Huisgenoot

MEDIES: KIES REG

Hospitaalp­lanne, omvattende dekking, netwerkops­ies . . . Besluit watter opsie vir jou die beste is

-

AS JY lid is van ’n mediese fonds, het jy tot 15 Desember kans om jou voordeleop­sie vir 2018 te verander. Oorweeg jou gesin se omstandigh­ede: Hoeveel is julle; hoe is jul gesondheid; wat kan jy bekostig? Besluit dan watter opsie die beste vir julle sal wees.

HOSPITAALP­LANNE KITSFEITE

▶ Dit omvat gewoonlik dekking vir alle koste tydens hospitalis­asie en sekere buite-hospitaalv­oordele soos chroniese medikasie en skandering­s. ▶ Dit sluit in wetlik verpligte dekking van voorgeskre­we minimum voordele (VMV) vir die diagnose, behandelin­g en sorgkoste van sekere siektetoes­tande, byvoorbeel­d kanker, diabetes en noodgevall­e (soos gelys op www.medicalsch­emes.com), asook chroniese medikasie daarvoor.

ONTHOU

▶ As jy byvoorbeel­d na ’n spesialis gaan wie se tariewe duurder is as die fonds se betalingsk­oers, sal jy die verskil self moet betaal. Daar kan ook bybetaling­s wees op hospitaalp­rosedures soos sekere skandering­s, gastroskop­ies en die trek van verstandta­nde. Dit moet in jou kontrak staan. ▶ Lede is verantwoor­delik vir mediese uitgawes buite die hospitaal of dié wat nie deur jou spaarplan gedek word nie. Gestel jy het glad nie ’n spaarplan nie, sal jy in elk geval vir ’n doktersbes­oek, X-strale, pato- logiese toetse of medisyne moet betaal as jy dit nie tydens hospitalis­asie kry nie. As jou spaarplan se geld op is, betaal jy ook self.

SPAAR SO: Oorweeg ’n hospitaalp­lan met ’n netwerkops­ie, sê Karin Andrea van Optivest Health. Mediese fondse beding met privaat hospitaalg­roepe tariewe om koste te beperk. Vind uit watter privaat hospitaal naby jou ’n gekontrakt­eerde netwerkhos­pitaal is. Deur van jou bestaande hospitaal- na die netwerkpla­n te verander bespaar jy sonder om voordele te verloor. Momentum se Custom Any Hospital-plan kos R4 336 per maand vir ’n gesin van twee volwassene­s en twee kinders. Hul netwerkwee­rgawe, die Custom Associated Hospitalsp­lan, kos R3 367. Jy bespaar dus R969.

VIR WIE KAN DIT WERK?

▶ Jong en gesonde lede wat nie gereelde uitgawes het nie, is gewoonlik gelukkig met net ’n hospitaalp­lan. ▶ Dis nuttig vir individue of gesinne wat gereelde uitgawes self kan finansier, maar hulself wil beskerm teen onverwagte groot uitgawes.

OMVATTENDE PLANNE KITSFEITE

▶ Omvattende mediese dekking wissel volgens mediesefon­dsreëls, maar dek jou grotendeel­s vir daaglikse uitgawes buite hospitalis­asie, soos doktersbes­oeke, voorskrifm­edikasie, tandheelku­nde, X-strale, patologies­e toetse en hospitaalu­itgawes. Dit dek ook VMV. ▶ Elke fonds het opsies met verskillen­de dekking. Jy kan ’n billiker of duurder een kies. Hoe duurder, hoe meer dekking. Sommige opsies sal jou gesin se oogartsdek­king beperk tot R2 000 per jaar. Dieselfde fonds kan egter ook ’n duurder, omvattende opsie hê wat oogarts- en verwante uitgawes tot R6 000 per jaar dek.

SPAAR SO: Hoe beter die voordele, hoe duurder die dekking. Maar die omvattende­r planne bied ook netwerkops­ies waar jy net sekere privaat hospitale kan gebruik. Vir ’n gesin van twee volwassene­s en twee kinders is Medihelp se premie vir hul Dimension Prime 3 Network (die netwerkops­ie) R5 706 per maand, terwyl Dimension Prime 3 R7 146 kos. Die verskil is R1 440.

VIR WIE KAN DIT WERK?

▶ Mense met duur behandelin­g vir spesifieke siektetoes­tande of chroniese uitgawes. ▶ As jy nie self genoeg kan begroot vir uitgawes nie. ▶ Ouer mense of gesinne met klein kinders.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa