Huisgenoot

SELENA SE GEHEIME MEDIESE STRYD

-

SELENA GOMEZ (regs op foto bo) het gewys hoe dapper sy teen teëspoed baklei toe sy onlangs bekendmaak sy het in Mei vanjaar heimlik ’n nieroorpla­nting ondergaan, en haar beste vriendin, die aktrise Francia Raisa (29), was haar skenker.

Die 25-jarige sangeres en aktrise het foto’s van hulle wat in ’n hospitaalb­ed lê op Instagram gedeel en geskryf: “Ek is bewus van my aanhangers het agtergekom ek was ’n deel van die somer skaars en het gewonder hoekom ek nie my nuwe musiek . . . bemark nie. Ek het uitgevind ek het weens my lupus ’n nieroorpla­nting nodig en het van die operasie herstel. Ek moes dit doen ter wille van my algehele gesondheid.”

Selena het twee jaar gelede haar lupusdiagn­ose in ’n onderhoud met die tydskrif Billboard bekendgema­ak. Dis ’n chroniese outo-immuunsiek­te waar die immuunstel­sel sy eie weefsel en organe aanval. “Dit word nog baie misverstaa­n, maar navorsing vorder,” het sy op Instagram geskryf.

Selena het danksy die liefde en steun van haar gesin en kêrel, The Weeknd (27), wat glo al sy werkverpli­gtings rondom sy meisie se behandelin­g beplan het, goed herstel en werk weer.

Sy is onlangs gekiek waar sy haar litteken blootstel op die New Yorkse stel van ’n nuwe Woody-Allen fliek, wat nog ’n titel moet kry.

Sy het glo nie haar ekskêrel Justin Bieber oor haar oorplantin­g ingelig nie, hoewel hulle vier jaar lank saam was en dieselfde kerk, Hillsong, bywoon. Volgens iemand in die binnekring is die twee nie in aanraking met mekaar nie. “Hulle praat nie.” BRONNE: EW, ETONLINE

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa