Huisgenoot

WANNEER JOU TWYFEL GEVAARLIK RAAK

Die boodskappe tussen Jason en Susan Rohde en die vrae in die hof oor haar gemoedstoe­stand het die term ‘gasbeligti­ng’, wat soms in verhouding­s voorkom, weer na vore gebring. Maar wat is dit presies, en hoe gemaak as jy dit in ’n verhouding ervaar?

- Deur MARELIZE POTGIETER

JARE lank was hulle die toonbeeld van geluk. Die skatryk sakeman Jason Rohde (48) en sy vrou, Susan (47), was oënskynlik versot op mekaar. Saam met hul drie dogters het hulle in ’n weelderige huis in die Johannesbu­rgse spogbuurt Bryanston gewoon.

Op Susan se Facebook-blad het foto’s gepryk van waar hulle vrolik saam met vriende kuier. Op ’n kiekie waar sy haar kop in die holte van haar man se skouer druk, straal sy van geluk.

Altans, so het dit gelyk. Tot ysingwekke­nde WhatsApp- boodskappe tussen die paartjie in die Kaapse hooggeregs­hof onthul is.

Jason word van die moord op sy vrou aangekla (sien die storie op bl. 6), en in sy verhoor spat die prentjie wat hulle aan die wêreld voorgehou het aan duisende skerwe. “Het jy enige idee hoe onseker jy my die hele tyd laat voel?” lui een van die boodskappe wat Susan in die weke voor haar dood vir Jason gestuur het. “Ek moet jou smeek om saam met jou na plekke te gaan, ek moet jou smeek om by jou te wees.”

Die gevoelens was nie noodwendig ongegrond nie, want volgens Jason het Susan “irrasionee­l, obsessief en kwaad” geword toe sy in 2016 uitvind hy het ’n verhouding met die Kaapse eiendomsag­ent Jolene Alterskye (35).

In nog boodskappe wat in die hof

gelees ge is, klink Susan desperaat. Sy het selfs se vir Jason gesê sy gee nie meer om nie: ni “Jy wil hê ek moet mal raak, en dit is wat w jy gaan kry.”

Jason het hierop gereageer deur Susan da daarvan te beskuldig dat sy die “boelie” is is: “Om iemand 40 keer op ’n dag te bel en om vyfuur die oggend is om te boelie.”

Die oggend voor Susan se dood het Ja Jason in ’n boodskap vir haar gesê sy m maak haar eie afleidings. “Jy hoor en dink ne net wat jy wil,” snou hy haar toe.

Op 24 Julie verlede jaar is Susan se lew welose liggaam in ’n hotelbadka­mer op di die Stellenbos­se wynlandgoe­d Spier aange getref. Jason voer aan sy was depressief en het haar eie lewe geneem, maar die st staat meen sy is dood nadat hy haar in ’n gewelddadi­ge rusie verwurg het. In sy pleitverdu­ideliking sê Jason: “Ek glo, met respek, die spoed waarteen haar emosies gewissel het en haar onvermoë om rede te verstaan of haarself rasioneel te laat geld, het tot haar selfdood gelei.”

Noudat Susan se gemoedstoe­stand in die hof teen die agtergrond van Jason se buite-egtelike verhouding belig word, word opnuut gewonder oor die impak wat ’n affair op ’n verhouding kan hê.

Wanneer hou ’n buite-egtelike verhouding net hartseer gevolge vir die betrokke partye in, en wanneer raak dit ook gevaarlik afwysend of manipulere­nd? As die een party die ander in so ’n situasie op ’n ekstreme manier manipuleer, kan dit neerkom op “gasbeligti­ng”.

Daar kan nie van buite bespiegel word of gasbeligti­ng deel was van Jason en Susan se verhouding nie, maar die gegons oor hul boodskappe en Susan se gemoedstoe­stand het dié term weer in die diskoers oor affairs laat opduik.

Wat is gasbeligti­ng?

Die term kom uit die toneelstuk Gas Light, waarvan in 1944 ’n Oscar-bekroonde riller gemaak is, verduideli­k Susan Eksteen, ’n Imago-verhouding­sterapeut van Krugersdor­p. In die fliek probeer die man sy vrou oortuig sy is kranksinni­g en doen dit deur haar gesonde verstand en werklikhei­dsbesef te bevraagtek­en. Daar is gasligte in hul huis, en wanneer die man die solderlig aanskakel, raak die ligte in die huis dowwer. Sy vrou kom dit agter en noem dit aan hom, maar dan sê hy dis net haar verbeeldin­g.

“Gasbeligti­ng is ’n vorm van manipulasi­e en breinspoel­ing wat die slagoffer laat twyfel in sy of haar persepsie, identiteit en selfwaarde. Stellings en beskul- digings is gewoonlik gegrond op blatante leuens en vergroting­s of verdraaiin­gs van die waarheid,” verduideli­k Susan.

“Baie slagoffers van gasbeligti­ng begin minderwaar­dig voel omdat hulle hul selfvertro­ue verloor en algaande angstiger word,” sê dr. Marelize Swart, ’n sielkundig­e en seksuoloog van Kaapstad.

Prof. Gérard Labuschagn­e, oudhoof van die polisie se sielkunde-ondersoeke­enheid, sê al is gasbeligti­ng nie ’n kliniese term nie, hou dit verband met ’n poging om iemand anders se werklikhei­d te manipuleer. “Klassieke taktiek is om voorwerpe te beweeg of weg te steek of vreemde goed te laat gebeur in ’n poging om iemand of ander mense te laat glo ’n individu is onstabiel of geestelik ongesteld.” Hy sê dit word dikwels met ’n bepaalde doel gedoen, soos om toesig te kry oor kinders of beheer oor finansies.

Susan sê in ligter vorme van gasbeligti­ng is ’n wanvoorste­lling van die magsbasis in die verhouding. “Die ontvanger word onderwerp aan die gasbeligte­r se onredelike pleks van feitelike redenasies en die gasbeligte­r fynkam en veroordeel deur middel van aggressie.”

Volgens Marelize is dit ’n gesofistik­eerde vorm van emosionele afbreking waar slagoffers mettertyd hul instink en gevoelens bevraagtek­en. “Dit kan maande of selfs jare aangaan voor iemand agterkom hulle is in so ’n verhouding.” Sy sê dit kan in enige verhouding voorkom, insluitend persoonlik­e, romantiese en profession­ele verhouding­s.

Hoekom is dit gevaarlik?

Jou selfbeeld ly daaronder en jou emosionele vermoëns word ingeperk, sê dr. Elmari Mulder Craig, ’n seksuoloog en verhouding­sterapeut van Pretoria. “Jy glo later alles is jou skuld, en as jy net nog dit of dat anders doen, sal die verhouding verbeter.” Volgens haar sal mense wat graag in beheer is of wat narsisties­e persoonlik­heidstrekk­e het maklik iemand gasbelig. “Dit kan gevaarlik wees omdat dit dikwels eskaleer na ander vorme van mishandeli­ng en ook daartoe lei dat jy naderhand oor alles aan jouself twyfel.”

Hoe moet ek so ’n verhouding hanteer?

As jy besef jy word gasbelig of dat emosionele mishandeli­ng in jou verhouding bestaan, moet jy profession­ele hulp kry, sê Elmari. “Dit gaan nie vanself beter word nie. Neem ook iemand na aan jou in jou vertroue, soos ’n vriendin of familielid, wat jou kan help sin maak van wat werklikhei­d is en wat aanvaarbaa­r en onaanvaarb­aar is.”

Elmari verduideli­k: “Die mens wat emosioneel manipulere­nde gedrag toon, het dikwels self baie trauma ervaar, en dit kan ’n manier wees om in beheer te voel of die angs van moontlike verwerping te hanteer.

“As iemand in so ’n toksiese verhouding is en albei partye is bereid om vir individuel­e asook verhouding­sterapie te gaan, kan hulle die verhouding weer op ’n gesonde plek kry.”

Susan sê jy moet jou ingesteldh­eid verander om die invloed van die gasbeligte­r se gedrag op jou te verminder. “Skaal jou verwagting­s af en stel grense. Moenie toelaat dat jy uitgebuit word nie. Leer nee sê en moenie ingee wanneer die ander een jou intimideer nie.” EKSTRA BRON: RAPPORT

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Verhouding­s waar ar manipulasi­e betrokke is, eindig dig dikwels hartseer. seer. INLASSE: Susan san (bo) en Jason n Rohde (regs bo) se huwelik was in die maande voor r haar dood onder druk.
HOOFFOTO: Verhouding­s waar ar manipulasi­e betrokke is, eindig dig dikwels hartseer. seer. INLASSE: Susan san (bo) en Jason n Rohde (regs bo) se huwelik was in die maande voor r haar dood onder druk.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa