Huisgenoot

HANNON GEE RAAD

Die gewilde voorkomsko­nsultant gee wenke oor versorging

- Franse vroue doen dus nie baie nie, maar hulle sorg dat hulle dit reg doen; daarom lyk hul styl moeiteloos.

FRANSE vroue se stylvolle skoonheid word wyd en syd besing. Watter skoonheids­reëls kan gewone vroue volg om ook so moeiteloos deftig te lyk? Die een ding wat Franse vroue so laat lyk, is eerder dit wat hulle nie doen nie as dit wat hulle wel doen. Hier is raad om so elegant soos dié vroue te lyk.

LIPSTIFFIE

Bloedrooi lipstiffie is een van die kenmerke van baie bekende Franse vroue. Hulle weet egter ook jy moet ’n helder lipstiffie met verantwoor­delikheid dra. Dit moet volmaak aan jou lippe aangewend wees en mag nooit aan jou tande beland nie. Maar hoe doen hulle dit? Sodra jy jou lipstiffie aangewend het, steek jy jou wysvinger in jou mond, tuit jou lippe oor jou vinger en trek dan jou vinger uit. Al die lipstiffie wat aan jou tande sou beland het, is nou aan jou vinger.

ONDERLAAG

Dit lyk soms of die Franse nie onderlaag dra nie, want hulle gee soveel aandag aan die korrekte kleur en tekstuur.

Die onderlaagt­ekstuur moet inskakeer met ’n mens se eie veltekstuu­r, en die kleur met jou nekkleur.

Soms het jy twee onderlae nodig; een wat jy in die somer dra en een vir die winter, wanneer jou gelaatskle­ur effens ligter is.

Jou onderlaag moet nooit soos ’n aangeverfd­e masker lyk nie. As jy dus ’n lieflike vel het, kies ’n onderlaag wat net ’n ligte bedekking gee sodat ’n mens steeds die tekstuur van jou vel kan sien.

WENKBROUE

Moenie jou wenkbroue te dun pluk nie. Die maklikste manier om so stylvol soos ’n Franse vrou te lyk is om jou natuurlike wenkbrouly­n net effens net- jies te maak eerder as om dit totaal te verwyder. Soms is dit nodig om net jou bestaande wenkbroue met die hulp van ’n bietjie haarjel in ’n vorm te kam. ’n Stylvolle wenkbrou begin breed aan die binnekant nt en raak geleidelik dunnerner na die buitekant.

KONTOERGRI­MERING G

Jy sal nooit ’n Franse vrou sien met donker lyne langs haar neus om dit meer puntig te laat lyk nie. Ook sal jy haar nooit sien met brons poeier aan die wangbene wat soos ’n diskobal glinster nie.

Pleks daarvan om ’n verskeiden­heid onderlaags­kakerings in strepe aan te wend om die hoogtepunt­e van jou gesig uit te lig, wend eerder ’n druppeltji­e weefseloli­e hier aan sodat jou vel se natuurlike glans jou die aksentpunt­e gee wat jy graag verlang.

HAARKLEUR

Moenie te ver wegbeweeg van jou natuurlike haarkleur nie. As blou of groen jou gunsteling­kleur is, koop ’n bloes of serp in blou of groen, maar moenie jou hare so kleur nie. As jy dink jou natuurlike haar- kleur is muisvaal, moenie alles spierwit blond kleur nie. Om die waarheid te sê, Franse vroue kleur net hul hare waar dit by die kopvel uitgroei en in ’n skakering wat naby hul natuurlike haarkleur is.

Waar die punte vanself ligter bleik in die son, dien dit as natuurlike sonstrepe.

NAELS

Naelpolito­er wat afskilfer, wys styl is nie vir jou ’n prioriteit nie. Om goed versorg te lyk verg ’n bietjie tyd; moet dus nie jou manikuur afskeep nie. Verf jou basislaag eers aan voor jy jou naelkleur en dan jou boonste laag aanwend.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? CLÉMENCE POÉSY
CLÉMENCE POÉSY
 ??  ?? LÉA SEYDOUX
LÉA SEYDOUX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa