Huisgenoot

Len Muller

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Dié sanger se tweede album, Oog van die Storm, het vanjaar op die rakke verskyn. Hierop beskryf hy die verskillen­de seisoene wat ’n mens beleef

Vertel ons meer van jou album.

Dit het ’n sterk akoestiese klank met instrument­e soos die banjo, tjello, kitaar en mondfluitj­ie. Die instrument­e het ’n eerlike en rou inslag, waarvan ek hou. Die oorkoepele­nde boodskap van die liedjies is dat die vreugde van die lewe daarin lê om nie daarteen te skop nie, maar dit te vier. Wanneer jy in die oog van ’n storm is en alles om jou soos ’n warrelwind voel, moet jy ’n stewige fondament hê in die wete dat jy veilig is in God se hande.

Hoe het jou musiekpad verloop?

Ek was van 2008 af hoofsanger van die rockgroep DieFoute, maar het einde 2011 besluit om ’n sololoopba­an te begin. Daarna het ek drie jaar lank geskryf aan die musiek van my debuutalbu­m, Doodgewone Avontuur, wat in 2015 uitgereik is. Die debuutenke­lsnit van die album, Smag na Jou, is op die klankbaan van die rolprent Strikdas (2014) gebruik.

Hoekom werk jy so lank aan ’n album?

Die inhoud van die liedjies is vir my belangrik. Ek wil graag hê dit moet ’n groter koninkryk as my eie bou en vir mense iets beteken lank nadat ek nie meer hier is nie.

Waar kry jy inspirasie vir jou liedjies?

Byna al my lirieke is gegrond op persoonlik­e ervaring, soos die enkelsnit Vir die Een Wat Geval Het (2016). Ek het sowat drie jaar gelede gedroom ek is op my eie begrafnis. Ek het na myself in die kis gekyk en gewonder wat my lewe en nalatenska­p beteken. Dit het my diep geraak. Die volgende oggend het ek en een van my medeliedji­eskrywers, Jattie de Beer, die liedjie binne twee uur geskryf. Die konsep van die musiekvide­o is weer gegrond op my ervaring wat ek gehad het toe ek 12 jaar gelede in ’n ernstige motorongel­uk naby Empangeni was. Ek het my C3-nekwerwel gekraak en was drie dae lank in ’n koma.

Hoe het jy jou vrou ontmoet?

Chanél (29) het drie jaar gelede ná ’n vertoning in Pretoria ’n CD by my kom koop, en toe kry sy meer as net ’n CD. Ons is in April 2016 getroud, maar kon eers in Junie tyd kry vir ’n wittebrood. Ons was twee weke in Indonesië. Sy werk as ’n vervaardig­er by ’n fliek-en-TV-produksieh­uis. Ons woon in Pretoria.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Len Muller het vanjaar sy tweede album uitgereik. BO: Hy en Chanél vier in April volgende jaar hul tweede huwelikshe­rdenking.
HOOFFOTO: Len Muller het vanjaar sy tweede album uitgereik. BO: Hy en Chanél vier in April volgende jaar hul tweede huwelikshe­rdenking.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa