VAN OOGSEER TOT SIERAAD
Die vervalle silo’s in die Kaapse V&A Waterfront is omskep in ’n wondermuseum
DIT voel soos nou die dag toe die ou graansilo’s vervalle en vergete daar gestaan het met seemeeue as hul enigste besoekers.
En toe, amper met ’n abrakadabra, verskyn in die plek van die verbrokkelende amper-murasie bemors van die voëlmis ’n wondergebou van glas en beton deur een van die wêreld se voorste industriële ontwerpers.
Trots toring die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa (Zeitz Mocaa) nou uit bo die ander geboue in die Kaap se V&A Waterfront. Waar eens graan geberg is, word nou die beste Afrikakuns ter wêreld gehuisves.
Van graan na kuns
Toe die kolossale geboue in 1923 deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens gebou word in die omgewing van vandag se Kloktoring-uitbreiding in die V&A Waterfront, kon dit aanspraak maak op die titel hoogste gebou in Afrika suid van die Sahara. Die silo’s het daartoe bygedra dat graanuitvoer sterk toegeneem het en dit het tydens die Tweede Wêreldoorlog selfs Europa help voed.
Maar die majestueuse strukture het begin verval nadat dit in 2001 finaal buite werking gestel is omdat dit staatgemaak het op handgedrewe masjinerie en net nie meer kon bybly met die toenemend tegnologies gevorderde skeepsvaart nie.
Die V&A Waterfront se bestuur het teen 2010 begin kyk na die dooie intreepunt in die andersins pragtige en besige seefrontkompleks. Toe is besluit om die silo’s, ’n historiese gedenkwaardigheid, die ster te maak van ’n nuwe ontwikkeling. Dit was Mark Noble, ontwikkelingsbestuurder van die V&A, se voorstel om die silo’s in ’n kultuursentrum te omskep.
Intussen het die internasionaal bekroonde Britse industriële ontwerper Thomas Heatherwick reeds verlief ge- raak op die ruimte toe hy op besoek aan die Kaapse ontwerptentoonstelling Design Indaba in die vervalle geboue gaan rondsnuffel het. Toe die nuus dus bekend word dat die V&A-bestuur iemand soek wat die monument van Kaapstad se nywerheidsverlede kan herontwerp, het Thomas bontgestaan om verskeie idees voor te lê.
Terselfdertyd het die Suid-Afrikaans gebore kunstenaar, kunshistorikus en kurator Mark Coetzee en Elana Brundyn, ’n Kaapse galery-eienaar, se paaie gekruis met dié van die Duitse entrepreneur, filantroop en kunsversamelaar Jochen Zeitz, toe nog uitvoerende hoof van die sporthandelsmerk Puma. Jochen het Suid-Afrika dikwels vir sy werk besoek en op die land verlief geraak.
Hierdie handjievol mense het besluit om kragte saam te span en die silo’s te herontwerp in ’n museum waar die Zeitz-versameling ten toon gestel kon word. Dit sou die eerste keer wees dat Jochen se indrukwekkende versameling
Afrikakuns op een plek vertoon word.
Maar, sê Elana, die museum bou nou ook sy eie versameling op. Dit bestaan op die oomblik uit ’n verteenwoordigende verskeidenheid kontemporêre kuns uit 54 lande van die vasteland. Vir die opening vandeesmaand was 21 kurators en 60 kunstenaars betrokke.
“Van die begin af was die idee om ’n r reusagtige ongebruikte betongraansilo w wat uit 116 vertikale buise bestaan in ’n n nuwe soort openbare ruimte te omskep v vir my vreemd en fassinerend,” vertel Th Thomas oor sy argitektoniese geestesk kind.
“Ons was opgewonde oor die kans om h hierdie dooie struktuur te verander in ’n r ruimte waar mense die ongelooflike k kuns van Afrika kan beleef en geniet.” “Suid-Afrika het nie ’n museumkultuur n nie,” sê Elana, nou die Zeitz se direkteur va van museumuitbreiding en bevo vordering van buitelandse betrekki kings.
“Mense hier verstaan dit nie. Hulle dink ’n museum is ’n plek waar jy ku kuns koop en dink dan onmiddelli lik: ‘Ag nee, ek het nie geld om te koop nie; daarom hou ek liewer ve verby,’ vertel sy.
“Maar dis nie waaroor dit ga gaan nie. Zeitz Mocaa is ontw werp om geniet te word, om m mense bloot te stel aan iets w wat hulle nooit eens oorweeg h het nie. Ons wil hulle wys ku kuns is nie net vir ’n sekere gr groep nie; dis vir almal.”
Die kuns is geskep deur m mense van Afrika wat uitgew wyk het na ander vastelande of mense van buite wat hulle m met Afrika vereenselwig. Een va van laasgenoemdes is Liza Lou, ’ n Amerikaner wat die begrip “arbeid” belig deur glaskralekuns. Sy het tydens ’n verblyf in KwaZulu-Natal hiermee kennisgemaak en gebruik sedertdien ’ n groep Zoeloevroue om glaskrale te lewer vir haar installasies. By Zeits Mocaa word ’n hele vertrek met hierdie wit krale uitgevoer.
Die uitstallings sal elke paar maande verander word om dinge vars en opwindend te hou – en mense te lok om terug te keer.
Elana wil graag sien dat die meeste van die besoekers plaaslik is. “Die groot name in die kunswêreld sal kom; dit weet ons. Maar dis die plaaslike mense wat ons hier wil sien.
“Sonder hul steun sal dié instelling nie oorleef nie.”
En om dit te verseker, sal die museum elke Woensdag tussen tien- en eenuur sy deure gratis oopmaak. Almal onder 18 jaar kry ook gratis toegang. Dié aanbod geld net vir mense met ’n paspoort van ’n Afrikaland.
Zeitz Mocaa is vasbeslote om in hul besoekers te belê, met twee verdiepings wat uitsluitlik toegewy is aan vaardigheidsklasse. Dit sal toegespits wees op enigiets van die skep van kaarte tot beeldhoukuns en selfs lesings deur kunstenaars van wêreldformaat insluit.
Die museum is gebou om ’n uitwerking op mense se lewe te hê met iets wat hulle nooit voorheen as interessant beskou het nie, sê Elana.
“Ek en Mark het eendag hier by die museum gewerk en ’n groep seuns seker so tussen 12 en 14 om die Silo-distrik sien loop. Die veiligheidsmense was baie streng en het hulle weggejaag, maar ons het hulle ingenooi.
“Nadat ons hulle rondgewys het, het ons gevra wat hulle dink. Twee van hulle het heel parmantig laat hoor hulle sou dit eerder in ’n herehuis omskep het. Maar die derde een – die stilste een in die groep – het ’n oomblik gedink en toe gesê: ‘Ek kan nou sien ’n museum is ’n veilige plek waar moeilike dinge aandag kry,’ ” onthou Elana.
En dit is presies die denkwyse wat die skeppers van Zeitz Mocaa graag wil kweek.
Zeitz Mocaa is van 22 tot 25 September gratis oop vir die publiek. Toegang is slegs dan gratis; kaartjies moet daarna aanlyn verkry word by zeitzmocaa. museum of by die deur. Toegangsgeld is dan R180 vir algemene toegang en R250 vir ’n jaar lange lidmaatskap.