Huisgenoot

Professor Marston and the Wonder Women

-

Bioprent. Met Luke Evans, Rebecca Hall en Bella Heathcote. Regisseur: Angela Robinson. 10-12OS. Begin op 17 November.

Waaroor gaan dit?

Die storie oor die man wat Wonder Woman geskep het, een van die jaar se suksesvols­te rolprente, is ’n klinkklare bewys dat die waarheid dikwels vreemder as fiksie is.

Die sielkundig­e en uitvinder dr. William Marston (Evans) vind menslike seksualite­it boeiend en doen navorsing daaroor. Sy vrou, Elizabeth (Hall), deel sy belangstel­ling. Dan sluit ’n navorser, die student Olive Byrne (Heathcote), by hulle aan en sy raak in ’n liefdesver­houding met die doktor én sy vrou betrokke.

Hul onkonvensi­onele verhouding en Marston se begeerte om respek vir die mag van vroue in te boesem, inspireer die Wonder Woman-karakter.

In 1937 het Marston die koms van ’n Amasonehee­rskappy voorspel. “In die volgende 100 jaar sal ons die begin van ’n Amerikaans­e matriargie beleef,” het hy gesê. En “oor 1 000 jaar sal vroue (Amerika) regeer”. Hy het geglo vroue is mans se meerdere, hulle het dubbel “die vermoë om lief te hê” as mans en sal die wêreld verower.

Wat sê die resensente? Die goeie:

“Professor Marston and the Wonder Women staan kop, skouers, stewels, tiara en vangriem bo baie onafhankli­ke rolprente van die oomblik uit. Gaan kyk dit en jy sal met ’n nuwe waardering vir die poliwonder van kreatiwite­it wegstap.” – JOE MORGENSTER­N, THE WALL STREET JOURNAL

Die slegte:

Die minder geslaagde van vanjaar se twee Wonder Woman-rolprente is ’n poging om ’n ingewikkel­de driekantig­e verhouding te verken, maar dit word in die steek gelaat deur die vervelige manier waarop die storie vertel word. – NICK DE SEMLYEN, EMPIRE – DENNIS CAVERNELIS

 ??  ?? Van links is Rebecca Hall, Luke Evans, JJ Feild en Bella Heathcote in Professor Marston and the Wonder Women.
Van links is Rebecca Hall, Luke Evans, JJ Feild en Bella Heathcote in Professor Marston and the Wonder Women.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa