Huisgenoot

OKTOBER-LEKKERTE

Kyk watter nuwe kykgenot volgende maand op die kassie begin

- gio s

DIE SKATTIES

Die oud-7de Laner Christi Panagio (foto) keer terug na die kassie as aanbieder van dié werklikhei­dsprogram waarin ’n aweregse mooimaaksp­an vroue onder hande neem en in klassieke style van die bekendste prikkelpop­pe ter wêreld mooimaak. BEGIN WOENSDAG 4 OKTOBER OM 17:30 OP VIA

MOOIMAAK

Die sakemagnaa­t Christo Wiese se middelkind, Clare WieseWentz­el ( foto), maak haar debuut op die kassie as aanbieder van dié nuwe leefstylre­eks. Dertien vroue kry mooimaakse­ssies met onder meer die jongste niechirurg­iese kosmetiese behandelin­gs. BEGIN DONDERDAG 5 OKTOBER OM 17:30 OP KYKNET

DANZ!

Dié jeugdrama speel af in Kaapstad. Kykers kry ’n blik op die wel en wee van ’n dansskool waar verskeie verlore karakters ’n anker en heenkome vind. Conway October, Kelvin in Sara Se Geheim, speel in dié reeks. Ook met Mekaila Mathys en Julian Hurley (foto). BEGIN DONDERDAG 5 OKTOBER OM 20:00 OP KYKNET & KIE

OUBOET EN WORS

Ouboet (Frank Opperman, foto) en Wors (Willie Esterhuize­n, foto) in een program? Twee gunsteling­reekse, Orkney Snork Nie en Molly en Wors, word in dié reeks saamgevoeg. BEGIN MAANDAG 9 OKTOBER OM 20:00 OP KYKNET

WATERFRONT

Dié reeks handel oor drie susters (foto, van links Trix Vivier, Rolanda Marais en Milan Murray) wat grootword met die status van hul pa ( Dawid Minnaar, foto) se ondernemin­g. Hul paaie het jare gelede geskei, maar ’n tragedie bring hulle terug na die Waterfront. BEGIN DINSDAG 10 OKTOBER OM 20:00 OP KYKNET

WAT IS IN ’N NAAM?

Die akteurspaa­r Diaan Lawrenson en Jody Abrahams (foto) spoor hul voorsate na. Hulle kies nie die DNS-roete nie, maar vors hul familie se liefdesver­hale na. Die sanger en Jou Show-aanbieder, Emo Adams, en sy vrou, die model Michelle Gildenhuys, maak ook dié nostalgies­e reis mee. BEGIN WOENSDAG 4 OKTOBER OM 20:30 OP VIA

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa