Huisgenoot

‘ANNUS HORRIBILIS’

-

1992 was haar “annus horribilis”, Latyn vir verskrikli­ke jaar, het die koningin aan die einde daarvan in ’n toespraak gesê. ’n Brand het ’n groot deel van haar geliefde Windsor-kasteel verwoes, Anne is geskei, en Charles en Andrew het vervreem geraak van hul onderskeie vroue, Diana en Fergie. In dieselfde jaar het Andrew Morton se biografie Diana: Her True Story – In Her Own Words verskyn. Daarin was onthulling­s oor die prinses van Wallis se bulimie, selfdoodpo­gings en Charles se affair met Camilla Parker Bowles. “Egskeiding loop in families; sy en Philip het ’n goeie voorbeeld gestel wat hulle gedink het hul kinders sou volg. Dit was vir hulle ’n groot teleurstel­ling,” sê ’n senior howeling. Philip het in dié tyd in ’n brief aan Diana geskryf: “Ek kan my nie indink enigeen by sy volle positiewe sal jou vir Camilla los nie.” Fergie het ’n n v vuurrooi verleenthe­id vir die koningsge koningsges­in veroorsaak toe sy bostukloos g gekiek is terwyl haar Amerikaans­e kê kêrel, John Bryan, haar tone suig. Philip weier steeds om iets met sy eksskoo eksskoondo­gter te doen te hê. Sy vrou sien Fergie (58) nog gereeld, glo ter wille van ha haar kleindogte­rs prinsesse Beatrice (2 (29) en Eugenie (27). Ná Dia Diana se dood in 1997 in ’n motorb motorbotsi­ng in Parys het die koning koningin se gewildheid tot ’n laagtepun tepunt gedaal. Sy en Philip het skerp onder krit kritiek deurgeloop omdat hulle eer eers dae later uit Balmoral na Lo Londen teruggekee­r het terwy wyl die Britse volk gerou het. “D “Dit was baie pynlik vir hom (P (Philip) en die koningin om te ho hoor hul publiek, vir wie hulle me met al die jare so goed gedien he het, het teen hulle gekant begi gin raak,” sê die oud- koninkli like assistent Anji Hunter. BRONNE: TELEGRAPH.CO.UK, BLOGS.BODLEIAN.OX.AC.UK, VOGUE.COM, EXPRESS.CO.UK, VOGUE.COM.AU, DAILYMAIL.CO.UK, MIRROR.CO.UK, ROYALCENTR­AL. CO.UK, VANITYFAIR.COM, POPSUGAR.COM, TIME.COM, GOOD MORNING BRITAIN, WINDSOR.GOV.UK, THEGUARDIA­N.COM, NETWERK24.COM

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa