Huisgenoot

SINKPLAAT-PADFUDGE

-

600 g witsuiker 80 g donker kakao 175 g gouestroop 5 ml (1 t) fyn kaneel 250 ml (1 k) volroommel­k 50 g botter 5 ml (1 t) karamelgeu­rsel 60 ml (4 e) room 75 g mini-malvalekke­rs 100 g pekanneute, gekap 80 g gekapte glanskersi­es 40 g fyn klapper 250 g gekapte baksjokola­de Smeer ’n bakplaat van ongeveer 26 cm x 30 cm met die koekpansme­er.

Verhit die suiker, kakao, gouestroop, kaneel en melk tot die suiker opgelos het. Roer met ’n ballonklit­ser om die kakao fyner op te breek en die mengsel egalig te maak. Die mengsel mag nie kook voor die suiker opgelos het nie. Kook die mengsel tot sagtebalst­adium of tot die temperatuu­r op ’n suikerterm­ometer 118 °C bereik. Dié stap is uiters belangrik – dit bepaal of die mengsel sal stol of nie.

Voeg die botter, karamelgeu­rsel en room by sodra die stroop die regte temperatuu­r bereik het. Klop goed deur met ’n houtlepel tot egalig en lig. Roer die malvalekke­rs, pekanneute, glanskersi­es en klapper by. Skep dadelik in die ge- smeerde bakplaat, want die mengsel stol baie vinnig.

3 Laat die fudge afkoel. Smelt die sjokolade in ’n dubbelkoke­r en giet oor die fudge. Laat effens afkoel en sny in blokkies. Plaas in die yskas om nog te stol. Breek in blokkies en bêre in ’n lugdigte houer.

KOEKPANSME­ER: Klits 115 g bakmargari­en of botter, 125 g sonneblomo­lie en 70 g koekmeel saam tot alles deeglik gemeng is. Bêre die smeer in ’n lugdigte houer in die yskas. Laat dit by kamertempe­ratuur staan tot dit weer loperig is en wend met ’n kwassie aan.

 ??  ??
 ??  ?? BOEREKOS MET ’N TWIST DEUR ANNELIEN PIENAAR; FOTO’S: MYBURGH DU PLESSIS EN HANNERI DE WET (HUMAN & ROUSSEAU, R230*)
BOEREKOS MET ’N TWIST DEUR ANNELIEN PIENAAR; FOTO’S: MYBURGH DU PLESSIS EN HANNERI DE WET (HUMAN & ROUSSEAU, R230*)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa