Huisgenoot

VAN DOODSIEK TOT BEKKIGE WEB-STER

Sedert haar internetvi­deo waarin aarin sy parmantig en met ’n paar kras woorde haar van ’n ‘klag’ verontront­skuldig, laat Logan mense vanan oral kreun van die lag

- Deur COLIN HENDRICKS DRICKS

DAAR loop die meisie van Facebook,” wys die mense van Macassar deesdae wanneer die meisietjie verbystap. Eers het hulle haar “die klein brandstigt­ertjie” genoem, maar noudat sy ’n internetse­nsasie geword het, is sy die grootste ster in dié woonbuurt buite Somerset-Wes.

Klein Logan Hartnick is net 11 jaar oud, maar ’n video van haar het soos ’n veldbrand in die sosiale media versprei nadat . . . wel, sê maar nadat sy haar mond goed uitgespoel het toe iemand dit durf waag om haar van brandstigt­ing te beskuldig.

’n Buurman het eerste die video gedeel waarin die bekkige kleinding met ’n frons en ’n wysvinger wat saampraat heftig ontken sy het iets stouts aangevang.

Daarin vertel Logan hoe ’n buurvrou haar van brandstigt­ing beskuldig het en sy sweer hoog en laag sy is onskuldig.

Die mondjie laat val ’n paar kras woorde, maar haar oulike houding is die ene selfvertro­ue en grootmensm­aniere.

Dié video is al drie maande gelede opgeneem en die eerste keer in die sosiale media gedeel, maar dit maak nou eers opslae. Nog skreeusnaa­kse video’s van Logan duik nou op die internet op, soos een waarin sy danspassie­s uitvoer onder luide aanmoedigi­ng van die omstanders. Internetge­bruikers het van dié video’s al sowat 100 000 keer gekyk.

En nou wil almal weet: Wie is dié “klein ou vroutjie” wat haar sê met soveel oortuiging – en ’n paar knope – sê?

DIE gegons in die sosiale media lei ons na ’n woonstelbl­ok in Macassar, waar Logan en haar gesin woon. Maar die “hoofkarakt­er” in die huis is nog op die skoolbanke in ’n gr. 4-klas van die Primêre Skool Oklahomast­raat toe ons opdaag.

Ma Merna (33) raak al gewoond daaraan dat vreemdelin­ge op hul drumpel opdaag met dié dat haar oudste dogter nou so gewild is. Party vra glad of hulle haar kan aanneem, vertel die werklose enkelma wat met ’n staatstoel­ae vir haar vier kinders sorg.

Maar Logan laat aanneem? Nog nooit gesien nie. Haar poplap wat by die dood omgedraai het nadat sy as driejarige gelyktydig tuberkulos­e en meningitis gekry het, bring dan soveel vreugde in hul huis.

Logan is deesdae Macassar se bekendste inwoner. Tot die polisie ontbied haar na die plaaslike polisiekan­toor om hulle te kom vermaak met haar staaltjies en sêgoed, vertel haar ma.

Staaltjies vertel is nie die komiese tjokkertji­e se enigste talent nie. Sy is ook ’n talentvoll­e danseres en skrywertji­e wat ywerig dagboek hou. En eendag wil sy nes haar gunsteling­karakter op TV, Hillside se Aggie (die aktrise Mimi Mahlasela), in 7de Laan gesig wys.

Maar wat steek nou eintlik agter daardie berugte beskuldigi­ng van brandstigt­ing? Terwyl Logan en haar oumagrootj­ie Charlotte Arendse (76) drie maande gelede alleen by die huis was, het Charlotte iets vreemds geruik. Toe sien sy ’n wolk swart rook uit die toilet opborrel, die einste toilet waarheen Logan kort tevore verdwyn het.

Toe Charlotte vir Logan vra wat sy daar

gedoen gedo het, het die kleinding se antwoord woo dadelik gekom: “Ek het nie met vuurhoutji­es vuur gespeel nie.”

Hier Hi waar haar gesin die dag van die brand bran onthou, bars Charlotte se dogter, Logan Loga se ouma Dina Persent (53), weer uit v van die lag. En daar boots Dina weer die swaaiende s wysvinger na waarmee Logan haar oumagrootj­ie daardie dag op haar plek gesit het.

Mans het uit omringende woonstelle aangehardl­oop gekom en die brand help blus. “Die Here weet, ek het nie die plek aan die brand gesteek nie,” het Logan volgehou toe Dina daar aankom. Dina en haar gesin woon in ’n huis daar naby.

Die brand het die tweeslaapk­amerwoonst­el waar Logan, haar ouer broer, Lance (16), en jonger susters, Deanay (5) en Cassidy (1 maand), by hul ma en oumagrootj­ie woon, darem nie erg beskadig nie. ’n Dun lagie swart roet teen die sitkamer se plafon is die enigste herinnerin­g daaraan.

Toe Logan tuiskom ná haar dag op skool, is sy sommer dadelik weer gereed om ’n paar pittighede te laat val. Waar sy in haar skoolklere op die rusbank sit en luister na die storie wat haar ouma en oumagrootj­ie vertel, skud sy net haar kop. En dan laat sy hoor: “’n Brand is darem ’n vuil ding.”

Wanneer Macassar se mense haar daaroor uitvra, sê Logan heel ernstig die polisie het “die saak uitgegooi”, vertel haar ma terwyl sy skud van die lag. “Maar daar was nooit ’n saak teen haar nie.”

Tussen al die gelag oor haar dogter se dinge deur raak Merna ernstig en tranerig toe sy begin vertel van die spanningsv­olle tyd toe sy Logan destyds byna “aan die dood afgestaan het”.

“Sy was klein toe sy tuberkulos­e en meningitis kry en was langer as ’n halwe jaar in die Tygerberg-hospitaal. Sy was ’n ruk lank blind en kon nie loop nie.”

Maar sy het wonderbaar­lik herstel. Nadat sy ontslaan is, het sy in die klein diva ontluik wat sy nou is.

AL IS sy ’n regte platjie tuis en op die internet, is sy ’n eenkantkin­d op skool. “Maar ek sal ook eendag grootword en dan sal hulle sien,” sê Logan vasbeslote. In die buurt het sy wel haar “aanhangers” wat dikwels vir haar ’n geldjie in die hand stop.

“Sy gaan gereeld smiddae ná skool Shoprite toe, met geld wat sy van haar aanhangers kry, om potlode, ’n boekie en ’n KitKat te koop. Dan kom skryf sy haar ‘gedagtes’ neer, soos sy dit noem,” vertel haar tante Leanel Persent (19).

“En wanneer jy haar kwaad maak of as sy vir jou iets moois wil sê of jou gelukwens, sê sy jy moet net ’n tydjie wag. Dan gaan skryf sy vir jou ’n briefie,” las ouma Dina by. Wanneer die kleinding jou die briefie gee, sê sy ewe ernstig: “Hier is my ‘gedagtes’.”

Sy het onlangs op ’n konsert van hul Metodistek­erk die “hele gemeente se aand gemaak”, vertel Dina.

Kort nadat sy daardie aand in die gehoor haar ouma gevra het of sy gou snoepie toe kan gaan, het die seremoniem­eester aangekondi­g ’n spesiale gas is pas by die lys “kunstenaar­s” gevoeg.

Die volgende oomblik gaan die gordyn op die verhoog oop en daar staan klein Logan. “En sy trek los met ’n dansstuk,” onthou Dina.

“Die mense het hul maag vasgehou van die lag.”

Ma Merna is bly haar dogter laat duisende Suid-Afrikaners met haar snaakse Facebook-video’s weer glimlag. “Soms voel ek sy moet ’n wag voor haar mond plaas. Dit laat haar soms in die moeilikhei­d beland, want sy hou nie haar mond vir enigeen nie.

“Maar wanneer Logan bedags nie by die huis is nie, voel dit leeg. Sy bring baie blydskap in die huis.”

Vra jy wat die klein gladdemond­komediant eendag wil word, kom die antwoord: polisievro­u. “Ek wil al die mense aankeer wat so dwelms in Macassar verkoop,” sê Logan, skielik ernstig.

Dan dwaal haar gedagtes terug na die brand. “Ek sal dit maar op my vat, maar ek het dit nie gedoen nie. As die polisie my kom laai, sal ek maar gaan sit vir my ding,” sê sy onder groot gelag.

Logan erken sy hoor soms die mense in Macassar fluister: “Daar loop die meisie van Facebook.”

En dan wonder sy hardop: “Maar wat is Facebook?”

‘As die polisie my kom laai, sal ek maar gaan sit vir my ding’ ding

 ??  ??
 ??  ?? Voor, van links, is ouma Dina Persent met Jamie-Lee Persent, Logan se niggie, Logan, ma Merna met sus Cassidy en oumagrootj­ie Charlotte Arendse. Agter, van links, is tante Leanel Persent, sus Deanay en broer Lance.
Voor, van links, is ouma Dina Persent met Jamie-Lee Persent, Logan se niggie, Logan, ma Merna met sus Cassidy en oumagrootj­ie Charlotte Arendse. Agter, van links, is tante Leanel Persent, sus Deanay en broer Lance.
 ??  ?? HOOFFOTO: Logan Hartnick van Macassar in die Kaap is Suid-Afrika se jongste kubersensa­sie. LINKS en NAASLINKS: Grepe uit die video wat haar ’n bekende in Suid-Afrika gemaak het. BO: Haar danspassie­s is ewe gewild aanlyn. ONDER: Op skool, anders as...
HOOFFOTO: Logan Hartnick van Macassar in die Kaap is Suid-Afrika se jongste kubersensa­sie. LINKS en NAASLINKS: Grepe uit die video wat haar ’n bekende in Suid-Afrika gemaak het. BO: Haar danspassie­s is ewe gewild aanlyn. ONDER: Op skool, anders as...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa