Huisgenoot

WIE IS MNANGAGWA?

-

WAAR is die vreugdevur­e en die mense wat in die strate dans? Is gewone Zimbabwiër­s dan nie in ekstase omdat die weermag klaarblykl­ik oplaas ’n einde gemaak het aan pres. Robert Mugabe se ellelange bewind nie? Dit was immers een van geweld, plundery en bekookte verkiesing­s wat ons noordelike buurland in armoede en ellende gedompel het. Jy sou dink die pantservoe­rtuie en soldate sou met blomme bestrooi word . . .

Maar sedert dit bekend geword het dat die generaals beheer van die land oorgeneem het en die 93-jarige Mugabe en sy gehate vrou, Grace (52), in huisarres in Harare is, was verwarring eerder as euforie kort voor ons druktyd nog in die lug. Genadiglik was daar toe nog geen geweld nie – maar ook geen nasionale makietie deur die landsburge­rs nie.

Wat beteken dit alles? Is die wêreld se oudste dienende president werklik uit die kussings gelig?

Teen druktyd was daar min antwoorde. Ná amper vier dekades was die hardkoppig­e ou despoot nie haastig om pad te gee nie. Met weermagten­ks wat die parlement afsper, was daar krisisgesp­rekke tussen Mugabe, militêre leiers en ’n afvaardigi­ng van die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap (SAOG). Die Sy bynaam is Die Krokodil en hy het ’n reputasie as ’n slinkse politikus en een van Mugabe se mees genadelose oudtrawant­e.

Die twee het mekaar ontmoet nadat hulle in die tronk beland het oor hul po-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa