Huisgenoot

SKOTE NÁ SONDE MET DIE BURE

’n Gemeenskap is in rou gedompel nadat ’n beweerde geskil oor ’n grensdraad twee families vernietig het

- Deur MARLISE SCHEEPERS

DEKADES lank het hul welvarende voorsate langs mekaar geboer sonder enige sonde met die bure.

In die eerste jare dat die twee boere van Mpumalanga sy aan sy geboer het, was daar oënskynlik ook nooit onenigheid nie.

Aan die een kant van die Kaapmuiden­pad in Low’s Creek het die 66-jarige Luke von Johnston op sy plaas, Boondock Farm, met wild geboer; aan die ander kant van die pad het Mark Norris (39) op die plaas Tonetti tamaties gekweek.

In die omgewing is gegis albei het bande met belangrike families – Luke kom glo uit ’n adellike bloedlyn van Duitsland, en van Mark se skoonfamil­ie stam af van Italiaanse oorlogsgev­angenes uit die Tweede Wêreldoorl­og.

Maar toe loop dinge skielik lelik skeef en die vriendskap tussen die mans stort byna oornag in duie.

Die rede vir hierdie onmin – en vir die drama wat daarna ontvou het? Na bewering die grensdraad wat Mark tussen die plase opgerig het.

Dit is reeds ’n paar weke sedert die beweerde konflik oor die heining op 24 Oktober vanjaar op die spits gedryf is.

Op daardie dag is Luke en sy plaasbestu­urder, John Ntimane (72), dood gevind by die ingangshek na Boondock Farm. Albei is doodgeskie­t en in die grondpad op Luke se plaas agtergelaa­t.

Luke het skietwonde aan sy regterslaa­p, bors, skouers en rug gehad en John drie skietwonde in die nek en twee in die rug, het die gemeenskap­skoerant Laevelder berig.

En Mark, wat heelwat jonger is as die ander twee mans, het na bewering van die toneel weggestap en homself aan die polisie gaan oorgee.

OP Barberton, die naaste groot dorp aan Low’s Creek, loop die stories nou dik oor wat presies daardie dag gebeur het.

Die gemeenskap is in rou gedompel oor die raaiselagt­ige skietdood, maar dit gons ook oor of dit die twis oor die grensheini­ng tussen die plase was wat die skote laat klap het.

Of steek daar dalk waarheid in die bewerings dat Luke sonder Mark se medewete sy wild op dié se plaas gaan haal het nadat die diere uitgebreek het?

Kennisse vertel Mark het die laaste paar maande voortduren­d iets gehad om oor te kla.

Hy was na bewering gereeld by Luke met nog ’n probleem.

“Mark sou keer op keer by Luke kom om te praat oor nog iets wat hom pla. Luke het hom nie aan Mark gesteur nie, (Blaai om)

(Van vorige bladsy) want dis nie wie hy was nie,” vertel ’n jare lange vriend van Luke.

Daardie noodlottig­e Dinsdagogg­end enkele weke gelede was dit oënskynlik weer so.

Mark wou na bewering praat oor die grensdraad tussen die plase en wou glo hê Luke moet ’n gedeelte van die oprigkoste betaal.

Net daar, langs Boondock Farm se plaashek, het Luke en John toe vir Mark bygedam en aangerand, beweer ’n boer wat uit vrees vir viktimiser­ing anoniem wil bly.

Hy vertel Mark het in reaksie op die beweerde skermutsel­ing op sy bure losgebrand.

Mark is voorlopig vrygelaat nadat hy na bewering vir die polisie gesê het hy het uit selfverded­iging opgetree.

Sers. Gerald Sedibe, ’n polisiewoo­rdvoerder in Mpumalanga, sê die saak word steeds ondersoek. “Mark het nie in die landdrosho­f op Barberton verskyn nie omdat die polisie se dossier onvolledig was. Ons O wag nog vir die uitslae van ballisties­e toetse. Intussen is enige klagte teen hom voorlopig teruggetre­k,” sê Gerald.

DIE mense van Barberton sukkel egter om die gebeure te verwerk. “Hy was vir my soos ’n pa. Ek het hom Daddyo of Pops genoem,” vertel Chantelle Blignaut (45), die bestuurder van ’n gastehuis, oor Luke. “Ek ken hom al my lewe lank,” sê sy en begin dan huil.

“Ons kom nie hieroor nie. Die hele dorp is in rou,” vertel sy.

“Ek kan dit steeds nie glo nie. Soms wanneer hier ’n bakkie verbyry, dink ek ’n oomblik lank dis dalk hy. Dan bars ek net weer in trane uit.”

Sy vertel: “Luke was ’ n wonderlike mens. ’n Genuine ou. Hy was nie iemand wat ’n geveg sou begin het nie.

“Ek het nooit eens gehoor dat hy sy stem verhef nie. Hy was ’n sagte mens wat lief was vir die natuur en buitelewe.

“Hy was ook ’n avonturier en het twee keer oor die Atlantiese Oseaan geseil. Hy het graag met sy hande gewerk. Hy kon enigiets regmaak. Luke het ou geboue en huise op Barberton gerestoure­er. Hy het dit baie mooi oorgedoen. Hy was ’n kreatiewe mens. Ek wonder wat van die geboue gaan word,” sê Chantelle.

“Daar “D i is so baie b i vrae en so baie stories. Ons wil weet wat gebeur het. Die hele dorp was lief vir hom,” vertel sy en skud haar kop verslae.

Sy sê op Swart Maandag, die dag waarop duisende mense oor die land heen opgeruk het uit protes teen plaasmoord­e, het mense in die omgewing rondgeloop met plakkate waarop staan: “Geregtighe­id vir John en Luke.”

Die Sondag daarna, op 5 November, is by die Laeveld- Nasionale Botaniese Tuin ’n gedenkdien­s vir die twee gehou. “Daar was honderde mense, seker oor die 200,” vertel Chantelle.

’n Week later, op Sondag 11 November, het Luke se jare lange lewensmaat, Brechi Hemphill, ’n privaat gedenkdien­s op die plaas gehou.

“Luke het nooit kinders gehad nie en was nooit getroud nie. Hy het vir die lewe geleef,” vertel Chantelle.

Dorpenaars soos sy herinner ’n mens graag Luke se oupa was na bewering ’n baron in Duitsland en hy was van adellike afkoms.

Tog was Luke “nederig en plat op die aarde”, sê Chantelle.

“Dit is vir my die ergste dat ons hom nooit weer gaan sien nie. Die manier waarop hy dood is, is verskrikli­k. Hy sou nooit iemand anders dreig nie. Hy was baie ouer as die man wat homself gaan oorgee het.”

Nog ’n vriend van Luke is omgekrap omdat die klagte teen Mark voorlopig teruggetre­k is. “Hy het seker kop verloor,” mor die vriend.

En dan voeg hy by: “Hierdie ding het ons almal se lewe beïnvloed.”

NÁ DIE tragedie het dit ook in die sosiale media onder die omgewing se inwoners gegons.

Op die Facebookgr­oep Barberton Bliss & News het Ingi Raikes geskryf Luke se dood het haar geruk. “Van alle mense? ’n Man met integritei­t. ’n Eerlike, regverdige man. Wat kon so erg gewees het dat Luke en John met hul lewe moes boet?”

Ander kennisse het geskryf Luke het hom beywer teen ’n ontwikkeli­ng wat glo ’n erfenister­rein in die omgewing sou ontwrig. “Luke het jare lank op eie koste teen die ontwikkela­ar en munisipali­teit baklei. Ek het die voorreg gehad om Luke vroeër vanjaar te ontmoet. Hy was passievol oor ons nalatenska­p en die natuur. Hy was ’n ware heer,” het Joslyn Greenwood geskryf.

Nou is dit stil by Boondock Farm se ingang. Die hek is met ’n ketting en slot gesluit en anderkant die hek staan ’n veiligheid­swag se huisie leeg.

En Mark? Met Huisgenoot se besoek aan die Tonetti-plaas was niemand tuis nie. Die erf se gras is groen, en die bome en plante om die tweeverdie­pinghuis groei welig. ’n Geëlektrif­iseerde hek hou ongewenste besoekers buite.

Net een van Mark se familieled­e, wat anoniem wil bly, laat blyk daar steek moontlik meer agter die verhaal van sonde met die bure.

Voor hy omdraai en wegstap, laat val hy dramaties: “Daar is ’n hele storie agter die storie . . .”

 ??  ??
 ??  ?? Luke von Johnston (LINKS) en sy plaasbestu­urder is sowat ’n maand gelede by die ingangshek van sy plaas by Low’s Creek doodgeskie­t. Sy buurman Mark Norris (REGS) het homself daardie selfde dag glo aan die polisie oorgegee.
Luke von Johnston (LINKS) en sy plaasbestu­urder is sowat ’n maand gelede by die ingangshek van sy plaas by Low’s Creek doodgeskie­t. Sy buurman Mark Norris (REGS) het homself daardie selfde dag glo aan die polisie oorgegee.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: LI John Ntimane, Nt die plaasbestu­urpl der, de het jare vir Luke Lu gewerk. BO BO: Dis stil by Bo Boondock Farm se ingangshek, wa waar Luke en Jo John doodge geskiet is.
LINKS: LI John Ntimane, Nt die plaasbestu­urpl der, de het jare vir Luke Lu gewerk. BO BO: Dis stil by Bo Boondock Farm se ingangshek, wa waar Luke en Jo John doodge geskiet is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa