Huisgenoot

Nuut op die rakke

Een riller en een swaarkryst­orie

- Deur ELNA VAN DER MERWE

KOMS VAN DIE MOTMAN Deur CHRIS KARSTEN (Human & Rousseau, R259*)

Sy staan langs ’n oop graf terwyl die kis onder die laaste treurige gesang in die graf begin afsak. Sy vat ’n hand vol roosblare, laat val dit op die kis en groet haar pa met ’n belofte: “Ek gaan jou mis, Paps, maar ek gaan hom kry, hy sal nie wegkom nie.”

Dis Ella Neser op haar pa se begrafnis. Haar pa wat 11 jaar in ’n koma gelê het nadat Arthur Wilky hom in die kop geskiet het. Wilky word ná 10 jaar op parool vrygelaat. Kort daarna word haar pa in sy bed vermoor.

Nog moorde op mense wat saam met Wilky in die tronk was, asook op die aanklaer in sy saak 10 jaar tevore, vind plaas. Ella is oortuig Wilky sit daaragter, maar sukkel om haar speurhoof, Silas Sauls, te oortuig daar is ’n verband tussen die moorde.

Koms van die Motman is die slotroman in die Ella Neser-trilogie. Die ander twee was Die Verdwyning van Billy Katz en Die Dood van ’n Goeie Vrou. Lesers het Ella vroeër leer ken in die Abel Lotz-trilogie, waar sy jag gemaak het op die versamelaa­r van menslike vel.

Die mooi, fyn Ella wou van kleins af soos haar pa ’n speurder word. Maklik was dit nie; sy moes konstant veg om deur haar manlike kollegas aanvaar te word. Selfs al het sy al groot moordsake opgelos, lyk dit steeds of Silas haar net die afskeep- en sleurwerk gee.

Die liefde het Ella ook stief behandel. Abel het haar rugbygelie­fde, Bam, vermoor. Die aantreklik­e Milo, in wie sy baie sin gekry het, moes sy uit noodweer self doodskiet toe hy met ’ n mes op haar afstorm. Nou het sy oplaas geluk gevind in die sterk arms van die veel ouer Lou Pepler.

Wat wag op Ella? Lees dié speurroman deur ’n meestersto­rievertell­er. – ANDRÉ J. BRINK

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa