Huisgenoot

PYNAPPELS SE GOUE GEUR

Drie soet en twee sout resepte waarin pynappel p al die geur gee

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN Foto’s: JACQUES STANDER

1. BROSKORSPY­NAPPELTERT MET JOGURTROOM

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 30 min. Verkoel: 45 min. Bak: 15-20 min.

BROSKORS 250 g koue botter, in blokkies gesn gesny 250 ml (1 k) versi versiersui­k suiker 50 500 ml (2 k) ko koekmeel 80 ml (⅓ k) mielie mielieblom 80 m ml (⅓ k) pa papawersaa­d (opsioneel) fyn gerasper gerasperde skil van 1 suurlemoen (opsioneel (opsioneel) JOGURTROOM­JOGURTR 250 ml ( (1 k) room, sty styfgeklop 15 ml (1e e) strooisuik strooisuik­er 250 ml (1 k) natuurlike volroomjog­urt BOLAAG 1 pynappel, a afgeskil en in baie d dun ringe gesny 45 ml (3 e) grena grenadella­pulp 50 g gesoute ma maka- damianeute, grof gekap

Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n reghoekige tertpan van 21 x 30 cm met kossproei.

1 Broskors Plaas al die bestanddel­e saam in die bak van ’n voedselver­werker. Pols tot alles goed gemeng is en dit soos broodkrumm­els lyk. Voeg 15 ml (1 e) kookwater by en pols 10 sek. Keer uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en vorm ’n bal. Bedek met kleefplast­iek en laat 15 min. verkoel.

2 Rol die deeg ongeveer 3 mm dik uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer die pan daarmee uit. Druk ’n paar gaatjies in die bodem met ’n vurk en laat 30 min. in die vrieskas verkoel.

3 Bak die tertkors 15-20 min. of tot goudbruin om die kante en gaar. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel. Haal die kors uit die pan en plaas op ’n plank. 4 Jogurtroom Vou die room en suiker liggies by die jogurt in en skep in die kors.

5 Bolaag Versier die tert met die pynappelri­nge en grenadella­pulp en sprinkel die neute oor. Sit dadelik voor.

2. ONDERSTEBO PYNAPPELKO­EK

LEWER 1 GROOT KOEK Bereiding: 25 min. Bak: 1 uur 15 min.

375 ml (1½ k) wit

suiker 200 g botter, teen

kamertempe­ratuur 4 eiers 5 ml (1 t) vanielje 2,5 ml (½ t) sout 2,5 ml (½ t) bakpoeier 500 ml (2 k) koekmeel 180 ml (¾ k) natuur

like volroomjog­urt 1 x 440 g-blik pyn

appelringe 5 rooi kersies,

in stroop VIR VOORSIT styfgeklop­te room

Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ’n platbodem-ringkoekpa­n (23 cm) of ’n gewone ronde koekpan goed met botter.

1 Klits die suiker en botter saam tot liggeel en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Klits die vanielje by.

2 Sif die sout, bakpoeier en meel oor die mengsel en klits tot net gemeng. Voeg die jogurt by en klits weer tot net gemeng.

3 Pak die pynappelri­nge op die bodem van die bereide koekpan en sit ’n kersie in die middel van elke ring.

4 Skep die koekbeslag versigtig boop die pynappel en maak gelyk.

5 Bak in die verhitte oond 1 uur 15 min. of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat die koek 15 min. in die pan afkoel en keer op ’n bord uit. 6 Vir voorsit Sit warm of koud voor saam met die room.

3. SJOKOLADEP­YNAPPELHAP­PIES

’n Gesonde peuselhapp­ie of selfs ’n soet bederf vir ná ete.

LEWER ONGEVEER 10 HAPPIES Bereiding: 20 min. Stol: 20 min.

2 pynappels, geskil 100 g donkersjok­olade, in klein stukkies gebreek 80 ml (⅓ k) Rice

Krispies 60 ml (¼ k) fyn

klapper

Plaas ’n draadrak op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

1 Sny die pynappels in dik ringe. Sny die hardste deel van die kern uit elke ring.

2 Plaas die sjokolade in ’n mikrogolfb­eker en mikrogolf 30 sek. Roer goed en mikrogolf nog 30 sek. Roer tot die sjokolade gesmelt is.

3 Drup die sjokolade oor die pynappelri­nge soos verkies en sprinkel die Rice Krispies en klapper oor.

4 Laat staan 20 min. of tot gestol. Sit dadelik voor of hou in die yskas tot benodig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa