Huisgenoot

NÁ PLL! DAAR’S L EWE

Little Liars vroeër Al het Pretty seisoene geëindig, vanjaar ná sewe Alison en haar beteken dit nie van die kassie pelle verdwyn nou is hulle besig nie. Kyk waarmee

- LARA ATSON Saamgestel deur

L U CY HALE (28)

Lucy het beslis nie haar toneelspee­lskoene weggepak nadat sy haar PLLkarakte­r, Aria Montgomery, gegroet het nie. Sy is onlangs in Vancouver, Kanada, gekiek op die stel van haar nuwe komediedra­mareeks, Life Sentence. Daarin speel sy die 15-jarige Stella Abbott, wat van terminale kanker genees word. Die reeks word in 2018 uitgereik.

Aan die liefdesfro­nt gaan dit nie so klopdissel­boom nie. Lucy het vroeër vanjaar uitgemaak met haar kêrel van byna twee jaar, die musikant Anthony Kalabretta.

SASHA A SHA PIETERSE (21)

Dié Suid-Afrikaans gebore aktrise kan duidelik ’n geheim hou, nes haar alter ego in PLL, Alison DiLaurenti­s. Sy het dit sowat ’n jaar lank stilgehou dat sy in ’n PLL-uitloperre­eks, The Perfection­ists, gaan gesig wys (sien die kassie regs bo).

Toe die aktrise, wat al aanlyn oor haar gewig geboelie is, onlangs aan Dancing with the Stars deelneem, het sy onthul sy het in twee jaar byna 32 kg aangesit weens ’n hormoontoe­stand genaamd polisistie­se ovariële sindroom. Tydens haar deelname aan die reeks het sy 18 kg afgeskud. Lekker, Sasha!

Tussendeur beplan sy nog haar en haar verloofde van twee jaar, Hudson Sheaffer (28), se troue. Besige by!

TROIAN R O I A BELLISARIO (32)

Teen dié tyd weet jy al die geliefde Spencer Hastings is in die regte lewe getroud met die Suits-ster Patrick J. Adams (36). En sy gaan waarskynli­k ’n uitnodigin­g kry as die Britse prins Harry besluit om af te haak met Patrick se donkerkopm­edester Meghan Markle.

Troian het ’n paar flieks aan die kom, maar die een wat vanjaar die meeste opslae gemaak het, is haar drama Feed, gegrond op haar stryd teen ’n eetsteurin­g. Sy het die draaiboek op 23 begin skryf, sowat vier jaar nadat sy in die hospitaal opgeneem is met anoreksie.

Vir dié fliek en haar steun vir die Amerikaans­e Eetsteurin­gsverenigi­ng is s sy met die Television Industry Advocacyyp­rys bekroon. En raai wie het haar prys oorhandig? Ian Harding, beter bekend as PLL se aantreklik­e onnie, Ezra Fitz!

ASHLEY BENSON (27)

Ashley is betreklik stil sedert PLL tot ’n einde gekom het. Televisie is nie Ashley, wat Hanna Marin gespeel het, se enigste passie nie. Die blondekop wil haar toespits op flieks. Haar eerste rol ná PLL was in die komedie Chronicall­y Metropolit­an, waarin sy teenoor Josh Peck (31) van die sitkom Drake & Josh speel. Dit het nie so goed gevaar by die loket nie, maar ons kan nie wag om te sien wat Ashley nog aanpak nie. En in haar af tyd vaar sy alte lekker die winkels in met haar beroemde pelle soos die Twilightst­er Kristen Stewart (27).

S H AY MITCHELL (30)

Ons kon nie genoeg kry van Shay se PLL-karakter, Emily Fields, nie. En Shay gaan ons nog lank vermaak. Sy gaan met die PLL-skepper, I. Marlene King, en die skrywer van die boekreeks, Sara Shepard, herenig vir ’n nuwe reeks, The Heiresses. Dit is op Sara se gelyknamig­e boek gegrond. Die reeks draai om die skatryk Saybrooks-familie wat hulle midde-in ’n gesinstrag­edie bevind wat dalk meer sinister is was wat hulle dink. Shay gaan die hoofrol vertolk.

Shay deel gereeld kiekies van haar reise met haar 18,1 miljoen aanhangers op Instagram. Die beeldskone ne aktrise het selfs al in die Kaap ’n draai gemaak!

JANEL PA R R I S H (29)

Die aktrise wat Mona Vanderwaal gespeel het, sal saam met Sasha Pieterse in die nuwe PLL-reeks, The Perfection­ists (sien die kassie bo), speel. Janel vertolk tans die ikoniese rol van Sandy in die musiekspel Grease, wat in Toronto, Kanada, op die planke is.

En ’n paar flieks met dié donkerkop in is binnekort te sien, waaronder die drama To All the Boys I’ve Loved Before, wat volgende jaar uitgereik word.

Met haar liefdeslew­e gaan dit ook goed. Sy’t onlangs verloof geraak aan haar kêrel, Chris Long.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa