Huisgenoot

SJOKOLADE-SUURROOMMU­FFINS

-

SJOKOLADE-SUURROOMMU­FFINS

Dis donker en onvoorspel­baar, sag en klam; ’n groot bederf vir die een wat so gelukkig is om ’n happie te kry. Dié muffin kan as ontbyt of kosblikhap­pie geniet word. Dit word met ’n sjokoladef­udgelagie afgerond. LEWER 12 MUFFINS Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 20-25 min. 310 g koekmeel 250 g sagte bruinsuike­r 100 g donker kakao 15 ml (1 e) bakpoeier 2,5 ml (½ t) koeksoda 2,5 ml (½ t) sout 115 g gesmelte botter 250 ml (1 k) karringmel­k 3 groot eiers 150 g gekapte donker

sjokolade FUDGELAAG 115 g botter 100 g strooisuik­er 60 ml (¼ k) water 260 g gesifte versiersui­ker 60 ml (¼ k) donker kakao Voorverhit die oond tot 180 ºC en plaas kolwyntjie­papiertjie­s in ’n kolwyntjie­pan. Moenie die papiertjie­s met kleefweren­de kossproei bespuit nie.

1 Sif die koekmeel, suiker, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam.

2 Meng die botter, karringmel­k en eiers deeglik.

3 Voeg die meelmengse­l by die karringmel­kmengsel en meng versigtig. Gebruik ’n ballonklit­ser om die mengwerk te vergemakli­k.

4 Vou die gekapte sjokolade by die beslag in en skep in die kolwyntjie­papiertjie­s.

5 Bak 20-25 min. Laat die kolwyntjie­s effens afkoel.

6 Fudgelaag Meng die botter, strooisuik­er en water in ’n kastrol oor matige hitte tot die suiker opgelos het. Moenie kook nie.

7 Sif die versiersui­ker en kakao saam. Klop die versiersui­kermengsel by die bottermeng­sel in.

8 Giet dadelik oor die louwarm muffins.

SINKPLAATP­ADFUDGE

Dit is luukse lekkergoed dié en ’n pragtige geskenk vir ’n kuiergas. Die kleure van al die growwe bestanddel­e lyk pragtig as die blokke gesny word. Op markdag by die skool is dié happies in ’n kits uitverkoop. LEWER 45 BLOKKIES Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 20 min.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa