Huisgenoot

HONDELIEFD­E

Jy het jou wollerige bondeltjie vreugde huis toe gebring. Nou begin die taak om van hom ’n goed aangepaste, gesonde troeteldie­r te maak

- Saamgestel deur SANDY COOK BRONNE: PUPPYLEAKS.COM, BLUECROSS.ORG.UK, NYLABONE.COM

’NBELANGRIK­E deel van sosialiser­ing is om jou klein hondjie te leer om hom in die openbaar tussen mense en honde te gedra. Maak seker hulle kry hul inentings en leer hulle basiese gehoorsaam­heid. Hier is raad oor hoe om jou hond die regte grondslag te gee.

Inentings

Jong diere se immuunstel­sel is kwesbaar. Klein hondjies kry ’n mate van immuniteit van hul ma in die eerste paar weke (mits die ma ingeënt is). Ná vyf tot agt weke moet jou hondjie ingeënt word. Die tweede inenting is op 10 tot 12 weke. Sodra hulle 12 weke oud is, kan hulle hul eerste inenting teen hondsdolhe­id kry.

Dit is nadelig vir jou hondjie om hom afgesonder te hou vir die eerste drie maande van sy lewe; kry dus ’n balans tussen die behoefte om hom teen siektes te beskerm en om ’n gebalansee­rde hond groot te maak. Dis belangrik om jou hond die wêreld te laat ervaar; neem hom dus soveel moontlik uit. Moenie toelaat dat hy met honde speel oor wie se inentingst­atus jy onseker is nie. En vermy in dié stadium parke en openbare plekke.

Sosialiser­ing

Hoe meer mense jou hond ontmoet en hoe meer hy met ander honde speel, hoe vriendelik­er en sosiaal vaardiger sal hy raak. Neem hom na vriende se huis of nooi vriende oor.

Selfs al woon jy in ’n huis sonder kinders, maak seker jou hondjie ontmoet kinders. Jong kinders kan baie anders as grootmense reageer. As jou hondjie nie kleintyd met hulle kennismaak nie, kan hy dalk later sleg reageer.

Laat hom vreemdelin­ge op sy eie tyd nader. Moenie hom vir iemand aangee of na mense toe trek nie. Moet ook nie kos as aansporing gebruik wanneer jy hom aan vreemdelin­ge voorstel nie. Hy dink dalk almal dra kos saam. Stel jou hond versigtig voor aan uiteenlope­nde, ingeënte volwasse honde en klein hondjies. Maak seker die honde is gemaklik in klein hondjies se teenwoordi­gheid, want ’n slegte ervaring kan meer skade aanrig as geen ervaring nie. Deur ander honde te ontmoet sal jou hond ook leer kommunikee­r.

Gehoorsaam­heid

Klein hondjies het ’n kort aandagspan, maar jy kan van hulle verwag om eenvoudige bevele soos “sit”, “af ” en “bly” op van sewe tot agt weke te leer. ’n Goeie onderrigkl­as vir hondjies kan help met sosialiser­ing en jou aan die gang kry met opleiding. Net ’n weeklikse sessie is onvoldoend­e. Jy sal die meeste van die werk weg van die klas af moet inprent. Kry die beste klas wat jy kan bekostig, want ’n slegte een kan meer skade aanrig. Jou veearts kan dalk iemand aanbeveel.

Moenie met jou hondjie gaan draf of hardloop tot hy ouer as ’n jaar is nie. Sy groeiplaat­jies is sagter as die ander dele van sy lyf en dus meer vatbaar vir beserings.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa