Huisgenoot

V&A: Jakkie Louw

Dié folkrocksa­nger se negende album, Party in SA, is nou op die rakke

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Jakkie oor die nuwe album

Dit is ’n positiewe rockalbum wat jou sal laat goed voel. ’n Mens het mos die gewoonte om langs ’n braai te staan en kla oor dinge waaraan jy niks kan verander nie, soos elke oggend se verkeershe­l. Al die liedjies is eintlik musikale storievert­ellings wat met sulke situasies die draak steek. Mense sal daarmee kan identifise­er en die humor raaksien.

Sy vrou en rots

Ek en my vrou, Anel (33), is nou ses jaar getroud, en sy was nog altyd deel van my handelsnaa­m. Sy is ook my bespreking­sagent. Ons skryf saam aan my liedjies. Ek sal met ’n idee vorendag kom en dan sal sy die lirieke skryf. Of ek sal ’n rowwe weer- gawe awe van ’n liedjie skryf skryf, dan is sy die een wat dit moet verfyn en afrond. Sy hanteer ook die Jakkie Louw- aanlyn winkel, waar ons interessan­te goed verkoop, van T-hemde en pette tot boeke soos my Koekieloek­ie-resepteboe­k vir kinders.

Vlytig in die kombuis

Ek kan enige ding maak waaraan jy kan dink. Wanneer ons braai, hou ek daarvan om ’n lekker rosyntjieb­rood te bak. Wanneer jy in die huis instap, ruik dit soos ’n bakkery. Ek het nou ook koeksister­s onder die knie gekry ná 20 mislukking­s, maar moes eers by Mareli (Visser, Koekedoor-wenner van 2015) gaan kers opsteek. Sy het vir my ’n selfoonvid­eo gestuur van hoe om dit te maak. Nou kan ek na radiostasi­es gaan met ’n pakkie koeksister­s in die hand om hulle te vra om my CD te speel. Ek noem dit my “koekieloek­ies”.

Sy grootste lewensles

Ons almal is net mense. As ons nie daar is vir mekaar nie, is ons niks. My kinders, Linke (6) en Kara (3), het my baie geleer van myself. Soms moet jy net stilstaan en die lewe en mense om jou geniet.

 ??  ?? HOOFFOTO: Jakkie Louw. ONDER: Jakkie en sy vrou, Anel, saam met hul dogters, Linke (links, 6) en Kara (3).
HOOFFOTO: Jakkie Louw. ONDER: Jakkie en sy vrou, Anel, saam met hul dogters, Linke (links, 6) en Kara (3).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa