Huisgenoot

OUMA VIDA SE ROOMYS

- 2 3 4 5 6

Toe ek ’n kind was, het my ouma ons in die somer pal met hierdie lekkerny bederf. LEWER ONGEVEER 1 L ROOMYS Bereiding: 15 min. Vries: oornag 1 x 380 g-blik ingedampte melk, oornag verkoel 250 ml (1 k) room 10 ml (2 t) vanielje

geursel 1 x 385 g-blik volroom

kondensmel­k VIR AFRONDING eetbare roos- of ander blomblare, van die steeltjies afgetrek

Klits die koue ingedampte melk in ’n groot mengbak tot styf.

Klits die room in ’n ander mengbak tot styf.

Vou die ingedampte melk by die room in. Vou dan die vanieljege­ursel en kondensmel­k in.

Giet die mengsel in ’n plat bak en plaas in die vrieskas. Roer ná 2 uur met ’n groot klitser, maak plat en vries nog ’n uur. Krap die yskristall­e met ’n vurk stukkend. Herhaal ná ’n uur of 2.

Bedek die roomys met kleefplast­iek en vries tot benodig.

Maak balle roomys en strooi van die blare oor. Die roomys is ook heerlik as dit in roomyshori­nkies voorgesit word.

Vir afronding

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa