Eetgoed wat jy kan inpak
Beplan vooruit, pak jou flessies en jy het eetgoed om na pieknieks of kantoor toe te neem
SPESERYHOENDER EN KEKERERTJIES MET KOMKOMMERJOGURT
PAK iets te ete en ’n soetigheidjie in flesse en gooi dit in jou strandsak wanneer jy water toe verkas. So is dit sommer makliker om die kitskosversoeking te weerstaan.
Met ’n klein bietjie beplanning kan jy vinnig vir jou heerlike etes aanmekaarslaan waaraan jy kan weglê terwyl jy ontspan. Wat nog lekkerder is, is dat jy ’n hele voorraad kan maak en dit dan tot drie dae lank in die yskas kan bêre, elkeen reeds netjies in sy fles verpak. GENOEG VIR 4 MENSE Marineer: 30 min. - 12 uur Bereiding: 45 min. Gaarmaak: 30-40 min. KOMKOMMERJOGURT 250 ml (1 k) gerasperde komkommer 30-45 ml (2-3 e) gekapte ment 2 knoffelhuisies,
fyngedruk sout 375 ml (1½ k) dik
romerige jogurt HOENDER 30 ml (2 e) heuning 20 ml (4 t) paprika 20 ml (4 t) komyn 1 suurlemoen se sap 6 knoffelhuisies,
fyngedruk 4 hoenderborsfilette,
in blokkies gesny sout en peper olyfolie 1 blik (400 g) kekerertjies,
gedreineer
BOTTERSKORSIE 1 groot botterskorsie, gehalveer en ongeskil in dun skywe gesny olyfolie sout, peper en brand
rissievlokkies SAMESTELLING 125 ml (½ k) rosyntjies of
aalbessies (opsioneel) 1 rooi-ui, fyngekap gekapte koljanderblare en
pietersielie 1 wiel fetakaas, in stukke
gebreek
Voorverhit die oond tot 190 °C.
1 Komkommerjogurt Plaas die komkommer, ment en knoffel in ’n vergiettes en besprinkel met die sout. Laat staan minstens 20 min. en spoel af. Druk soveel moontlik water met jou hande uit. Meng met die jogurt en hou eenkant.
2 Hoender Meng die heuning, paprika, komyn, sap en knoffel in ’n glasbak of toeritsplastieksakkie. Geur die hoender met sout en peper, voeg by en meng. Maak toe en marineer van ’n halfuur tot 12 uur.
3 Braai sowat 20 min. in sarsies in ’n bietjie verhitte olie tot sag en gaar. Laat verkoel. Kook die res van die marinade en giet oor die kekerertjies. 4 Botterskorsie Meng die botterskorsie met die olyfolie, geur met die sout, peper en brandrissie en plaas in ’n enkellaag in ’n oondvaste bak. Oondbraai tot gaar en effens bros, sowat 30 min. Laat verkoel.
5 Samestelling Meng die kekerertjies met die rosyntjies, rooi-ui en kruie. Verdeel tussen 4 flesse. Pak ’n laag botterskorsie en hoender op elk. Sprinkel die fetakaas en kruie oor. Skep die komkommerjogurt in ’n aparte fles en maak toe. Hou 3 dae in die yskas.
Vir voorsit: Skep die jogurt op die fleskos en geniet dit.
Jy kan die botterskorsie ook met patat vervang.
Vegetaries en heerlik. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 20 min. SLAAISOUS 80 ml ( k) suurlemoen
of lemmetjiesap 80 ml ( k) olyfolie 20 ml (4 t) bruinsuiker 1,25 ml (¼ t) elk paprika,
komyn en rooipeper sout en peper na smaak SLAAI 250 ml (1 k) rou quinoa,
goed afgespoel 500 ml (2 k) groente
aftreksel 1 blik (400 g) botter- of rooi nierboontjies, gedreineer en afgespoel 200 g pitmielies 1 wortel, geskil en in blokkies
gesny ’n halwe groen soetrissie,
in klein blokkies gesny 1 klein komkommer,
in skyfies gesny ’n paar swart en groen olywe ’n paar kersietamaties,
in stukke gesny ’n groot hand vol pietersielie,
gekap 1 avokado, fyngedruk, met ’n bietjie suurlemoensap besprinkel
1 Slaaisous Meng al die bestanddele.
2 Slaai Maak seker jy spoel die quinoa baie goed af, anders is dit bitter.
3 Giet die groenteaftreksel oor en kook tot sag. Dreineer.
4 Giet die slaaisous oor die quinoa en laat afkoel.
5 Meng die bone, mielies, wortel, soetrissie, komkommer, olywe, tamaties en pietersielie by die quinoa in. Verdeel die quinoa tussen 4 flessies. Skep die avokado bo-op; maak die flessies toe. Bêre in die yskas.
Die quinoa kan met bulgurkoring vervang word.
Ideaal vir wanneer jy al vroegdag op pad uit is, maar dis so lekker, jy kan heeldag daaraan smul. LEWER 1,5 L (6 K) MUESLI Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 30-40 min. MUESLI 4 x 250 ml (4 k) hawermout 200 g gemengde neute,
gekap 250 ml (1 k) pampoen- en
sonneblompitte 60 ml (4 e) olyfolie 250 ml (1 k) heuning 20 ml (4 t) fyn kaneel ’n knippie gemmer ’n knippie sout SAMESTELLING romerige natuurlike jogurt heuning enige vars vrugte wat jy
verkies
Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Muesli Meng al die bestanddele vir die muesli en versprei in ’n dun laag op ’n bakplaat. Bak sowat 30-40 min.; roer elke 15 min. tot die hawermout mooi goudbruin is. Laat afkoel.
2 Samestelling Skep ’n derde van die fles vol jogurt, skep dan ’n bietjie heuning oor, roer liggies deur, skep ’n lagie vrugte op en skep weer ’n bietjie heuning oor. Sprinkel ’n lekker lagie van die muesli oor en maak toe. (Blaai om)