Huisgenoot

My vrou se skelmpie

’n Woordtowen­aar net soos hy smokkel met sy vrou se kop – net soos hy voor hul troue

- Deur FRANÇOIS BLOEMHOF Illustrasi­e: MIEKE VAN DER MERWE

ALEX COSTANDIUS gaan sit op die stoel oorkant my. Die kelner lê die spyskaarte gedienstig voor ons neer en verdwyn vir eers.

Dis ek wat hierdie restaurant voorgestel het: neutrale terrein. Verder moet dit die boodskap tuisbring dat ek selfs op die mislikste tye styl het.

Ek moenie staar nie, maar dis moeilik. Swart, krullerige hare. Oë net so swart. By die ingang het ek dadelik geweet dit moet Alex wees toe ’n lang, lenige lyf die pad oorsteek. Ruie wenkbroue. Effens geboë, sterk neus. Eksotiese Grieksheid wat nie geïgnoreer sal word nie.

Ek is bewus van kyke in ons rigting en weet hulle gly bo-oor my. Die hemel weet, ek kan verstaan hoekom Cecile . . .

Genoeg hiervan. Ek moenie myself nog afkraak ook nie.

Alex se glimlag is skokwit teen die sonbruin gelaatskle­ur. Die swart baadjie kon spesifiek vir daardie paar skouers ontwerp gewees het. Lang vingers stryk terloops oor die tafeldoek.

Ek het vergeet hoe ek wou begin. Ek, wat nog gedink het ek sal die een foeter wat dit waag om aan my vrou te vat. En hier sit ons!

“Jy wou gesels,” sê die diep stem en die swart oë kyk stip in myne. “Oor die ander goed ook, of net oor Cecile?” Ek kyk stip terug. “Wat sou jy dink?” “Ek hoop nie jy het ’n konfrontas­ie in gedagte nie. Dan loop ek nou al.”

“Ons is albei volwassene­s.” Maar een van ons het ’n kinderagti­ge, nee, primi- tiewe drang om oor die tafel te spring en daardie ferm nek te begin wurg.

Sulke gevalle kry jy mos. Moeder Natuur is op ’n mooi dag stuitig en besluit om aan een baba ’n vrag opsigtelik­e gawes te skenk wat sy veronderst­el was om onder ’n hele paar te verdeel. Dan is die resultaat iemand soos Brad Pitt. Marilyn Monroe. Alex Costandius.

Wat sê: “Ek is bly jy is so beskaaf oor die saak.” Saak. Ek verloor alles en dis ’n sáák? Wat ek dink, is: Ek gaan jou een donker nag inwag. Moet jou onkant vang, want jy sal jouself goed kan verdedig. Ek sal daardie Griekse vuur blus. Wat ek sê, is: “Ek is lief vir haar.”

Plain and simple, soos die Engelse dit bestempel. Maar dit het geen eenvoudige trefkrag nie; dis gewoon plein en simpel, veral komende van iemand wat uit taal ’n bestaan maak.

Man van woorde, dit is ek. En van veel minder dade; so ’n aanval op my vyand sal dus nooit plaasvind nie.

Van kleintyd af was ek versot op advertensi­es – die dele in ’n tydskrif waarby ek die langste stilgestaa­n het. In detail sou ek ontleed hoe items wat mense nie juis benodig nie danksy verloklike kopie on-

‘Ek was nooit van plan om man te vat nie – toe praat jy my ’n gat in die kop!’

misbaar begin voorkom. Die kuns van ’n illusie skep.

Dit is hoe ek Cecile se aandag kon behou. By ’n partytjie het ek die fraaie meisie opgemerk wat flankerend­e vente so een vir een systap. Dit was drie jaar gelede en ek was op die glybaan na 40 toe; sy 13 jaar jonger. Toe ek sorg dat ek langs haar beland, was sy sku. Toe begin ek bloot gesels.

Ek is darem nie onaansienl­ik nie; sy stil en betowerend. Met die vaardighed­e wat ek as Bright Spark se gewaardeer­de kopieskryw­er aanhou slyp het, kon ek ook iemand betower.

Daardie aand het ek nie meer gewonder waar “die regte meisie” dan bly nie; die regte meisie het voor my staan en lag vir my kwinkslae.

Ons het min geduld gehad met briek aandraai. So vinnig as wat ek haar gevra het om te trou, het Cecile ingestem.

Een aand op ons wittebrood wou ek net aan die slaap raak toe sy langs my ’n verbaasde giggel gee en toe ek vra hoekom sê: “Ek was nooit van plan om man te vat nie – toe praat jy my ’n gat in die kop!”

Net ’n paar keer het ek die gedagte laat talm: Sy is nie net vir jou begeerlik nie, maar vir almal . . . Wanneer sy na ’n aantreklik­e paartjie kyk, het ek gewonder: Wil sy aan daardie man se arm wees? Hoe lank is hy nie teenoor sy fyn, skraal metgesel nie. Wens Cecile ek was langer? Jonger, aantreklik­er, meer dinamies?

Nee. Ek sou ophou twyfel. En die een wat aan haar vat, word gefoeter.

Cecile was buitendien nie die soort wat ’n skelmpie sou hê nie. Sy was in meer as een opsig steeds ’n baie gereservee­rde meisie en die idee dat vleeslike drifte haar sou laat kop verloor, was vergesog.

“Goeie wyn,” merk Alex op. Jong, aantreklik­e, dinamiese Alex, wat jy nie met ’n liggewigte­rm soos skelmpie sou beskryf nie.

“H’m.” Ek weet skaars die kelner het die bottel gebring en geskink. Ek neem ’n sluk. Sukkel om te fokus. “Cecile voel nog iets vir jou.” “Hoekom respekteer jy dit dan nie?” Dit klink preuts en pateties. My wapens hou aan om my in die steek te laat.

Alex skuif daardie breë skouers reg. “Vir mense se emosies het ek baie respek. Dit is hoekom ek ingestem het om jou te sien.” “Hoe het julle mekaar ontmoet?” “By ’n partytjie.” ’n Skud van die kop sodat die swart krulle wip. “Ek gaan nie sê by wie se huis nie. Dit maak geen verskil nie. Dit het klaar gebeur.”

Dis maklik om so logies te klink as jy die hef in die hand het.

Dit was met ’n vorige verlies dat ek van Alex Costandius se bestaan bewus geraak het.

Bright Spark se eerste paar kliënte moes omtrent aan hul ore nader getrek word. Hulle was egter ekstaties oor die advertensi­es wat ons vir hulle gelewer het, toe versprei die tyding en vat ons vlam. Dit het wel net ons vier gebly: ek, die baas, die uitlegkuns­tenaar en Sonjadie-rekenmeest­er. Binne ’n paar maande het Sonja veel minder tyd gehad vir sit en naels doen.

“My steak is smaaklik,” laat Alex hoor.

Ek sien nog ’n stukkie vleis tussen die vol lippe verdwyn. Daar is ’n rooierighe­id in die bord. “My hoender ook.”

Toe ek dit mompel, besef ek daar is kos in my mond.

Marsha de Villiers was een van ons beginkliën­te. Sy het te veel geld geërf om in een leeftyd te kon uitgee, maar heelwat daarvan sou sy blaas op advertensi­es vir haar half-uitheemse reeks vroueonder­klere. ’n Maand of wat gelede bel sy my om te sê natuurlik sal sy steeds betaal vir die nuwe advertensi­e, maar sy is nie meer so tevrede nie. Iemand van ’n ander firma het ’n voorleggin­g kom doen met . . . wel, oorrompele­nde kopie. Marsha voel die mens verstaan beter wat ’n vrou soek. Jammer, Barend. “Barend?” “Wat?” ruk my kop op. “Jy is nie siek of iets nie?” ’n Frons keep tussen die Mediterree­nse swart oë. “Jy wou dan praat.” “Ons moet seker albei praat.” “Jy tog eerste.” Al wat in werklikhei­d oorbly, is om te loop. Maar ek is verlam.

My baas het uitgevind die firma wat Marsha gesteel het, is nuut. The Ultimate Solution se strategie is om met nuwe opsies by ander firmas se kliënte aan te klop. En hul kopieskryw­er is ene Alex Costandius.

’n Paar aande het ek by die huis getier. Oor die verlies van so ’n belangrike kliënt, oor die vermetelhe­id, vuilspel, bla-blabla. Ek het nie omgegee toe Cecile saam met ou vriendinne wou uitgaan nie. Ek het dit trouens verkies, want dan kon ek ure lank sonder onderbreki­ng kopie uit- dink waarop niemand ooit sou kon verbeter nie.

Nietemin het ons gou nog twee kliënte aan The Ultimate Solution afgestaan. Wat nog? het ek my afgevra, en besef: Cecile lyk so ingedagte. Sy kry saans baie WhatsApps en kom ontwykend voor, al vra ek nie uit nie. Wanneer ek lank reeds in die bed is, sit sy nog en TV kyk, selfoon aan haar sy.

Sy kon die ding nie oppas terwyl sy stort nie. Tussen haar WhatsAppko­ntakte was iemand net as “A” gelys. Die ikoontjie was ’n swart kat wat lyk of hy pas die vetste muis denkbaar gevang het. Liefdesver­klarings. Hartsbegee­rtes. Passie. Alles was daar in die heen-en-weer-boodskappe wat so twee weke teruggestr­ek het. Dinge wat ek vir Cecile gevoel het, maar opgehou het om te sê. Ons was dan getroud.

Ek moes dit beter hanteer het. Met haar gepraat het en nie so geskree het nie. Sy het haar goed gevat en geloop, na haar ma toe. Toe ek egter daar aankom, weet haar ma van niks.

Die volgende dag hoor ek hoe my baas van “die blerrie swart kat” praat. Watter kat? vra ek. En hy vertel hoe ons nuutste gesteelde kliënt, nommer vier nou al, laggend laat val het dié Alex Costandius is so ’ n anderster ene, daai WhatsAppik­oon van ’ n swart kat kon nie meer gepas wees nie. En hier is ons. Ek wil nie eens meer weet of die ding met Cecile toevallig gebeur het en of dit beplan was as deel van die groot afrokkelin­g nie. Ek het by die ingang al verstaan daar kon geen keer wees nie. “Ek moet gaan, Barend.” Alex haal ’n beursie uit en wink met twee lang vingers die kelner nader. “Ek sal betaal.” My manlike trots is hopelik net tydelik begrawe, en tot ek dit die dag opdiep, sal ek die kuns van illusie inspan. “Dankie dan.” Terwyl daardie lang, lenige lyf orent kom, wonder ek oor haar doopnaam: Sal dit Alexandra wees? Alexis? Maar Alex pas haar beter. “Wat gebeur het, is nie jou skuld nie.” Sy gee my skouer ’n stewige druk. “Jy was net nie reg vir haar nie.”

En op sulke hoë spykerhaks­koene dat geen gewone wese daarmee sou probeer loop nie, neem sy haar vertrek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa