Huisgenoot

DROME: BLY HOOP OF BERUS?

Riana het op Instagram enkellopen­de vroue bemoedig en ook ’n liedjie oor ideale geskryf. Kenners sê of dit altyd goed is om aan jou doelwitte vas te klou

- Deur VERSLAGSPA­N

EN SO moet ’n mens wag vir die beste dinge in die lewe. Wil vanaand regtig net vir die single girls daar buite sê: Moenie settle nie.”

Dis hoe die sangeres Riana Nel haar vroulike aanhangers onlangs op Instagram moed ingepraat het.

“Moenie dink jou kans sal nooit kom nie,” het sy hulle getroos.

Riana weet waarvan sy praat: Sy het al vertel sy het op hoërskool reeds vir haar trouman begin bid, maar moes tot op die ouderdom van 30 wag voor sy hom ontmoet het.

Die donkerkop voel so sterk oor drome waaraan jy moet vashou, sy het ’n liedjie daaroor geskryf. Tot die Einde, wat sy vir haar album Jy Sal Weet opgeneem het, begin met dié woorde: Jy sê dit lyk alles onmoontlik / jou drome is te groot net soos gewoonlik.

En sy moes nie net op haar trouman wag nie. Al het die sangeres deesdae duisende aanhangers, het haar sukses nie oornag gebeur nie.

Nog voor Riana in 2000 die ATKVCresce­ndo-musiekkomp­etisie gewen het, het sy al voor gehore gesing. Maar mense het eers in 2011 regtig van haar kennis geneem toe sy die album Die Moeite Werd uitreik. Dit het dubbele platinumst­atus bereik en kort voor lank is sy as een van die grootste vroulike kunstenaar­s in die land bestempel.

Nog twee albums het gevolg, Die Regte Tyd (2014) en Jy Sal Weet (2016), en wanneer Riana nou ’n verhoog betree, het sy die gehoor aan haar voete.

VROEËR het die sangeres vertel sy moes gereeld hoor: “Jy is te kieskeurig,” en: “Die liefde is nie vir almal nie.” Sy vertel: “Ek het lank gewag, gebid en gehoop. Ek wou nie met enige ou trou nie; ek wou met die regte een trou.”

En die wag was vir Riana die moeite werd. “Ek het die boerpot geslaan toe ek met hom trou,” het sy al oor Cornel de Beer aan Huisgenoot gesê. “Hy lei my en ek voel veilig by hom.”

Boonop het hulle ’n seun, die 19 maande oue Tristian, en is sy swanger met hul tweede baba. In Tot die Einde sing Riana dan ook: “Maar êrens in jou hart, is daar ’n bietjie hoop, so bly net glo in waar jy weet jy behoort.” En: “Al moet jy aanhou wag, tot bitter einde, bly net glo . . .”

Almal weet hoe dit voel om iets branandend te begeer en vas te klou aan wat soms voel na ’n onbereikba­re droom: : Of dit nou die smagting na ’n lewensmaat,at, baba, beter werk of meer geldsekerr­heid is, hoop kan tegelyk vertroosti­ngg en frustrasie meebring.

Hoe gemaak wanneer jou ideale jou bly ontwyk en dit voel asof dit waarna jy hunker jou nie beskore is nie? Wanneer moet jy vasklou en bly glo, en n wanneer raak dit so pynlik om op ietsts te wag dat jou hoop dalk liewer moetoet plek maak vir berusting?

HOE OM VAS TE HOU

Drome is aanloklik omdat dit iets groterster­s as onsself en ons huidige omstandigh­ede ede is, verduideli­k Gerrie Pretorius, ’n berader van Pretoria. “Dis ’n kans om iets meer te wees en gee ’n mens die vermoë om groter hoogtes te bereik.”

Hy sê drome hou mense gemotiveer, avontuurlu­stig, opgewonde, geïnteress­eer en in ’n mate gedissipli­neer om dit stelselmat­ig waar te maak. “Hou vas aan drome deur jou te herinner hoekom jy dit begin najaag het en hoekom dit vir jou belangrik is.”

Thersia Breedt, ’ n Johannesbu­rgse lewensafri­gter, sê dis belangrik om jou ideale afsonderli­k te evalueer en te bepaal of dit werklik vir jou belangrik is. “Skryf die doelwit neer en evalueer dit op ’n skaal van 1 tot 10. Wanneer ’n mens jou droom en die belangrikh­eid daarvan voor jou sien, is dit jou instink om alles te doen om dit te bewaarheid.”

Dit is ’n goeie idee om jou doelwitte visueel uit te beeld en dan praktiese stappe te doen om dit te behaal, sê Thersia. Skep byvoorbeel­d ’n prent daarvan en plak dit in jou slaapkamer op of maak dit die tuisbladfo­to op jou selfoon, sê Rakhi Beekrum, ’n sielkundig­e van Durban. “Dit is belangrik om klein treetjies na ’n groter doelwit te gee. Jy moet bereid wees om te werk vir wat jy begeer.”

HOE GEMAAK MET TWYFEL?

Thersia se raad is om nooit negatiewe woorde te gebruik nie soos: “Ag, dit sal nooit ’n werklikhei­d word nie.” Sy verduideli­k: “As jy jou brein vertel ’n spesifieke mikpunt is onbereikba­ar, sal hy dit glo en sal jy dit nooit bereik nie.”

Sy sê ook dis belangrik om in ’n lewensfase te wees waar jy die selfvertro­ue en innerlike krag het om jou drome waar te maak. “So nie is dit raadsaam om eers profession­ele hulp te kry,” sê sy.

Romi Tollman, ’n berader van Wynberg in die Kaap, sê ’n mens moet probeer vasstel hoe jy sal voel as jy moed verloor wat jou ideale betref. “Wat sal dit op kort en lang termyn beteken, en sal dit ander raak? Sulke vrae en gesprekke sal jou help om neerhalend­e gesprekke met jouself in die kiem te smoor.”

Sy sê ook met baie groot voornemens is die geheim om ’n plan B te hê. “Dis ’n veiligheid­splan ingeval dinge buite jou beheer jou van jou aanvanklik­e plan laat afwyk. As jy ompaaie kan bedink om jou doel te bereik, sal dit angstighei­d wegneem van die werk wat jy moet doen om daar uit te kom. Wanneer jy angstighei­d beperk, bereik jy dikwels die doelwit vinniger en doeltreffe­nder.”

MOET JY SOMS MOED OPGEE?

Pasop vir buitenspor­ige en onrealisti­ese drome, waarsku Gerrie. “Dit skep ’n wêreld van onrealisti­ese fantasie, pleks dat jy jou talente ontwikkel. Iemand met onrealisti­ese drome sal altyd soos ’n mislukking voel.” Hy sê dit help om te kyk wat jou “natuurlike talent of sterk punt” is en wat jy geniet, en dan daarop te konsentree­r.

Wanneer jou drome of ideale belang riker word as jou lewensmaat, kinders, familie of menseverho­udings, is dit ’n gevaarteke­n, sê Gerrie. “Dis belangrik om balans en perspektie­f te handhaaf, en te evalueer watter ideale belangrike­r is. Soms bestee ’n mens so baie tyd, geld en energie aan jou drome, dit brand jou op die ou end finansieel, emosioneel, geestelik of liggaamlik uit.” Hy sê as jy byvoorbeel­d ’n kind wil hê, maar dis ligaamlik buite die kwessie, moet jy dié behoefte op ander maniere probeer vervul, soos met vrywillige­rswerk by kinderhuis­e. “Die begeerte sal nooit heeltemal weggaan nie, maar mettertyd kan jy die teleurstel­ling verwerk en dit aanvaar.”

HOE MAAK JY VREDE?

Gun jou dit om teleurgest­el te voel wanneer jou drome nie ’n werklikhei­d word nie, sê Rakhi. “Ons moenie negatiewe emosies uitsluit nie. Dink na oor die redes vir jou teleurstel­ling, wat binne jou beheer was en wat nie. Gebruik dit as ’n leerervari­ng. Dink oor hoe jy dinge die volgende keer met meer welslae kan aanpak.”

Christo van der Westhuizen, ’n sielkundig­e van Randburg, sê dit is belangrik om te aanvaar die lewe is nie regverdig nie. “Jy moet heeltyd jou drome evalueer en seker maak dit bly realisties.”

Hy gebruik die voorbeeld van ’n verhouding: Jy kan droom oor ’n volmaakte verhouding of huwelik, maar moet jouself evalueer en kyk wat jy verkeerd gedoen het in vorige verhouding­s sodat jy dit kan regstel. “Onthou, jy kan nie mense verander nie; net jouself.”

‘Ek het lank gewag, gebid en gehoop. Ek wou nie met enige ou trou nie; ek wou met die regte een trou’

 ??  ?? HOOFFOTO: Die sangeres Riana Nel verwag haar tweede baba. Sy hou daarvan om te sing oor dinge wat haar inspireer. REGS: Sy en haar droomman, Cornel de Beer.
HOOFFOTO: Die sangeres Riana Nel verwag haar tweede baba. Sy hou daarvan om te sing oor dinge wat haar inspireer. REGS: Sy en haar droomman, Cornel de Beer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa