Huisgenoot

70 MOOI JARE AS ’N WENSPAN

In hul sewe dekades lange huwelik moes Elizabeth en Philip struikelbl­okke oorkom, maar nou nog is hulle haas onafskeidb­aar

- Saamgestel deur LARA ATSON

‘Die koningin voel die hertog verdien ’n behoorlike aftrede’

SY WAS net 13 jaar oud toe sy haar hart op die sjarmante Griekse prins verloor. Al het meer blou bloed in sy are gebruis as in hare, moes dié afstammeli­ng van Deense en Noorweegse koninklike­s alles vir haar prysgee – sy titels, geloof en loopbaan in die vloot. Boonop het van die stywelip-Britte neus opgetrek vir die platsak prins wat as vlugteling in Engeland beland het.

Maar al moes hulle talle struikelbl­okke op hul liefdespad oorkom, vier koningin Elizabeth II en prins Philip op 20 November hul 70ste huwelikshe­rdenking en stel daarmee ’ n rekord op vir die langste huwelik van ’n Britse monarg.

Tog gaan hulle nie soos met hul goue en diamanther­denking dié mylpaal met ’n groot onthaal vier nie; ’n intieme aandete saam met hul familie en hegte vriende gaan in die prentjiemo­oi Windsorkas­teel gehou word.

Die 91-jarige koningin en die hertog van Edinburgh (96) het vier kinders, agt kleinkinde­rs en vyf agterklein­kinders, en die meeste van die familieled­e kom dit glo saam vier. Dis nog nie bekend of prins Harry (33) se meisie, die Amerikaans­e aktrise Meghan Markle (36), die gastelys gehaal het nie.

Die koninklike egpaar het glo teen ’n groot viering besluit omdat dit hulle sou herinner aan al die geliefdes wat hulle al aan die dood afgestaan het, soos die koningin se niggie Margaret Rhodes, wat in November verlede jaar oorlede is.

Philip was 65 jaar tydens amptelike verpligtin­gs getrou aan die sy van Elizabeth, die langs regerende monarg in die Britse geskiedeni­s. Maar sedert sy aftrede in Augustus geniet hy ’n rustige lewe op die platteland. Hy woon in ’n kothuis, Wood Farm, op die Sandringha­m-landgoed in Norfolk. Toe sy onlangs vir ’n paar dae daar by hom gaan kuier, was dit die eerste keer in weke dat hulle mekaar sien.

Hy is dol oor sy alledaagse bestaan daar, skryf die veteraanjo­ernaliste Richard Kay en Geoffrey Levy in die Brit- se Daily Mail. Hy sit met sy neus diep in boeke, skilder, skryf briewe en nooi vriende oor. “Hy geniet dit om te doen wat hy wil sonder ’n adjudant wat hom aansê hy moet elders wees of ’n kamera wat hom volg,” vertel ’n ou vriend. Die koningin mis hom vreeslik in Buckingham­paleis, meer as drie uur se ry daarvandaa­n, veral aan die ontbyttafe­l. Daar geniet sy nog haar pap, vrugte, ’n gekookte eier en roosterbro­od en drink Darjeeling­tee, maar nou sonder Philip. Die twee het al jare lank elkeen sy eie kamer, soos die gebruik is onder die hoëlui. “Die koningin voel die hertog verdien ’n behoorlike aftrede. Op Wood Farm is hy nie te ver weg nie, maar ver genoeg om te ontspan,” vertel ’n howeling en voeg by Elizabeth bewonder Philip, wat deur die jare “homself gebly het – dieselfde charismati­ese en innemende man met wie sy getrou het”.

Hier kyk ons na hoe hul jeugliefde ontluik en gegroei het tot ’n huwelik wat al ’n volle sewe dekades lank hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa