Huisgenoot

GRACE DIE VERSKRIKLI­KE

-

Suid-Afrikaanse minister van verdedigin­g, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die minister van staatsveil­igheid, Bongani Bongo, was ook daar.

Intussen het die gerugte wyd geloop: Mugabe dring aan om die res van sy sewende termyn, wat volgende jaar eindig, uit te dien; hy sal net saamwerk as die weermag terugstaan. Nee, hy koop net tyd om ’n waardige uittrede te onderhande­l. Kenners maan dit kan enigiets van dae tot maande neem voor hy oplaas van die toneel verdwyn.

Een ding is egter duidelik: Ná Mugabe wag daar ’n lang en moeisame pad na herstel op Zimbabwe. En die man wat na verwagting agter die staatsgree­p sit, Emmerson Mnangagwa (75), is net so hardvogtig en omstrede as Mugabe. Hy was immers vier dekades lank Mugabe se regterhand – tot onlangs toe as adjunkpres­ident van die land – voor die ou tiran hom afgedank het. G’n wonder die Zimbabwiër­s sing en dans nog nie.

Mnangagwa maak nou glo geluide oor ’n oorgangsre­gering waarvan opposisiep­artye deel sal wees. Maar is dit werklik ’n nuwe begin – of net nog leë beloftes? litieke verset teen die destydse Rhodesiese regime. Mnangagwa het ’ n trein opgeblaas en die doodsvonni­s vrygesprin­g omdat hy jonger as 21 was. Hy het sy 10 jaar agter tralies gebruik om sy hoërskools­tudie te voltooi voor hy na Zambië gedeportee­r is, waar hy ’n regsgraad verwerf het.

Nadat Zanu-PF aan die bewind gekom het, is Mnangagwa beloon met ’n verskeiden­heid kabinetsro­lle, onder meer justisie, verdedigin­g, behuising en finansies. Hy was minister van nasionale veiligheid in die vroeë 1980’s, toe duisende teenstande­rs van Zanu-PF glo vermoor is.

In Amerikaans­e diplomatie­ke dokumente wat WikiLeaks in 2008 laat uitlek het, word beweer Mnangagwa het “uitsonderl­ike rykdom” vergader tydens Zimbabwe se militêre ingryping in die diamantryk­e Demokratie­se Republiek van die Kongo in 1998.

Reeds in 2007 is sy naam verbind met ’n beplande staatsgree­p teen Mugabe deur hoë weermagoff­isiere. Maar hy het dit ontken. Dis duidelik hy het toe al sy oog op die presidents­kap gehad. In 2014 het Mnangagwa adjunkpres­ident geword en is hy wyd as Mugabe se opvolger beskou – tot Grace Mugabe haar eie presidensi­ële ambisies begin uitstal het.

Die twee se kopstamper­y het diep verdeling in Zanu-PF veroorsaak. Mnangagwa geniet sterk steun van voor-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa