Huisgenoot

DEKADENTE AARTAPPELS­LAAI MET TUISGEMAAK­TE MOSTERDMAY­ONNAISE

-

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 30 min. 700 g baba-aartap

pels, gaar gekook 30 ml (2 e) olyfolie sout 6 stingeluie, gekap 200 g spekstukki­es,

bros gebraai MOSTERDMAY­ONNAISE 2 eiergele 5 ml (1 t) Dijon

mosterd 250 ml (1 k) olyf

en-saadolieme­ngsel 1 knoffelhui­sie,

fyngedruk 20 ml (4 t) heelkorrel

mosterd 15 ml (1 e) suur

lemoensap 5 ml (1 t) strooisuik­er sout VIR AFRONDING 60 ml (¼ k) harde Italiaanse kaas, gerasper Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

1 Versprei die aar- tappels op die bakplaat en drup die olie oor. Geur met die sout en rooster 30 min. Skud die bakplaat af en toe sodat die aartappels oraloor bruin braai.

2 Laat effens afkoel en plaas in ’n mengbak saam met die uie en spek. 3 Mosterdmay­onnaise Pols die eiergele en mosterd ’n paar sekondes of tot gemeng in die bak van ’n voedsel- verwerker. Skakel die voedselver­werker aan en giet die olie in ’n dun straaltjie by. Die mayonnaise sal verdik en romerig word.

4 Meng die knoffel, mosterd, sap en suiker in en geur met die sout. 5 Vir afronding Meng soveel mayonnaise soos verkies deur die aartappels­laai, strooi die kaas oor en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa