Huisgenoot

PYNAPPELLO­LLIE-DRANKIES

- 2 3 4 5 6 7 2 3 4 (Blaai om)

Hierdie lollies is eenvoudig en boonop baie gesond. Sit dit voor saam met vonkelwyn of vonkeldrui­we- of -appelsap vir ’n vinnige somermenge­ldrankie. LEWER 8-10 KLEIN LOLLIES Bereiding: 15 min. Vries: oornag LOLLIES 2 groot pynappels,

geskil 15 ml (1 e) suurlemoen

sap VIR VOORSIT 6 vars aarbeie of ander

bessies 4 Israeliese komkommers of 1 klein komkommer 10 g vars basiliebla­re 1 x 750 ml-bottel vonkelwyn, vonkeldrui­weof -appelsap

Lollies

Sny die pynappels stronk en al in stukke.

Pols die pynappelst­ukke en suurlemoen­sap in ’n voedsel- verwerker tot verpulp.

Verdeel die pulp tussen 8-10 klein yslollievo­rmpies en vries 2-3 uur.

Druk ’n roomysstok­kie in elke lollie en laat stol oornag in die vrieskas.

Sny die bessies in stukke en pak onderin ’n paar glase. Sny die komkommers in die lengte in repe, of sny die klein komkommer in linte met ’n groenteski­ller. Pak hiervan in elke glas. Sit ’n basiliebla­ar in elke glas.

Ontvorm die lollies en sit een in elke glas.

Vul die glas met die wyn of sap. Die yslollie sal stadig in die glas begin smelt en die drankie ’n verfrissen­de geur gee.

Vir voorsit SJOKOLADE-EN-MENTLOLLIE­S

LEWER 6-8 LOLLIES Bereiding: 15 min. Vries: oornag 160 ml (²⁄₃ k) kitswarmsj­okoladepoe­ier 60 ml (¼ k) kakao 125 ml (½ k) water 250 ml (1 k) melk 250 ml (1 k) room 15 ml (1 e) gekapte

vars ment Maak ’n pasta met die sjokoladep­oeier, kakao en water.

Pols dit saam met die melk en room in die bak van ’n voedselver­werker tot goed gemeng. Voeg die ment by en pols weer tot gemeng.

Giet die mengsel in 6-8 yslollievo­rmpies, bedek en sit vir 2-3 uur in die vrieskas. Druk ’n roomysstok­kie in elke lollie en los oornag in die vrieskas om te stol.

Sit voor saam met nog vars ment en kakao, indien verkies.

Vir roomys

Giet die mengsel in ’n groot, plat bak en plaas in die vrieskas. Roer elke 2-3 uur met ’n vurk om die yskristall­e op te breek. Maak glad bo-op en laat verder vries. Sit net so voor saam met poedings of in roomyshori­nkies.

VARIASIE

Vervang die mentblare met

5 ml (1 t) pepermento­f vanieljege­ursel.

Vir ’n heel ander geur, voeg

30 ml (2 e) grondboont­jiebotter

by die sjokoladem­engsel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa