet, voel vir my soos trauma.”
Regtig? Dis moeilik om daardie beskrywing te vereenselwig met die par- mantige tiener wat in die 1990’s in die popgroep Take That miljoene harte gebreek het. Die verwaande stoutseun wat in die Britpopjare van ’n skip gedros, sy hare gebleik en onder die invloed van ’n ton dwelms rondgekerjakker het. Die internasionale ster wat met die eeuwending moeiteloos die een solotreffer ná die ander ingeryg het (Angels, Rock DJ, Let Me Entertain You . . .) voor hy in 2002 ’n platekontrak van sowat R1,1 biljoen losgeslaan het met EMI. In daardie stadium was dit die grootste in die geskiedenis van Britse musiek. Dit strook ook nie met die Robbie wat eke pas ontmoet het nie – die een wat nogn nie ophou praat het nie.
“Ek is een vir vertoon,” sê hy skouerophalend.o “Ek vul ’n ruimte met iets, en daardied ruimte is soos almal se Facebookblad:b ’n kiekie van die beste brokkiesk van hul lewe. Dis wat ek probeer projekteer.p Ek het lank myself, en ander, probeerp oortuig ek is ’n grootkokkedoor. EkE het my verbeel ek is Zeus. Maar dis nien die werklikheid nie.”
As jy wil weet hoe onwerklik die projeksiepr is, kyk na sy nuwe biografie, Reveal.R Dis geskryf deur sy langtermynmedewerkerm die joernalis Chris Heath en is ’n opvolg op hul boek van 2004, Feel. DaarinD word die eerste keer onthul dat RobbieRo sy fabelagtige rykdom en roem as popsterpo moontlik nie ervaar soos dit vir mensem lyk nie.
In die jongste boek word heen en weer beweegbe in ’n tydperk van 10 jaar. Van 200620 – toe hy ná die grootste toer van sy loopbaanlo in selfopgelegde ballingskap in LosLo Angeles gaan woon het, depressief, onproduktiefon en tydelik afgetree – tot sy huidigehu bestaan as ’n gesinsman, ’n ou handha in die musiekbedryf en ’n bruisended mengsel ego, onsekerheid en onttrekkingsimptome.
Die boek getuig van ’n geweldig fyn waarneming en beskryf nie net Robbie se demone nie (sy selfbeheptheid, angs en dikwels verlammende selfhaat); dit raak ook aan die dinge wat hom so lank in die bedryf gehou het: sy skerpsinnigheid en verbasende selfinsig.
Dit is ook skokkend, want Robbie het ’n masochistiese neiging om homself te wil blootlê aan die wêreld. Een staaltjie gaan oor hoe hy amper ’n dekade gelede in sy badkamer in ’n plas bloed lê en dink het: “Ek gaan dood en gee nie om nie.” Dit was nadat hy kokaïen gemeng het met ’n middel wat vir skisofrenie voorgeskryf word. ’n Ander storie, oor sy ongure sek- suele ontmoeting met ’n tandlose skoonmaakster, sal vir ewig by my spook.
Maar ondanks al die seks- en dwelmstories het die beskrywings van sy kwesbaarheid my maag die meeste laat draai. “Hoe astranter en arroganter ek op die verhoog lyk, hoe meer angsbevange is ek inderwaarheid,” sê hy oor die trauma wat hy ervaar elke aand wanneer hy voor duisende mense optree.
Hy is behep daarmee om alles te lees wat enigiemand aanlyn oor hom te sê het. “En dit verpletter die siel. Wanneer daar 10 goeie kommentare en een goor een is, konsentreer ek op die goor een. Ek is verslaaf aan dinge wat tot my gevoelens deurdring, punt.”
Dan is daar die onophoudelike selfkastyding wanneer hy hom teen alle ander beroemdes opweeg en uiteraard te lig vind. Hy knik.
“Dis donker; die hele ding is donker. Dit is my indruk nadat ek die boek gelees het: hoe moeilik dinge hier bo tussen die ore is,” sê hy. “Ek wil hê dit moet verander. As ek gelukkig genoeg is om nog te leef vir ’n derde boek, wil ek hê ek moet ’n bietjie meer optimisties wees wat my uitkyk op myself en die wêreld betref.”
Robbie glo sy depressie is geneties. “Dit is ’n familiekwaal.” Maar hy dink sy beroemdheid vererger die probleem en maak dit “walgliker” en “kragtiger. Die hele wêreld se aandag vorm ’n vergrootglas, en natuurlik vergroot dit ’n mens se gebreke ook. Ek kla nie daaroor nie. Ek sou nogtans my beroep gekies het.”
Maar hy besef sy werk is sleg vir sy gesondheid. “Dit gaan my doodmaak,” sê hy later. “Tensy ek dit anders beskou.”
WAAR hy oorkant my sit, lyk en klink hy soos iemand wat net met sy vingerpunte aan die werklikheid vasklou. Sy deurdringende blou oë, eens vonkelend, lyk nou gekwel. Sy stem kraak met ’n bewende vibrato. Die 50 of so sigarette wat hy per dag rook, help waarskynlik nie.
Tog is hy ook bitter snaaks: ’n volslae vermaakkunstenaar. Benewens die ruimtevrees en gebrek aan selfvertroue
‘Hoe astranter ek op die verhoog lyk, hoe meer angsbevange is ek’
deel hy graag ’n minder bekende nadeel van roem: Hy kan nie meer sy hande was nadat hy die toilet in ’n openbare plek gebruik het nie. “Omdat ek altyd iemand se hand skud wanneer ek die toilet verlaat, wil ek nie hê my hande moet nat wees nie; dis aaklig.”
Robbie het ’n straatslim gevatheid wat hy in die rowwer dele van Stoke-onTrent in Engeland geleer het.
In sy grootwordjare daar moes hy ’n verskeidenheid kleurryke psigopate probeer paai en vermy. Hy was van kleins af ’n vermaker. As kleuter het hy al staan en sing voor ’n blêrkas in die kroeg waar hy grootgeword het. Op drie het hy tydens ’n vakansie in Torremolinos, Spanje, verdwyn. Hy is eindelik langs ’n swembad opgespoor waar hy geld insamel in ’n hoed nadat hy op sy eie vir ’n talentkompetisie ingeskryf en dit gewen het – met die Grease-liedjie Summer Nights.
Die skrywer Malcolm Gladwell glo uitsonderlike prestasies word bereik ná minstens 10 000 uur se oefen. Maar Robbie vertel sy jonger self – ’n dislektiese dispraksielyer (wanneer liggaamsbeheer belemmer word) met aandaggebrekhiperaktiwiteitsteuring wat boonop nie eens ’n senior skoolsertifikaat gekry het nie – het eintlik maar sy 10 000 uur aan spog gewy.
Die sanger was altyd te veel van ’n alleman om ’n ware rockgod te wees, maar daardie alledaagse sjarme was juis sy geheime wapen. Hy was verspot, impulsief en vol selfkritiek en het nie die ondeurdringbare pantser gehad van vandag se sterre wat heeltyd vir die media versorg en mooigemaak word nie. Selfs toe hy belaglik ryk en beroemd word, het hy homself steeds nie te ernstig opgeneem nie. Die selfvoldane glimlag wat sy handelsmerk geword het, was sowel parmantig as selfbewus, asof hy knipoog en sê: “Nee, ek kan dit ook nie glo nie.”
En Robbie het enorme aanhang. In 2005 het hy die wêreldrekord verbeter vir die getal konsertkaartjies wat in een dag verkoop is: 1,6 miljoen. Verlede jaar het hy die 12de keer met ’n soloalbum die no. 1-plek in Brittanje behaal, gelyk met Madonna en een minder as Elvis Presley. Dit maak hom die suksesvolste Britse solokunstenaar in die geskiedenis.
Terugskouend was sy pyn eintlik altyd daar vir almal om te sien. Dit is wat selfs sy windmakerigste vertonings hul diepte gegee het. En wat ’n treffer soos Angels die emosionele weerklank gegee het om dié ballade tot ’n universele uitdrukking van liefde en verlies te verhef.
En tog, ondanks al sy charisma, is dit nie Robbie wat in die boek die kollig steel nie; dis sy vrou, Ayda Field (38). Hy en die Amerikaanse aktrise is in 2010 getroud. Hulle het twee kinders, ’n vyfjarige dogter, Teddy, en ’n seun, Charlie (amper 3).
Gemeenskaplike vriende het hulle aanvanklik van mekaar vertel. Dit was in 2007 en Robbie was in Los Angeles, op sy heel siniesste en in ’n morsige toestand.
Voor hul eerste afspraak het hy sy dwelmhandelaar oorgenooi – by wie hy ook toevallig geslaap het. “Sy het my al hierdie pille gegee – morfien, Adderall, Vicodin, nog ’n paar goed. Ek het by die handelaar geslaap en ’n klomp pille gedrink.” Hy en Ayda is na ’n partytjie, waar hy op sy senuwees geraak, nog pille gesluk en eindelik in sy onderbroek in ’n jacuzzi soos ’n hoender sit en kekkel het.
Om die een of ander rede het Ayda ingestem om vas te byt, al was hy deur die loop van die volgende jaar aaklig met haar. Telkens wanneer sy gevoelens te sterk geraak het, het hy haar die trekpas gegee weens ’n vreemde stel reëls wat hy vir homself opgestel het. Daarin het hy homself belowe om nie ’n verhouding te hê, te trou of kinders te kry nie.
Dit was eers een aand in Junie 2008 in die Chateau Marmont, ’n hotel in Hollywood, toe hy Cameron Diaz en Drew Barrymore se ore van hul kop af praat oor hoe wonderlik die vrou is wat hy toe pas die derde keer afgesê het, dat hy besef het hoe onnosel hy opgetree het.
En hy kan sy sterre daarvoor dank, want as enigiemand hom kan red, is dit Ayda. Dié vrou is ’n heldin. Sy is net so vlymskerp soos haar man en het dieselfde onhebbelike drang om haarself voor die wêreld te ontbloot. (Dink maar aan haar gewillige deelname aan sy besluit om die geboorte van hul seun regstreeks op Instagram te wys.) Sy het ook die indrukwekkende vermoë om kalm te bly te midde van Robbie se waansin.
“Sy dra altyd die ‘ korporasie’ (hul huwelik) se belange op die hart,” sê hy. “Sy het die verstand om te weet hoe om die skip nie te laat sink nie, en ek wil dit net laat sink om te sien hoe dit sou lyk.”
Ayda is selfs rustig oor sy ryke seksuele geskiedenis, nog ’n terrein waar hy nie bekend is vir sy goeie oordeel nie.
“Elke keer dat ons die televisie aanskakel – ek belowe jou – het hy saam met iemand op televisie geslaap, of dit ’n advertensie vir MIV-medikasie is of ’n misdaadreeks of iets uit die 1990’s,” onthul Ayda in die boek.
Hy weet daar is net een rede dat hy daarmee kan wegkom. “Ons sou nie hierdie oop verhouding van ons kon hê – waarin ek na die televisie wys en sy weet ek bedoel ek het by daardie een geslaap – as ek dit vernietig deur buite my huwelik rond te loop vir seks nie,” sê Robbie en lag. “Maar ’n mens kry nie ’n medalje of prys nie. Ek behoort, want ek word aan meer as my regmatige deel van bewondering onderwerp. Ek gaan uit en kyk na ’n stadion vol mense wat ongelooflik mal is oor my en ’n hele paar van hulle is sommer baie aantreklik.”
Is die vroue met wie hy te doen kry nog so belustig soos hy hulle in sy boek beskryf? (Terloops, die tandlose skoonmaakster was toe eintlik ’n baie vas-
beslote bewonderaar.) “Hulle is in die gehoor, maar ek sit nie my kop in die leeu se bek nie. Ek bevind my nooit in daardie omstandighede nie.”
Omdat jy jouself nie vertrou nie? “As ek te lank in ’n kroeg bly, gaan ek iets drink. As ek lank genoeg in die haarsalon sit, sal my hare gesny word. Vertrou ek myself dat ek nie sal drink nie? Vertrou ek myself as daar ’n hoop kokaïen lê? In die een of ander stadium gaan ek dit snuif. Met ander woorde: Nee, ek vertrou myself nie,” sê hy.
“Maar die geskiedenis het my geleer ek kry dit heel goed reg om daardie goed te vermy. En so is dit met vroue: Wanneer ek nie op toer is nie, is dit veel makliker.”
Robbie het ’n lae testosteroonvlak; daarom het hy van sy sperma in ’n kriogeniese laboratorium in Los Angeles laat vries. “Ons wou kinders hê, maar wanneer ek testosteroonaanvullings inneem, maak dit die swemmertjies flou. Wanneer ek nie testosteroon neem nie, voel ek aaklig. Ons moes toe maar daarvan in die bank sit,” verduidelik hy.
Beteken die bevrore sperma hulle beplan om nog kinders te hê? “Ek wil nie nog een hê nie, maar moet Ayda se wense in ag neem. Is dit die moeite werd dat haar hart breek wanneer ’n babawaentjie verby ons kar gestoot word terwyl ons by ’n rooi verkeerslig wag?
“Op ’n aangename dag, in ’n teer oomblik, sal ek daarvan hou om nog ’n kleinding te sien rondhardloop.”
ONGEAG sy stryd met alkohol- en dwelmverslawing is dit die moeite werd om te noem dat hy die grootste deel van sy lewe sober was. Hy het op 16 begin drink, op 18 besef hy het ’n probleem en van 19 af het hy sober probeer bly – en grotendeels daarin geslaag. Dieselfde geld vir dwelms. Ten spyte van ’n paar baie openbare besoeke aan rehabilitasiesentrums – en nie die luukse klinieke waarheen vermaaksterre gaan nie; die grinterige tronkagtiges met plastiekbedlinne en tralies voor die vensters en waarin hy ’n kamer met vyf ander moes deel – het hy oor die algemeen moedig teen die versoeking baklei.
Deesdae, benewens sigarette, is sy onopgeloste verslawing suiker. “Ek loop in my slaap en het ’n eetprobleem – elke nag,” vertel hy.
“Die reling met die wit laken wat jy met die instap gesien het, is net daar omdat ek kaal opstaan en na die ander vertrek stap en hulle vra om vir my kos by die kamer te laat aflewer. En dan is ek heeltemal vas aan die slaap. Dit kan drie of vier keer per nag gebeur. Laas nag het ek alles in die minikroeg opgeëet. Meestal neute en ’n pakkie Pringles.”
Kos en sy liggaamsbeeld is alewig ’n bron van skaamte en angs. Hy was verlig toe ’n dokter bevind hy het dismorfiese steuring eerder as dat hy oorgewig is. “Ek het wat? Ek het ’n geestesteuring wat veroorsaak dat ek dink ek is vet en lelik? Fantasties! Dankie!” Vandag sê Robbie hy lyk soos ’n “onfikse deurwag. Ek is mal oor kos en wil eet, so wanneer ek effens goed lyk of my hemp in my broek pas, is dit vir my’n verskriklike tyd, want ek dink die hele dag aan kos. Ek is óf maer en depressief óf vet en skaam. Daar’s geen middeweg nie,” sê hy. Dit was “’n k** jaar”, sê hy, sowel geestelik as fisiek. Hy kry artritis in sy rug en het daarom besluit om met behulp van joga en Pilates fiks te raak vir sy huidige toer, maar toe verskuif hy sommer met die beginslag ’n werwel. Hy het geweldig pyn gehad en kon nie in die aanloop tot sy toer “versekering kry vir ’ n voorafbestaande toestand” nie. “Dit het tot stresvolle maande gelei. Ek het (psigies) baie, baie gou gesink. Toe het ek die eerste paar vertonings agter die rug gekry, en dit het gelyk of ek selfs sonder enige oefening en met ’n treurige rug die ding kan doen. Ek is nou in ’n opwaartse kurwe, want ek weet ons sal nie die huis verloor nie.”
O, ja, die huis. In 2013 het Robbie ’n herehuis vir R306 miljoen in Kensington, Londen, gekoop, maar hy was jare met sy buurman Jimmy Page van Led Zeppelin in ’n stryd gewikkel oor bouwerk.
Verbasend genoeg wil Robbie nie daaroor uitwei nie – regsredes, verneem ek later. Hoe dit ook al sy, huise van R306 miljoen betaal nie hulself nie; daarom is Robbie nog aan die toer.
Hy het einde 2006 probeer aftree, ’n tydperk waarin hy “op die rusbank gesit, aartappelskyfies en sjokolade geëet, vet geword en ’n baard gekweek het. Ek het soos ’n reeksmoordenaar gelyk.”
Toe sy klere te styf begin sit, het hy hom tot kaftans gewend, “nes Obi-Wan Kenobi van Star Wars”.
Drie jaar later was hy terug. “Ek het ongelooflik verveeld geraak. Die verveeldheid het my oorweldig. Ek het die optredes bo verveling verkies, maar was sedert my terugkeer nog nie weer myself op die verhoog nie.”
In watter opsig? “Voorheen het dit natuurlik gekom; dit was eenvoudig ’n mag wat oorgeneem het. Die onsekerhede het nie die vertoning oorskadu nie,” verduidelik hy. “Ek het te veel tyd gehad om te dink voor ek teruggekeer het en toe glip die onsekerhede verby die masker. Ek het openbare optredes as oorweldigend ervaar.”
Die afgelope drie of vier weke van die toer, sê Robbie, was beter vir sy geestesgesondheid. Wat het verander?
“Positiewe denke – en eindelik die regte mengsel medikasie. Ek is ’n lopende toetsprojek. Die lens zoem uit wanneer ek angstig is, en dit zoem in wanneer ek depressief is, en dan kom dinge net mooi in fokus. Dis hoe my lewe is.”
Maar hy bly hoopvol. “Ek het myself beslis in hierdie gemors ingedink. Ek doen my bes om myself hieruit te dink.
The Force is strong in me,” verwys hy weer na Star Wars.
“As ek net kan leer om daardie krag in ’n ander rigting te stuur, sal die res van my lewe ’n goeie plek wees om in te woon.” Hy glimlag – nie heeltemal daardie kenmerkende selfvoldane Robbie Williams-glimlag wat hy vir die kameras gee nie, maar ’n goeie nabootsing. S © KRISSI MURISON/THE SUNDAY TIMES MAGAZINE/NEWS SYNDICATION & REVEAL DEUR CHRIS HEATH (UITGEGEE DEUR BLINK PUBLISHING)
‘Ek is óf maer en depressief óf vet en skaam. Daar’s g’n middeweg nie’