Huisgenoot

SJOKOLADES­TAFIES

- 1 2 3

LEWER 100 KOEKIES Bereiding: 45 min. Bak: 15 min. per plaat 300 g botter 350 g strooisuik­er 160 ml (²⁄₃ k) olie 1 eier 5 ml (1 t) vanielje

geursel 25 ml (5 t) koffiepoei­er gemeng met 30 ml (2 e) kookwater 750 ml (3 k) klapper 125 ml (½ k) kakao 10 ml (2 t) koeksoda sowat 4 x 250 ml (4 k)

koekmeel Voorverhit die oond tot 160 ºC. Smeer ’n paar bakplate.

Klits die botter en strooisuik­er tot sag en romerig. Voeg die olie, eier, vanieljege­ursel en koffie by en klits goed.

Voeg die klapper, kakao, koeksoda en die helfte van die koekmeel by en meng goed. Voeg geleidelik nog meel by soos benodig om ’n sagte deeg te vorm.

Vorm in stafies en bak sowat 15 min. per plaat.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa