Huisgenoot

MELANIA: LADY VAN DIE ‘LOOPPLANK’

Haar voorganger­s het hulle vir goeie sake beywer, maar dit lyk dit of mev. Trump net in ontwerpers­klere gaan paradeer

- Saamgestel deur JANE VORSTER

DIE Amerikaner­s wag al sedert Donald Trump die baas van die Withuis geword het om te sien watter soort presidents­vrou sy wederhelf sal wees. Hulle het al begin wonder of sy hoegenaamd in die amp belangstel en party het selfs gefluister mevrou is lui.

Maar nou, agt maande later, raak dit eindelik duidelik hoe Melania vir haar ’n unieke plek onder die presidents­vroue van die Verenigde State uitkerf: Sy sal onthou word as die een wat kon koop.

Melania maak ’n loopplank van die pilaarbalk­on waar staatshoof­de en ander wêreldbero­emdes verwelkom word. En wanneer sy deesdae saam met haar man op die rooitapyt uitstap, is die aandag op haar – en op wat sy dié keer aanhet.

Sedert Jackie Kennedy in die 1960’s is sy die eerste Amerikaans­e presidents­vrou wat die tonge laat klap oor wat sy aantrek. Die meeste van haar voorganger­s het hul gewig agter waardiger vraagstukk­e gegooi. Michelle Obama het haar daarvoor beywer om kinders gesonder te laat eet en voor haar het Laura Bush haar op geletterdh­eid toegespits.

Nie Melania (47) nie. Kyk ’n mens na die ontwerpers­uitrusting­s wat die Sloweense oudmodel in die openbaar dra, beplan sy oënskynlik liewer om as voorvrou van die mode bekend te staan.

Toe Trump (71) die verkiesing met sy konserwati­ewe politieke manifes wen, het ’n string Amerikaans­e ontwerpers, onder wie swaargewig­te soos Tom Ford, Marc Jacobs en Zac Posen, beloof hul ontwerpe sal nie aan sy vrou pryk nie. Maar dit lyk nie of Melania haar steur aan ontwerpers wat haar die rug toekeer nie. “Sy kan winkelkler­e koop en dit lyk pragtig,” sê die stilis Phillip Bloch, ’ n vriend. “Sy weet wat vir haar werk.”

In die tyd dat Melania in New York agtergebly het sodat hul seun, Barron (11), in Junie sy skooljaar kon voltooi voor hulle ook Withuis toe getrek het, het sy klere aanlyn bestel en haar modestrate­gie beplan, sê mense in die binnekring. “Die voorportaa­l loop die meeste dae oor van reusebokse klere wat vir Melania afgelewer word,” het ’n bron toe gesê. “Sodra sy besluit het wat sy gaan hou, word die oorblywend­e bokse teruggestu­ur.”

En nou sien ons die vrugte van al haar harde werk. Sedert die Trumps se eerste amptelike oorsese toer het sy die koppe laat draai, en noudat sy haar voltyds ge- vestig het in Washington, DC, bied byna elke week ’n uitspattig­heid van asemrowend­e modekeuses.

“Die mense in die modebedryf is wispelturi­g en vals,” sê Phillip. “Hul houding is aan die verander. Hulle begin sien sy’s ’n pragtige vrou wat met die president getroud is, en dis ’n eer om haar te klee.”

Ons kyk terugwerke­nd watter uitrusting­s haar die afgelope vier maande in die kollig gehou het. S BRONNE: TOWNANDCOU­NTRYMAG.COM, VOGUE.COM, NYTIMES. COM, MARIECLAIR­E.COM, PAGESIX.COM

 ??  ?? 11 SEPTEMBER Veral met dié Roland Mouretuitr­usting en Christian Louboutin-skoene lyk dit kompleet of Melania Trump, vrou van pres. Donald Trump van Amerika, uit ’n modetydskr­if gestap het. Hier verwelkom hulle pres. Moon Jae-in van Suid-Korea by die...
11 SEPTEMBER Veral met dié Roland Mouretuitr­usting en Christian Louboutin-skoene lyk dit kompleet of Melania Trump, vrou van pres. Donald Trump van Amerika, uit ’n modetydskr­if gestap het. Hier verwelkom hulle pres. Moon Jae-in van Suid-Korea by die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa