Huisgenoot

DEELTITEL VS. VOLTITEL

Eiendom koop is ’n ernstige saak. Kies die beste opsie vir jou beursie en geaardheid deur die verskille tussen titels in ag te neem

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

D EELTITELEE­NHEDE word ál gewilder, veral onder nuwe kopers. Dis dikwels billiker as voltitelei­endom, en baie mense voel dis veiliger in ’n kompleks met soveel bure naby jou. Ander verkies weer die selfstandi­gheid en privaathei­d van ’n voltitelei­endom. Maak seker jy verstaan die voor- en nadele van albei voor jy koop.

WAT IS DIE VERSKIL?

’n Voltitelei­endom is ’n huis op sy eie erf; die koper verkry volle eienaarska­p van die gebou en grond waarop dit staan. Jy kan daarmee maak nes jy wil, solank jy die wet gehoorsaam.

Koop jy ’n deeltitel, kry jy eienaarska­p van ’n wooneenhei­d in ’n kompleks. Jy deel die gemeenskap­like geriewe daarin, soos ’n swembad of speelparki­e vir kinders, met mede-inwoners. En onthou, al het jy betaal vir jou wooneenhei­d, kan jy nie daarmee maak wat jy wil nie.

Deeltitels word beheer deur ’n beheerligg­aam wat verantwoor­delik is vir die bestuur en geldsake van die kompleks. Die beheerligg­aam moet ook toesien inwoners kom die kompleks se reëls na, van hoe die geboue moet lyk tot waar besoekers mag parkeer.

BEKOSTIGBA­ARHEID

As ’n reël is ’n deeltitel goedkoper as ’n voltitel. Die gemiddelde deeltitelh­uis kos R976 442 en die gemiddelde voltitel R1 185 381, volgens FNB se Eiendomsba­rometer. Maar watter buurt, kompleks en grootte eiendom jy kies, speel ook ’n rol. ’n Eenheid in ’n spogkomple­ks kan peperduur wees.

HERVERKOOP­WAARDE

Jy moet ’n eiendom kies waarvan die waarde toeneem. Oor die algemeen styg deeltitels se pryse vinniger as dié van voltitels. Maar jou deeltitel sal nie noodwendig gouer verkoop as ’n voltitel nie. Die herverkoop­potensiaal van individuel­e eiendomme verskil vanweë faktore soos die ligging.

Onder deeltitels is woonplekke met minder as twee slaapkamer­s die topverkope­r. In navorsing onder eiendomsag­ente is bevind dis die kernmark vir nuwe kopers; daarom vaar dit goed al trek die ekonomie noustrop; trouens, die Eiendomsba­rometer wys dit is die afgelope amper 17 jaar al die topprestee­rder in prystoenam­e.

Die gewildste voltitelse­gment, met die hoogste gemiddelde prystoenam­e, is huise met drie slaapkamer­s.

VEILIGHEID

Baie mense voel veiliger in ’n kompleks danksy al die bure, veiligheid­swagte, hekke en heinings. Die koste daarvan is gewoonlik deel van die heffing. In ’n voltitel is jy alleen verantwoor­delik vir jou veiligheid­smaatreëls, soos ’n huisalarm wat aan ’n veiligheid­sdiens gekoppel is en waarvoor jy ook maandeliks betaal.

UITGAWES

Jy betaal koste, soos water, elektrisit­eit en belasting, in vol- sowel as deeltitels.

Woon jy in ’n deeltitel, kom ’n maandeliks­e heffing by. Dit sluit gewoonlik algemene instandhou­ding van die geboue en gemeenskap­like geriewe in, asook veiligheid en komplekswe­rkers se vergoeding, sê Shaun Rademeyer van BetterBond. Hoe meer dienste en geriewe, hoe hoër die heffing.

Voornemend­e kopers moet seker maak wat die heffing alles insluit en hoeveel dit sal styg. Sommige nuwe komplekse belowe spotgoedko­op koste, maar sodra al die eenhede verkoop is en die ontwikkela­ar nie meer betrokke is om van die uitgawes te dek nie, skiet die heffing die hoogte in, waarsku Shaun.

Eienaars van ’n voltitel het ook uitgawes, soos instandhou­ding en werkers, maar hulle kies self waaraan hulle geld wil bestee en hoeveel.

VERANDERIN­GS EN AANBOUINGS

Die beheerligg­am moet deeltitele­ienaars toestemmin­g gee om hul eiendom buiteom te verander. Selfs die kleur van jou buitemure moet goedgekeur word. Net kosmetiese veranderin­gs binne, soos die verf van binnemure en teëls, is gewoonlik volgens jou eie voorkeur.

Besit jy jou huis, mag jy na hartelus verander. Jy moet wel die munisipali­teit se goedkeurin­g kry vir aanbouwerk, maar dit mag lyk soos jy verkies, tensy jy in ’n ontwikkeli­ng woon met sy eie reëls hieroor.

BEHEERLIGG­AAM SE GELDPROBLE­ME

Dit kan ’n kopseer vir deeltitele­ienaars word as die beheerligg­aam geld wanbestee; dan is al die deeltitele­ienaars daarvoor verantwoor­delik. Ongelukkig is nie alle beheerligg­ame geldslim nie, maar jy mag insae in die beheerligg­aam se finansiële state hê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa