VAT MY HAND HIER IN DIE BOESMANLAND
TV-boer Jacques soek ’n netjiese vrou met wie hy kan kliek en wat op sy afgeleë plaas sal aard
OP ’N eindelose stofpad in Boesmanland kom ’n reusevragmotor uit Loeriesfontein se rigting aangery. Eers groet die bestuurder deur die ligte te flits; dan kom die voertuig stadig saam met die stof om sy agterwiele tot stilstand. Die deur swaai oop en ’n bruingebrande jong man klim uit.
Dis boer Jacques (27) van kykNET se werklikheid s reeks Boer Soek’ n Vrou, en hy groet ons met ’n breë glimlag en ewe vriendelike oë. Karweiwerk vir sy familie se vervoer onderneming het h ompas vir twee weke van die plaas weggeneem. Maar al is hy haastig om die laaste 30 km huis toe af te lê, bied hy aan om agter ons aan te ry ingeval die stadsmotor ’n pap band op die grondpad kry.
Jacques is een van die topvyfboere wat vanjaar die meeste briewe gekry het van vroue wat hom graag wil ontmoet – by die 50 van hulle. “Ek was verbaas om al daardie briewe te kry,” erken die donkerkopboer skamerig. “Almal hou mos maar van aandag, maar vir my was dit belangrik dat die vroue om die regte redes aan my geskryf het.”
Toe die deelnemers aan vanjaar se seisoen in Mei op kykNET bekendgestel word, het hy oop kaarte gespeel met meisies wat dalk ’n oog op hom het. “Voor jy vir my skryf, stel ek voor jy kyk op die kaart waar Loeriesfontein is. Moenie vir my skryf net om op die TV te wees nie,” het hy hulle gewaarsku.
Dis raad wat enigeen wat die pad vat na sy skaapplaas sowat 60 km noord van Loeriesfontein in die Noord-Kaap voorwaar ter harte kan neem, want al is die ooptes en vlakte van Boesmanland asemrowend mooi, is dit inderdaad in die middel van nêrens.
“Dit help nie jy kies 10 vroue en dan kom van hulle hier en sê nee, hulle sal nie hier kan aard nie,” sê Jacques. “Dan het jy my en iemand anders se tyd gemors.”
HY HET uit dure ondervinding geleer hoe kosbaar tyd en hoe kort die lewe is nadat hy in 2013 ernstig in ’n motor fietsongeluk aan die Weskus beseer is. Oor die besonderhede van die ongeluk en sy beserings wil hy op aanbeveling van sy prokureur nie uitwei nie, want hy stel ’n eis teen die Padongelukkefonds in.
“Dis iets wat ek nie my grootste vyand
toewens nie,” som hy die skrikwekkende ervaring op. “Die pyn . . .” Hy skud sy kop asof hy dit nie kan verwoord nie.
“Almal sê mos altyd die lewe is kort,” het Jacques teenoor die aanbieder, Minki van der Westhuizen, in een van die eerste episodes van die seisoen opgemerk. “Op 23 het ek gesê: ‘Kort? Ek gaan nog 80 word.’ Ek het iets soos ’n 5%-kans gehad om (die ongeluk) te oorleef. Ek sou nie eens geweet het as ek weg was nie.” En dan beklemtoon hy: “Die lewe is kort.”
Dit is tyd om ’n kans op die liefde te waag, het Jacques vroeër vanjaar besluit. “Hier sal niemand net by die deur instap nie,” gesels hy waar hy gemaklik op die rusbank sit nadat hy die langpad se stof afgewas het. “Ek raak nie jonger nie, en die tyd stap aan,” voeg hy met ’n laggie by.
Hy het al by ’n meisie of twee gekuier, maar was nog nie in ’n ernstige verhouding nie. Tog bieg hy ’n goeie vriendin het lank aan hom gekarring voor hy besluit het om aan Boer Soek ’n Vrou deel te neem. “Dit het begin met ’n spottery, maar toe word die saadjie geplant en het ek dit water gegee. Toe groei dit sommer . . .”
Toe hy eindelik inskryf – net enkele ure voor die sluitingstyd – het net die vriendin daarvan geweet. Vir sy pa, Kallie (58), en ma, Alida (50), het hy niks vertel nie. Pa en seun boer saam op die plaas waar Jacques grootgeword het en wat al vier geslagte in die familie is.
Sy ouers het ook ’n dorpshuis waar hulle soms tyd deurbring en ’n winterplaas in die Hantam waarheen hulle met die skape trek ná goeie reën. Jacques het twee susters: Herine van der Merwe (26) en haar man woon op Hartbeespoort; Mathia (20) studeer op Potchefstroom.
Kallie en Alida het eers ’n paar dae voor die vervaardiger en kameraman se eerste besoek aan die plaas gehoor hul seun het vir Boer Soek ’n Vrou ingeskryf.
“Dit was eers ’n groot konsternasie,” lag Jacques. “Ek dink hulle was bang ek stel my bloot aan kritiek, want daar sal mos maar altyd mense wees s wat jou afkraak. fkraak ’n Mens weet ook nie wat om te verwag nie. Eers wanneer jy daardeur is, sien jy dit was nie so erg nie.”
Tog erken hy: “Kyk, dit was nie maklik nie. Die een dag is jy hier in Boesmanland en is daar nie ’n kamera in sig nie; die volgende oomblik is jy 10 uur van die dag voor die kameras. Die eerste dag is dit half snaaks, maar later voel jy: Kan dit nie maar net ophou nie?
“Daai deeltjies wat ’n mens op televisie sien, is ligte musiek. Daar gaan so baie goed agter die skerms aan. Dis ‘sit hier, sit daar, doen ’n onderhoud, dié kant toe, daai kant toe,’ ” beduie hy. “En dan word net ses minute van die dag (se opnames) in die program gebruik. Dit lyk maar net so sprokiesagtig. Dit duur ’n ruk om aan alles gewoond te raak.”
Dit was soms moeilik om sy hart voor die TV-kameras oop te maak, verklap hy, al het hy besef dit is deel van die ervaring. “Daar is die bal nie meer in jou hande nie. Jy moet net saamspeel.”
O K E B A C
F Maar met die vroue wat by b hom op die plaas kom kuier k het se hart wou hy beslis b nie speel nie. Daarom o was dit vir hom bitter moeilik m om elke keer een van va hulle terug huis toe te stuur. st
“Ek het vantevore altyd die di program so gekyk en gedink: ge ‘Hoe moeilik kan dit nou no wees om iemand uit te stem?’ ste Maar toe my beurt kom ko . . . Aitsa!” roep hy uit by die blote gedagte daaraan.
“Ek “was ’n senuweewrak. ’n Mens wil nie n iemand se gevoelens seermaak nie.”
Watter topdrie en vrou hy gekies het, mag hy nie verklap nie. Soos hy vir almal op Loeriesfontein sê wat hom daardie vraag vra: “Ek wil nie die pret uit die program haal nie. Kyk wat gebeur.” Hoe lyk sy droomvrou? Netheid is sy eerste vereiste. “Wanneer jy netjies op jouself is, sal jy ook netjies in jou huis en op die omgewing wees,” verduidelik hy. “’n Mens hoef nie die beste klere te dra nie, maar jy kan netjies en goed versorg wees en jou skoene skoon.”
Dis ook belangrik dat hy en sy moet kliek. “Namate ’n mens ouer word, gaan dit mos maar baie oor die innerlike. Die uiterlike vergaan, maar jou hart en gesindheid bly dieselfde.”
Wyse woorde van ’n jong boer op soek na ’n vrou wat die stilte van Boesmanland se uitgestrekte vlaktes saam met hom sal kan waardeer.
‘Hier sal niemand net by die deur instap nie’