Huisgenoot

HOE NOU? !

-

S Nog ’n glanspaar gaan skei: JOSH DUHAMEL (44) en FERGIE (42). Die sangeres en akteur was 13 jaar saam en agt daarvan getroud. Hulle het ’n vierjarige seun, Axl. Fergie en Josh het in ’n gesamentli­ke verklaring gesê hul paadjies het vroeër vanjaar geskei, maar hulle “wou dit privaat hou voor ons dit met die publiek deel. Ons is en sal altyd saamstaan om mekaar en ons gesin te ondersteun.”

Die Hollywood-aksieman Jean-Claude van Damme (56) se jongste seun is onlangs in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy woonstelma­at met ’n mes aangehou het. Volgens hofdokumen­te is die polisie ontbied nadat ’n geskree en harde geluide uit die twee se woonplek in Phoenix aangemeld is. Met hul aankoms het NICHO

LAS VAN VARENBERG (21), wat glo ook dagga by hom gehad het, hom vervies vir sy woonstelma­at, wat die deur vir die polisie oopgemaak het, en hom toe met ’n mes gedreig. Hy moet in die hof verskyn.

S TYRESE GIBSON (38) het in die sosiale media gekap na Dwayne “The Rock” Johnson, sy 45-jarige medester in The Fate of the Furious. In sy inskrywing­s het hy die gewese stoeier gevra om nie voort te gaan met ’n beoogde Fastuitlop­erfliek wat oor sy karakter, Luke Hobbs, sal handel nie. Tyrese het gesê dit kan maak dat Fast & Fu Furious 9 se uitreiking­sdatum m vertraag word. “Ek skryf op jou tydlyn omdat jy nie op my tekseksboo­dskappe reageer nie,” hetet hy laat hoor. “#FastFamily is presies dit – ’n familie. Ons doen nie dinge op ons eie nie.”ie.”

S BEHATI PRINSLOO (28) en Adam Levine (38) se tweede e baba is op pad. Die model hetet die nuus op Instagram gedeeleel met ’n foto van haar swangererm­agie en geskryf: “Tweede ronde.” Sy en die Maroon 5rocker is die ouers van ’n dogtertjie, Dusty Rose (1). BRONNE: GLOBALNEWS.CA, DAILYMAIL. . CO.UK, METRO.CO.UK

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa